Ma­nie

Landbouweekblad - - Lbw | Inhoud -

SUID-A­FRI­KA sien tans uit na ’n re­kord­so­ja­boon­oes van 1,39 mil­joen ton en die in­voer van bo­ne, o­lie­koek en so­ja-o­lie het dras­ties af­ge­neem. Tog lyk al­les nie pluis in die be­dryf nie.

Suid-A­fri­ka het die be­mar­kings­jaar met die groot­ste oor­drag­voor­raad in die ge­skie­de­nis (310 000 ton) be­gin. On­danks dié sur­plus en pers­ver­moë wat nie be­nut is nie, is 600 000 ton se o­lie­koek die vo­ri­ge sei­soen in­ge­voer. Vol­gens Ab­sa se kwar­taal­voor­uit­skou­ing ge­lyk­staan­de aan 770 000 ton so­ja­bo­ne, maar Ma­nie moet da­rem by­voeg: Ons staan van­jaar op ’n ver­wag­te 459 000 ton in­ge­voer­de o­lie­koek teen­oor so­wat ’n mil­joen ton se in­voer agt jaar ge­le­de.

Nog­tans was die land se hoof­doel­wit met die ver­ho­ging van pers­ver­moë ge­mik daar­op om in­ge­voer­de o­lie­koek en o­lie met plaas­li­ke pro­duk­te te ver­vang. Vol­gens Wan­di­le Sihlo­bo, e­ko­noom by Ag­biz, het die sek­tor oor die af­ge­lo­pe twee jaar ge­mid­deld net so­wat 40% van sy maan­de­lik­se pers­ver­moë be­nut.

Waar die pro­bleem lê, is nie vir Ma­nie dui­de­lik nie. Klag­tes uit die vee­voer­be­dryf oor wis­sel­val­lig­heid in die ge­hal­te van plaas­lik o­lie­koek word deur die O­lie­sa­de-ad­vies­ko­mi­tee ont­ken. Dr. Er­hard B­rie­den­hann, on­der­voor­sit­ter van die ko­mi­tee, sê die groot­ste deel van die plaas­li­ke pro­duk is ge­hal­te­ge­wys op ge­ly­ke voet met die in­ge­voer­de pro­duk dank­sy die mo­der­ne pers­aan­leg­te tans in Suid-A­fri­ka – en boon­op is dit ge­woon­lik goed­ko­per.

Hoe dit ook al sy – ’n gro­ter ba­lans is no­dig. Ma­nie stem saam met Cor­né Louw, se­ni­or e­ko­noom by Graan SA, dat boe­re nie hul hek­ta­re ver­der kan uit­brei as dit wat hul­le reeds le­wer, nie deur die plaas­li­ke mark op­ge­neem word nie.

Daar­by won­der Ma­nie wat die rim­pel­ef­fek van A­me­ri­ka en C­hi­na se han­dels­oor­log op klei­ner spe­lers, soos Suid-A­fri­ka, gaan wees. C­hi­na, wat van­jaar rond­om 97 mil­joen ton so­ja­bo­ne moet in­voer, dreig met ’n ta­rief van 25% op in­ge­voer­de A­me­ri­kaan­se so­ja­bo­ne. Dit kan se­ker­lik die wê­reld­mark woes skom­mel en al­ler­lei on­guns­ti­ge ge­vol­ge in­hou.

S­KOT­TE SE GROND­HER­VOR­MING

In die mid­del van die 18de eeu is S­kot­land se lan­de­li­ke boe­re­ge­sin­ne ge­weld­da­dig en stel­sel­ma­tig van hul pla­se ver­wy­der. Hul hui­se is af­ge­brand en die men­se is op klein stuk­kies grond langs die kus­ge­bied her­ves­tig. Hier­die ont­rui­ming van die Hoog­lan­de het in fa­ses oor by­na 100 jaar ge­skied.

JP Land­man, po­li­tie­ke ont­le­der, het on­langs in ’n be­leg­gingsnuus­brief vir Ned­bank Pri­va­te We­alth daar­na ver­wys om te wys an­der lan­de wor­stel ook met grond­her­vor­ming. In S­kot­land was die ge­volg dat dit van­dag een van die mees on­ge­ly­ke lan­de ten op­sig­te van grond­be­sit is. ’n Ge­raam­de 432 ge­sin­ne be­sit van­dag die helf­te van pri­va­te grond (so­wat 1 200 ge­sin­ne be­sit meer as twee­der­de).

In 1999, 200 jaar ná die af­set­tings, het die nu­we S­kot­se par­le­ment daar­aan be­gin werk om die grond­kwes­sie op te los. Die na­ge­slag­te van dié wat hul grond ver­loor het, het hul nu­we po­li­tie­ke mag ge­bruik om ver­goe­ding te eis vir die pyn en ver­lie­se van hul voor­va­ders.

Se­dert 2000 is ver­skeie stuk­ke grond­wet­ge­wing in­ge­stel en daar is ’n mik­punt om 405 000 ha teen 2020 vir ge­meen­skap­li­ke ei­e­naar­skap be­skik­baar te stel. Soos in Suid-A­fri­ka is dit ’n om­stre­de pro­ses met

hof­sa­ke en sterk teen­kan­ting van grond­ei­e­naars. Die les vir Suid A­fri­ka, vol­gens Land­man, is dat die ge­skie­de­nis nie on­der die mat in­ge­vee kan word nie.

Op ’n on­lang­se by­een­koms in Jo­han­nes­burg was daar vol­gens Land­man tal­le jong, mo­der­ne swart men­se in die ge­hoor wat van me­ning was dat die on­ge­reg­tig­he­de van Suid-A­fri­ka se eie ver­le­de – soos dié van S­kot­land – reg­ge­stel moet word (al is dit te be­twy­fel of e­ni­ge van hul­le een­dag op ’n plaas wil bly).

Land­man gaan voort om Suid-A­fri­ka se ei­e­soor­ti­ge pro­ble­me en die ver­skil­len­de sce­na­rio’s vir grond­her­vor­ming te skets. Dit is ’n in­ge­wik­kel­de on­der­werp, maar dit help da­rem om te weet ons is nie die e­nig­ste land met só ’n pro­bleem nie.

’N GE­SEL­SIE OOR BOER­DE­RY

Ma­nie lees hier­die vol­gen­de ope brief raak van Fran­cis Ha­ne­kom op die Fa­ce­book-groep Boe­re Ge­sels. Hier is ’n aan­ge­pas­te, ver­kor­te weer­ga­we: Mô­re Ju­li­us,

Jy wil my grond vat, net so ’n vrien­de­li­ke waar­sku­wing. Nee, ek wil jou nie dreig of skiet nie, ek wil som­mer net oor boe­re en boer­de­ry ge­sels.

Eer­stens, ont­hou jy gaan nie rê­rig die baas wees nie. Jou oes is nie jou­ne nie. As jy die kuns­mis en die­sel en saad gaan koop maak die ko-op die prys, en as jy jou oes gaan le­wer is dit ook hul­le wat die prys maak, nie jy nie. Jy kan nie soos in be­sig­heid ’n bil­li­ke “mark-up” by­sit nie. As jy nie wak­ker is nie gaan jy moet in­be­taal om ge­lyk te breek.

T­wee­dens, jy kan wak­ker wees soos jy wil, die na­tuur is bui­te jou be­heer. Die 12 ha lu­sern wat ek twee we­ke te­rug ge­sny het, en waar­na jy met gul­si­ge oë ge­kyk het, re­ën nou vir die hoe­veel­ste keer nat. Ek oor­weeg nou om dit te brand en die R45 000 af te skryf, want dit is nie meer die R12 000 werd wat die baal­werk gaan kos nie. Ter­loops, ek kla nie oor die re­ën nie, ek is dank­baar. Ek het al skaap- en bees­kar­kas­se in die droogte op die veld sien lê wan­neer die e­nig­ste re­ën in drie jaar die boer se tra­ne was.

Dan, as die wind kom, en jou neut­bo­me wat jy vir 10 jaar moes ver­sorg voor hul­le be­gin dan­kie sê het, om­waai, dan kan jy maar vir Jan en sy drie ske­pies die skuld gee, dit gaan jou niks help nie, jy sal maar nu­we bo­me moet plant en weer 10 jaar wag. A­fri­ka is mos nie haas­tig nie?

Der­dens. Te­rug na jou oes, as die lu­sern nie vrot re­ën nie en jou die­re vrek nie van droogte nie, as jy eer­ste­graad­se lu­sern en vet vee ver­koop – kyk tog oor jou skou­er na die ry wat EER­STE hul deel van jou oes wil hê.

Daar is die wer­kers, elk met ’n mi­ni­mum loon, on­ge­ag die oes. Ter­loops, vir jou as boer is daar geen mi­ni­mum loon nie. Dan kom die mu­ni­si­pa­le be­las­ting, on­der meer vir die skraap van jou toe­gangs­pad, al staan die mu­ni­si­pa­li­teit se skra­per al twee jaar son­der bat­te­ry (na­dat dit die der­de keer in so­veel maan­de ge­steel is)

Vol­gen­de in die ry is E­s­kom vir die krag wat die spil­punt ge­bruik, Wa­ter­we­se vir die be­ta­ling van die wa­ter, en só gaan dit aan. Wan­neer jy een­dag die he­le ry te­vre­de het en jy het dalk nog iets oor in jou beur­sie – dan vra die ou van die SAID vir jou hoe­kom en hou sy hand uit, al het jy reeds op al­les be­las­ting be­taal.

Jy sien, Ju­li­us, met boer­de­ry kan jy nie vra of “de­mand” nie, jy is die een wat moet gee. Jy het mos grond!

PLAAS-BNB

Boer vra die gas op sy plaas: “Het jy da­rem lek­ker ge­slaap laas­nag?”

“Die bed was sag, die plaas­lug was vars, maar daar was een pro­bleem. ’n Ou vark­sog het die he­le tyd die deur pro­beer oop­stoot,” ant­woord die gas.

“Ag moe­nie jou daar­oor kwel nie,” sê die boer.

“Sy maak maar só as ons haar ka­mer uit­ver­huur.”

‘Met boer­de­ry kan jy nie vra of ‘de­mand’ nie, jy is die een wat moet gee.’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.