WEERLIG SLAAN MEER AS 60 MELKKOEIE DOOD

Landbouweekblad - - Lbw | Briewe -

Mnr. Ru­fus D­rey­er van die plaas Grass Rid­ge by Oe­ster­baai in die Oos-Kaap het on­langs reuses­ka­de ge­lei toe meer as 60 van sy melkkoeie deur weerlig dood­ge­slaan is. Die ver­lies aan mel­k­in­kom­ste al­leen kan tot R800 000 be­loop. Dit was die der­de keer in twee jaar dat hy ’n klomp melkkoeie ver­loor het. JO­HAN SCRIBANTE skryf: Dis nie ’n lek­ker ge­voel nie. Dit voel soos dood in die fa­mi­lie met groot fi­nan­si­ë­le ver­lies.

JAPIE NEL skryf: Baie sleg. Ek het self in 2017 130 melkkoeie en 120 -ver­se weens knop­vel­siek­te ver­loor. Dit vat aan jou siel.

NIKKY S­MITH skryf: S­joe, vrees­lik jam­mer vir daar­die boe­re. Dit het al ’n paar keer met ons ge­beur. Baie erg. HILDA OOSTHUIZEN skryf: Jam­mer om te hoor, Ru­fus. Dis nooit lek­ker om jou die­re só te ver­loor nie. S­TA­CEY POT­GIE­TER skryf: Ai tog. Dis ’n groot ver­lies vir ’n boer, maak nie saak hoe­veel ver­loor is nie.

JACQUES BLA­KE skryf: Ek ken die ge­voel — 24 van my teel­koeie is in 2015 dood­ge­slaan.

CHRISTIE MEY­ER skryf: Dit is de­fi­ni­tief soos dood in die fa­mi­lie. Baie s­terk­te.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.