Crook­es wil nóg be­mag­tig

Landbouweekblad - - Lbw | Nuus - — JE­AN­NE VAN DER MER­WE

Die ge­no­teer­de boer­de­ry­maat­skap­py Crook­es Brot­hers gaan bin­ne­kort ’n “sterk be­mag­ti­gings­aan­deel­hou­er” aan­stel om hom te help om nog kom­mer­si­ë­le be­mag­ti­gings­tran­sak­sies aan te gaan.

Crook­es Brot­hers be­dryf reeds drie sul­ke pro­jek­te saam met ge­meen­skap­pe wat be­guns­tig­des in res­ti­tu­sie-ei­se was.

Mnr. Guy Clar­ke, die maat­skap­py se be­stu­ren­de di­rek­teur, sê in ’n vi­de­o­ver­kla­ring op die maat­skap­py se web­werf die sui­ker­be­dryf be­leef tans “on­ge­ken­de on­sta­bi­li­teit en on­se­ker­heid”. Die Re­ge­ring se be­sluit om die ont­ei­e­ning van grond son­der ver­goe­ding te on­der­soek speel ’n be­dui­den­de rol daar­in. Hy sê eg­ter in die lig van pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa se stel­lings na­dat die re­so­lu­sie in­ge­stem is, is die maat­skap­py “vol ver­troue dat re­de­lik­heid sal se­ë­vier”.

Hy sê die her­win­ba­re waar-

de ( re­co­ver­a­ble va­lue) van sui­ker­riet was in die 2017-’18-boek­jaar 14% la­er as in die oor­een­stem­men­de tyd die vo­ri­ge jaar. Die o­pe­nings­prys vir die nu­we jaar sal na ver­wag­ting ’n ver­de­re 7% la­er wees, wat die re­ë­le prys­ver­la­ging op meer as 30% te staan bring.

Die maat­skap­py se sag­te­vrug­te-af­de­ling het ook ge­suk­kel weens lae pry­se ver­le­de jaar, maar die ver­wag­ting is dat pry­se sal styg weens die er­ge koue in Eu­ro­pa en die droogte in die Wes-Kaap. Crook­es Brot­hers se pla­se in die Wes-Kaap het vol­gens hom vol­doen­de wa­ter­voor­raad vir die hui­di­ge so­wel as die ko­men­de sei­soen, mits die ge­bied dié win­ter ge­noeg re­ën kry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.