Landbouweekblad

MYN SPAAR WATER SOVER HY KAN

- MICHELLE LAWRENCE Hoof bedryfsbea­mpte, Kropz

Die artikel “Nou speel myne baas oor water” (LBW, 11 Mei 2018) deur Johan van der Merwe het betrekking. Ek opper graag die onderstaan­de punte ter verduideli­king.

Ons beskou die opskrif van die artikel as misleidend en dat dit Kropz se waterbestu­ursmetodes as eiesinnig en moedswilli­g laat lyk. Om “baas te speel oor water” is nie op ons agenda nie.

Kropz Elandsfont­ein het, in ooreenstem­ming met bestaande wetgewing, aansoek gedoen om al die nodige lisensies met betrekking tot watergebru­ik. ’n Waterlisen­sie is op 7 April 2017 met ’n omvattende stel voorwaarde­s aan die maatskappy toegeken. Tot op hede die maatskappy R25 miljoen bestee om hierdie voorwaarde­s na te kom.

Om al ons wetlike verpligtin­ge na te kom, doen ons gereeld aan die Departemen­t van Water en Sanitasie verslag. Ons is aan die departemen­t se ouditprogr­am onderhewig om te verseker dat alle waterverwa­nte aangeleent­hede wat tans deur Kropz Elandsfont­ein onderneem word, behoorlik bestuur en gemonitor word.

Kropz Elandsfont­ein het ’n watertoeke­nning van 2,4 miljoen liter per dag vanaf die Withoogte-waterskema, maar gebruik tans net water vir menslike gebruik by die mynaanleg op Hopefield. Met die aanhoudend­e optimalise­ring van ons prosesse en stelsels verwag ons dat die myn se waterverbr­uik tot 1 miljoen liter per dag sal daal wanneer die mynbedrywi­ghede in 2019 hervat word.

Kropz Elandsfont­ein werk tans saam met die Saldanhaba­ai-munisipali­teit om die impak van die myn op drinkwater sover moontlik uit te skakel. Goeie vordering is gemaak om die nywerheids­aanvraag van 2,5 miljoen liter water per dag uit die Withoogte-waterskema te vervang met water vanaf die

Vredenburg-rioolsuiwe­ringswerke. Hierdie projek word tans afgehandel en sal hopelik in bedryf gestel word voor ons bedrywighe­de by Elandsfont­ein hervat.

Die Weskus-omgewingsb­ewaringsve­reniging (WOBA) se stellings is foutief: Kropz Elandsfont­ein is nie in ’n buffersone van die WeskusNasi­onale Park geleë nie. Die myn is nie in ’n “sone 1 omgewingsb­estuursgeb­ied” geleë nie. Kropz Elandsfont­ein het korrespond­ensie van Sanparke en die Wes-Kaapse departemen­t van omgewingsa­ke en ontwikkeli­ngsbeplann­ing ter stawing hiervan. Kropz Elandandsf­ontein het sy omgewingsi­mpak-aansoek teruggetre­k op aanbevelin­g van die departemen­t van omgewingsa­ke met die verstandho­uding dat dit nie nodig was ingevolge die One Environmen­tal-stelsel nie. Een van die voorwaarde­s vir Kropz Elandsfont­ein se watergebru­ikslisensi­e was die daarstelli­ng van ’n watermonit­eringskomi­tee wat bestaan uit lede van die Hopefield-boereveren­iging, die WOBA en verskeie streeks-, provinsial­e en nasionale regeringsi­nstellings, waaronder die Departemen­t van Water en Sanitasie en die Departemen­t van Landbou. Al Kropz Elandsfont­ein se watermonit­eringsresu­ltate word by hierdie vergaderin­gs voorgelê en bespreek. Die vergaderin­gs word ook dikwels deur verskeie onafhankli­ke grondwater­kenners bygewoon.

Laastens, African Rainbow Capital besit 25% van die aandele in Kropz Elandsfont­ein (nie 30%, soos in die artikel aange- dui word nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa