HARD­NEK­KI­GE PROBLEEMPLANTE

Landbouweekblad - - Lbw | Boereplan -

In­drin­ger­plan­te, soos lan­ta­na (Lan­ta­na ca­ma­ra), Aus­tra­lie­se swart­wat­tel (A­ca­cia me­arn­sii) en selfs die Suid­A­fri­kaan­se soet­do­ring (Va­chel­lia kar­roo), ver­sprei soos onkruid langs die kus en bin­ne­land van die Oos­Kaap.

Po­gings om die in­drin­gers me­ga­nies en bi­o­lo­gies te be­kamp, is in die mees­te ge­val­le on­suk­ses­vol. Che­mie­se be­stry­ding is baie duur.

“Ek het ’n heng­se pro­bleem met hier­die bo­me en sit let­ter­lik ure lank en plan­ne be­raam om dit uit te roei,” sê mnr. Jo­hann Els.

“As jy ’n bos­sie­kap­per ge­bruik, ver­er­ger jy die pro­bleem. Dit lyk aan­vank­lik goed, maar vol­gen­de jaar lyk dit net so erg.”

Boon­op is lan­ta­na gif­tig. As die­re die plant vreet, vrek hul­le. “In ’n kwaai droogte is die lan­ta­na groen en dan wil die bees­te die groe­nig­heid eet. Daar is niks wat jy kan doen as ’n bees dit reeds ge­vreet het nie,” sê hy. “Die balk­spuit is die eer­ste plan wat ons doel­tref­fend kon aan­wend.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.