Goeie SEB-nuus: Werk vir jong men­se tel pun­te

Landbouweekblad - - Lbw | Inhoud - — ADÉLE EN­GEL­BRECHT

“LEWENSGEVAARLIK” is hoe boe­re de­le van een van die be­lang­rik­ste roe­tes tus­sen Gau­teng en Nam­po­park bui­te Bot­ha­vil­le be­skryf.

Die slag­ga­te op die R59 word net die­per en op som­mi­ge plek­ke is die teer­op­per­vlak te nou vir twee voer­tuie om ge­lyk by me­kaar ver­by te ry. Op 3 A­pril is ie­mand so­wat 20 km van Vil­joens­kroon op pad na Bot­ha­vil­le in ’n trom­pop­bot­sing dood.

Boe­re sien swa­rig­heid vir die jaar­lik­se toe­loop na Bot­ha­vil­le vir die Nampo-Oes­fees, wat oor min­der as ’n maand plaas­vind.

Dan gaan be­soe­kers van oor die wê­reld heen – re­ge­rings­lui, uit­voe­ren­de hoof­de en se­ni­or per­so­neel van mul­ti­na­si­o­na­le maat­skap­pye, po­li­ti­ci (soos mnr. Sen­ze­ni Zokwa­na, die Mi­nis­ter van Land­bou, Bos­bou en Vis­se­rye) en le­de van die me­dia – na Nam­po­park stroom. Al die men­se wat via V­re­de­fort en Pa­rys gaan ry, sal die R59 ge­bruik.

BE­KOM­MERD

Boe­re van die om­ge­wing is glo daag­liks in ge­sprek met die o­wer­he­de oor die swak paaie. Hul­le is be­kom­merd oor hul wer­kers en hul wer­kers se kin­ders wat daag­liks op sul­ke paaie werk toe en skool toe gaan.

Boe­re van oor die he­le pro­vin­sie is glo ge­wil­lig om te help en stel ge­reeld van hul werk­tuie en huur­ar­bei­ders be­skik­baar om van die kon­trak­teurs te help wat op­daag om aan die pad te werk.

“Maar die werk­span­ne daag om­trent eers teen on­ge­veer 11:00 op, met on­vol­doen­de toe­rus­ting en hulp­mid­de­le.

“Hul­le neem lang e­tens­tye en ver­trek dan voor 15:00 voor e­ni­ge werk be­hoor­lik ge­doen is,” het een van die boe­re, wat ge­vra het om a­no­niem te bly, aan Land­bou­week­blad ge­sê.

“Af­ge­sien daar­van dat die mees­te boe­re én die pu­bliek ver om­paaie ry om sleg­te paaie te ver­my, word ons voer­tuie erg

be­ska­dig as ons ge­nood­saak is om die pad te ge­bruik. Ons is al raad­op.”

25 JAAR

Die R59 is glo in die 1970’s ge­bou met die doel om 25 jaar te hou. Daar­na moes dit her­bou word – iets wat nou (40 tot 45 jaar la­ter) nog nie ge­beur het nie.

Aan­vank­lik het boe­re self die mees­te ga­te met ’n meng­sel van se­ment en gruis ge­vul, maar dit word bin­ne we­ke ver­rin­ne­weer en uit­ge­ry om­dat die kon­trak­teurs dit nie oor­ge­teer het nie.

Boe­re is selfs in be­sit van ’n ver­kla­ring van ’n nood­diens dat hul­le nie kan re­a­geer op nood­ge­val­le op die R59 nie, aan­ge­sien die pad te sleg is.

In­tus­sen ly on­der­ne­mings van die om­ge­wing groot ver­lie­se om­dat men­se nie meer die pad wil ry nie.

As ge­volg daar­van ver­skuif ’n ver­voer­on­der­ne­ming sy sa­ke­be­dry­wig­he­de na Pot­chef­stroom en ’n on­der­ne­ming wat ge­sel­lig­he­de aan­bied, oor­weeg dit om sy deu­re te sluit.

Boe­re meen op kort ter­myn is die op­los­sing nou om die sleg­ste 15 km tus­sen Vil­joens­kroon en Bot­ha­vil­le in ’n grond­pad te ver­an­der.

BO: Die om­kring­de deel van die pad is die sleg­ste.

FOTO: VER­SKAF

LINKS en INLAS: ’n Deel van die R59 tus­sen Vil­joens­kroon en Bot­ha­vil­le.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.