IN ’N BLIK

Landbouweekblad - - Lbw | Nuus - FOTO: ALANI JANEKE

OESDIEF. Pla­te pienk en wit kos­mos­bloei­sels — soos dié veld tus­sen Beth­le­hem en Cla­rens in die Oos-Vry­staat — is by­na si­no­niem met herfs in groot de­le van Suid-A­fri­ka se so­mer­re­ën­ge­bied. “So mooi soos wat dit kan wees, het kos­mos nie eint­lik ’n plek in ’n kon­tant­ge­was­lan­de­ry nie,” sê mnr. Gys O­li­vier, ’n boer van Hert­zog­vil­le in die Vry­staat. “Die prak­tie­se re­ël is dat ’n onkruid, soos kos­mos, jou tot ’n der­de van jou oes kan kos.” Hy waar­sku in­dien die kos­mos nie dood­ryp nie, kan dit tot groot ver­lie­se vir boe­re lei. Dié onkruid word, soos o­lie­boom, ge­reeld dood­ge­spuit. Daar is wel ge­val­le waar weers­toe­stan­de ’n boer daar­van kan weer­hou om be­tyds onkruid te be­spuit, wat dan tot ’n mas­sa­op­koms kan lei. Ons be­rig op bl. 16 en 17 oor ’n paar erns­ti­ge nu­we plae waar­voor ge­was­boe­re op hul hoe­de moet wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.