Dis die wag werd: Su­per­koe­does ná 31 jaar!

Ná 31 jaar se se­lek­tie­we be­stuur het die Weg­draai-boer­de­ry ’n plaas vol koe­does waar bul­le met 56 duim die norm is – en selfs lan­ger as 60 duim aan­ge­te­ken word.

Landbouweekblad - - Lbw | Inhoud - NA­VRAE: Mnr. Pie­ter van der Walt, sel 083 258 3577; mnr. T­jaart van der Walt, e-pos: t­jaart@ weg­draai.co.za; sel 083 410 5781.

Daar is min men­se in Suid-A­fri­ka, selfs on­der die pi­o­niers van die wild­be­dryf, wat kan spog met ’n koe­doe­boer­de­ry wat al 31 jaar lank eks­ten­sief be­stuur word om kon­stant bul­le met re­kord­boek-ho­ring­ma­tes voort te bring. Dit is eg­ter pre­sies wat mnr. Pie­ter van der Walt en sy seun, T­jaart, al die af­ge­lo­pe drie de­ka­des doen.

Pie­ter se lief­de vir wild het reeds as kind in die jag­veld be­gin. Hy ont­hou nog hoe hy met sy Her­cu­les-dikwiel­fiets die stof­paaie van Sen­trum, na­by T­ha­ba­zim­bi, plat­ge­ry en in sy ag­ter­kop aan­te­ke­nin­ge ge­maak het van plek­ke waar hy groot koe­doe­s­po­re ge­sien het.

Sy eer­ste bok (’n koe­doe) het hy in 1949 met ’n .22-Re­ming­ton ge­skiet. Hy het steeds die sak­boe­kie waar­in hy el­ke lie­we bok en dié se be­son­der­he­de se­dert­dien aan­ge­te­ken het. “As ek koe­does jag, het ek al­tyd die een met die groot­ste ho­rings ge­soek.”

Uit die meer as 500 koe­doe­bul­le wat Pie­ter oor die ja­re op ver­skil­len­de plek­ke in Suid-A­fri­ka ge­jag het, het net 15 ho­rings van lan­ger as 56 duim ge­had en net vier keer kon hy ’n koe­doe kry met ho­rings van lan­ger as 60 duim.

Aan die be­gin­ja­re was die Bos­veld nog leeu­wê­reld en koe­does met uit­son­der­li­ke groot ho­rings het moei­li­ker ge­vlug wan­neer roof­die­re op hul spoor was. Daar­om sê Pie­ter men­se wat dink daar was ’n tyd toe bul­le met ho­rings van 60 duim en lan­ger die norm was, het die kat aan die stert beet.

Om in die Ro­land Ward-re­gis­ter op­ge­neem te word, moet ’n jag­ter ’n koe­doe­bul skiet met ho­rings van lan­ger as 537/8 duim. “As 60 duim-ho­rings op ’n tyd die norm was, sou die Ro­w­land Ward-ver­eis­tes mos ho­ër wees,” meen Pie­ter.

T­jaart sê die op­le­wing in die ver­ko­pe van le­wen­de wild en die goeie pry­se wat uit­son­der­li­ke bok­ke drie, vier jaar ge­le­de op vei­lings ver­dien het, het so­ge­naam­de te­lers aan­ge­spoor om groot bul­le met he­li­kop­ters te soek en op vei­lings te koop aan te bied. “Dit het die in­druk ge­wek dat sul­ke groot bul­le met ho­rings van 60 duim en meer vol­op was. Daar was dan et­li­kes in die han­del be­skik­baar.”

Pie­ter en T­jaart het eg­ter be­sluit om nie munt te slaan uit hier­die prys­bor­rel nie en dood­rus­tig met hul be­stuurs­pro­gram vir groot ho­rings aan­ge­hou.

As ’n mens van be­stuur praat, klink dit of die koe­does in kam­pies aan­ge­hou is,

maar Pie­ter se be­leid is om saam met die na­tuur te boer. Hoe­wel hy en T­jaart in­ten­sief met an­der skaars wild, soos Wes-Zam­bie­se swart­wit­pen­se, boer, het hul­le hul koe­does, buf­fels en selfs die A­fri­ka­ner­bees­te nog al­tyd eks­ten­sief be­stuur.

Die koe­does is saam met an­der wild toe­ge­span in ’n ge­bied van 2 353 ha.

JA­RE SE SELEKSIE

“As ’n mens vir ’n spe­si­fie­ke ei­en­skap se­lek­teer, duur dit lank voor­dat die geen wat jy soek, in ’n kud­de vas­ge­lê is,” sê Pie­ter. Hy sal weet. Hy het al A­fri­ka­ner­bees­te ge­teel om die A­me­ri­kaan­se Long­horn van sy ti­tel as bees met die lang­ste ho­rings te ont­troon.

Ná 31 jaar sê hy hul­le kan nou eers spog met heel­wat koe­doe­bul­le wat al­mal ho­rings van lan­ger as 60 duim het, maar die mees­te in die kamp is nog nie daar nie.

Uit die daag­lik­se foto’s wat stel­ka­me­ras by sui­pings neem, kon Pie­ter en T­jaart sien dat daar na­ge­noeg 50 bul­le in die kamp loop met ho­rings van lan­ger as 56 duim. “Dit het am­per ’n leef­tyd ge­kos om by hier­die punt te kom,” en Pie­ter sê hul­le is steeds nie gre­tig om hul groot bul­le te ver­koop nie.

“As bul­le eers so groot is, skuif ’n mens hul­le nie mak­lik nie. Hul­le vrek.”

Pie­ter sal eer­der van die koeie in hier­die kamp ver­koop en meen dit is ’n gro­ter aan­wins as ’n en­ke­le bul. “Ná 30 jaar is die ge­ne­tie­se ei­en­skap­pe van ons groot bul­le be­hoor­lik in hier­die koeie vas­ge­lê.”

Hier­die groot koe­doe­bul­le was nie al­tyd die norm op die plaas nie. Soos o­ral in die Bos­veld het ’n mens maar van tyd tot tyd ’n be­son­der­se bul ge­sien en as jy kon, het jy hom ge­jag. “Só het ons oor die ja­re ons bes­te teel­ma­te­ri­aal uit­ge­skiet en net die swak bul­le ge­los om te teel. Dis hoe­kom ek sê jy kan nie oor­nag weer groot ho­rings teel nie. Daar­die swak ge­ne teel mens nie met een ge­ne­ra­sie weg nie.”

Pleks daar­van om die koe­does te pro­beer be­stuur, het Pie­ter en T­jaart die jag in dié kamp nou­keu­rig be­gin be­stuur. “Ons het nooit ie­mand daar laat jag son­der dat ek of T­jaart by was nie. Jag­ters kon net die bok­ke skiet wat ons aan hul­le uit­wys.”

Só het pa en seun oor die ja­re bil­tong­jag­ters ge­bruik om hul swak­ker die­re uit te skiet. Hul­le het e­lan­de op die­self­de ma­nier in dié kamp be­stuur. Daar­om kon hul­le laas jaar reeds vier bul­le met ho­rings van lan­ger as 40 duim deur tro­fee­jag­ters laat jag.

JAG­TERS SE DROOMBOKKE

Pie­ter sê hy het die pro­jek van die be­gin af met die tro­fee­jag­ter in ge­dag­te be­stuur. “Koe­doe­jag is die room van jag in A­fri­ka. Ek meen koe­does lok el­ke jaar meer jag­ters na A­fri­ka as e­ni­ge an­der bok­soort.”

Daar­om is sy koe­doe­trop­pe met hul groot bul­le vir hom van on­skat­ba­re waar­de, maar dit is die koeie wat hy soos goud op­pas. In al die ja­re van be­stuur het hy nooit ’n koei in hier­die teel­pro­gram ge­skiet nie. “Sê nou net ons skiet ’n koei wat daar­die mooi ge­ne dra?”

Om ge­tal­le te be­heer, vang Pie­ter en T­jaart eer­der vol­was­se koeie uit en los die ver­se om deur die oor­bly­wen­de groot bul­le ge­dek te word. Daar moet van­jaar min­stens 120 koeie uit­ge­vang word. Die koeie het reeds ge­wys hul­le kan groot bul­le teel. Op die ma­nier kan hul­le nou al kon­stant re­ken dat min­stens 75% van die bul­le uit hier­die pro­gram die 56”-merk gaan oor­steek en ál meer van hul­le be­reik uit­ein­de­lik 60 duim en meer.

In die win­ter word voer vir die koe­does uit­ge­sit. Bui­ten die jag van bul­le vir bil­tong en die vang van koeie is dit die e­nig­ste be­stuur wat hul­le toe­pas. Dit was ve­ral die laas­te vier jaar nood­saak­lik om die koe­does deur die moei­lik­ste droogte in Pie­ter se leef­tyd te kry.

“Ons hou daar­van om na­tuur­lik en van die veld af te boer,” sê hy, maar voeg by dat hul­le baie van wat hul­le uit hul ge­lief­de A­fri­ka­ner­bees­te ge­leer het, op die wild toe­pas.

“As jy kyk na ’n goeie bees­kud­de wat oor ’n lang tyd op­ge­teel is, sal jy sien dat jou koeie een­vor­mig lyk. Jy sal die­self­de sien as jy na ons wild kyk, of dit nou die koe­does, buf­fels, e­lan­de of gems­bok­ke is. Ons haal net die swak die­re met jag uit, soos wat die na­tuur met roof­die­re sou doen en soos wat ’n bees­boer in sy keu­rings­pro­ses doen.

“Om koe­doe­bul­le vir ho­ring­leng­te te se­lek­teer, kyk mens na die groei­pun­te. Ons soek bul­le met lang pun­te,” sê T­jaart. Ná ja­re van koe­doe­bul­le mo­ni­tor, kan Pie­ter en T­jaart al som­mer in die eer­ste paar maan­de van ’n bul­kalf se le­we sien of hy aan hul ver­eis­tes gaan vol­doen. “As ’n jong bul­le­tjie se ho­rings lang pun­te het, kan jy maar weet hy gaan diep draaie maak en dit is die bul­le met diep draaie in hul ho­rings wat na die 60 duim-kerf toe neig.”

Ná 31 jaar kan die Van der Walts nou eers spog met heel­wat koe­doe­bul­le wat al­mal ho­rings van meer as 60 duim het.

Uit die daag­lik­se foto’s wat stel­ka­me­ras neem, kon Pie­ter en T­jaart sien dat daar na­ge­noeg 50 bul­le in die kamp loop met ho­rings lan­ger as 56 duim. Bui­ten die jag van bul­le vir bil­tong en die vang van koeie is die e­nig­ste be­stuur wat hul­le toe­pas, om win­ter­voer vir die koe­does uit te sit.

BO: Mnr. Pie­ter van der Walt (links) en sy seun, T­jaart.

LINKS: “As ’n jong bul­le­tjie se ho­rings lang pun­te het, kan jy maar weet hy gaan diep draaie maak . . . en dit is die bul­le met diep draaie in hul ho­rings wat na die 60 duim-kerf toe neig,” sê T­jaart.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.