DIÉ WET­TE STAAN VOORLOPIG STIL

Landbouweekblad - - Lbw | Nuus -

■ Die wets­ont­werp op die be­sit van land­bou­grond (die so­ge­noem­de grond­pla­fon­wet) was in die fi­na­le on­der­han­de­ling­sta­di­um by Ned­lac, maar dié pro­ses is op­ge­skort han­gen­de die uit­koms van die her­sie­ning van die Grond­wet.

■ Die ont­ei­e­nings­wets­ont­werp was op die ver­ant­woor­de­li­ke par­le­men­tê­re por­te­feul­je­ko­mi­tee (O­pen­ba­re Wer­ke) se pro­gram vir vroeg van­jaar, maar is toe uit­ge­stel tot ná die be­sluit oor die Grond­wet.

■ Af­han­de­ling van die re­gu­la­sies oor ei­en­dom­swaar­da­sies is ook op­ge­skort tot ná die her­sie­ning van die Grond­wet.

■ Die wets­ont­werp op kom­mu­na­le grond is ook op­ge­skort.

Vol­gens mnr. T­heo Bos­hoff, regs­hoof by Ag­biz, staan die pri­va­te le­de­voor­stel vir die her­o­pe­ning van res­ti­tu­sie-ei­se, wy­si­gings aan Es­ta en wy­si­gings aan die Wet op Ge­meen­skap­li­ke Eien­doms­ver­e­ni­gings (CPA’s) ook stil. “Ek meen eg­ter nie e­ni­ge van dié wets­ont­wer­pe word te­rug­ge­hou weens die ont­ei­e­nings­kwes­sie nie; ek dink hul­le haak een­vou­dig vas in die par­le­men­tê­re pro­ses­se.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.