DEXTER

Landbouweekblad - - Lbw - NA­VRAE: E-pos: a­ma­deus­dex­ters@mtn­lo­a­ded.co.za ;se l 073 289 5111.

SZJ150037. Ei­e­naar: Hen­drik S­try­dom en Seuns. A­ma­de­us Dex­ters word in Fau­re­smith be­stuur en die stoe­te­ry be­hoort aan Hen­drik S­try­dom en Seuns van Pe­trus­burg. Hier boer hul­le eks­ten­sief met die bees­te wat s­legs op die veld, be­staan­de uit ge­meng­de bos­sie­veld, oor­leef. Die kud­de be­staan uit rooie n swart Dex­ters. S­legs pres­ta­sie ge­toets­te bul­le word in die stoe­te­ry so­wel as die kom­mer­si­ë­le kud­de ge­bruik. “Ons hand­haaf in ons kud­de ’n be­leid van geen ver­draag­saam­heid teen­oor nie-drag­ti­ge koeie, pro­ble­me met kalf­tyd en swak tem­pe­ra­ment,” sê Hen­drik (foto op inlas). SZJ150037 is ’n goeie voor­beeld van die mo­der­ne Dexter wat sy plek met reg in die Suid-A­fri­kaan­se bees­be­vol­king kan vol­staan. Hy is ge­teel uit van die bes­te teel­ma­te­ri­aal wat in Suid-A­fri­ka be­skik­baar is. Sy pa is die wel­be­ken­de A­ma­de­us F­red. Die E­li­te­bul loop baie goed en is be­son­der lank, met goeie diep­te en be­spie­ring. Vol­gens SABeef­bulls.com is hy die bul wat die vier­de plek vir melk in die ras be­klee.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.