Landbouweekblad

Plaasverko­pe

- — JOHANN BORNMAN

Die volgende ontleding van grondverko­pe in Suid-Afrika is van transaksie­s in die OosKaap vanaf September verlede jaar tot Augustus vanjaar vir grond wat groter is as 10 ha. In dié tyd is 331 ooreenkoms­te in 35 distrikte gesluit, wat 184 548 ha teen R1,761 miljard behels het. By 26,5% van die distrikte is dalende prysneigin­gs waargeneem – ’n duidelike weerspieel­ing van die invloed van die moeilike landboutoe­stande in dié provinsie.

Uit die totale ooreenkoms­te was 49 transaksie­s van kleur, 15% van die totaal. Dié soort transaksie­s sluit in verhandeli­ngs tussen individue (42), regeringsa­ankope van landbougro­nd (2) en grond verkry vir munisipale gebiede (5). In dié transaksie­s is 19 113 ha, oftewel 10,4%, ter sprake teen R174 miljoen.

Uit die totaal was 89 (27%) transaksie­s vir grond kleiner as 50 ha, met die meeste (46%) vir grond groter as 300 ha. Statistiek­e vir ál die provinsies is op Landbou.

com beskikbaar, asook meer besonderhe­de, soos wie die transaksie­s aangegaan het. Klik op plaasverko­pe. Dit behels: Statistiek­e. Besonderhe­de oor alle plaasverko­pe binne ’n distrik. Ontleding van die randwaarde per hektaar van transaksie­s in elke distrik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa