SOUTH DEVON

Landbouweekblad - - Lbw - NA­VRAE: E-pos: johnm@bree­de.co.za; sel 083 659 8269.

BL150081. Ei­e­naar: Mnr. John Mil­ler. Op Win­ston Farm in die dis­trik Cat­h­cart teel mnr. John Mil­ler, die ei­e­naar van die South De­von­stoe­te­ry Win­ston, aan­ge­pas­te die­re wat in uit­een­lo­pen­de toe­stan­de sal aan­pas. Die klip­har­de toe­stan­de sluit suur­veld en y­si­ge win­ters in. Die bees­te kry in die so­mer ’n fos­faat­lek en reg­deur die win­ter ’n on­der­houds­lek.

BL150081 is deur mnr. Dan K­riek van die Bel­la­ry­s­toe­te­ry ge­teel en John het die bul ver­le­de jaar ge­koop. Hy sê dit is die ti­pe bul waar­na hy al lank soek. Die bul het ’n sterk top­lyn, uit­son­der­li­ke, lang be­spie­ring, ’n glad­de haar­kleed en ’n trot­se hou­ding. Sy ma en ou­ma se tus­sen­kalf­pe­ri­o­des is 356-380 dae. Die E­li­te­bul het puik ge­vaar in die fa­se D-toets en sy groei­sy­fers staaf dit. Hy het die ei­en­skap­pe wat John wil hê, naam­lik vrug­baar­heid, swaar speen­kal­wers, aan­pas­baar­heid en ’n goeie tem­pe­ra­ment.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.