Boe­re red bloukraanvoël stil-stil

Landbouweekblad - - Lbw | Inhoud -

Bloukraanvoëls (Anthro­poi­des pa­ra­di­seus) is en­de­mies aan Sui­der-A­fri­ka en so­wat 99% van die to­ta­le be­vol­king kom in Suid-A­fri­ka voor.

His­to­ries was daar hon­derd­dui­sen­de vo­ëls in die land. Van­af 1978 tot 1998 het die be­vol­king oor Sui­der-A­fri­ka heen met 80% ge­krimp. In 1993 is so­wat 20 800 vry­le­wen­de bloukraanvoëls ge­tel, en teen 1998 was daar net so­wat 16 000 — die be­vol­king was selfs klei­ner as dié van Suid-A­fri­ka se re­nos­ters.

Ha­bi­tat­trans­for­ma­sie was ve­ral vir dié af­na­me ver­ant­woor­de­lik. Nog ’n oor­saak was op­set­li­ke of on­be­doel­de, groot­skaal­se ver­gif­ti­ging na­dat die vo­ëls uit hul na­tuur­li­ke ha­bi­tat ge­dryf is en reg­streeks met die land­bou mee­ge­ding het.

Dié af­waart­se nei­ging is in 2003 omgekeer. Van­dag is daar so­wat 25 500 vry­le­wen­de vo­ëls oor, ve­ral in die WesKaap, waar ’n guns­ti­ge be­wa­rings­ge­sind­heid teen­oor die vo­ëls ge­kweek word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.