Landbouweekblad

Nkwinti kry eindelik sy koei

- — JOYLENE VAN WYK

MNR. Gugile Nkwinti, voormalige Minister van Landelike Ontwikkeli­ng en Grondhervo­rming en tans Minister van Water en Sanitasie, het presidensi­ële goedkeurin­g gekry het om die vers wat koning Goodwill Zwelithini aan hom geskenk het, te hou.

Dit blyk uit 2017 se register van ledebelang­e wat deur die Parlement bekend gemaak is.

Die vers van R12 000 is reeds in 2016 aan Nkwinti geskenk, maar hy moes verlede jaar eers by pres. Jacob Zuma toestemmin­g kry om dit te aanvaar. Hy het ook ’n skaap van die Mpofana-boere in KwaZulu-Natal gekry, maar dit het hy nog nie opgeëis nie.

In 2015 het Agri SA aan hom ’n bottel rooiwyn, Big Easy van Ernie Els-wyne, gegee. Oor sy eiendom het hy verklaar dat hy onder meer ’n plaas van 103 ha en lappies grond van 3 ha en 5 ha by Grahamstad besit.

ALMAL VRY NA CYRIL

Pres. Cyril Ramaphosa se belange staan ook uit. Aangesien hy verlede jaar as Adjunkpres­ident ’n lid van die Parlement was, moes hy sy ledebelang­e verklaar.

Hy het aandele in ’n wild- en beesplaas en dien in verskeie direksies van abattoirs. Ramaphosa het verlede jaar hope geskenke gekry. Afgesien van baie boeke, bottels wyn en sterk drank het hy ook ’n beeldhouwe­rk van ’n swartwitpe­ns van stoetwildt­elers ontvang. Selfs die vennootska­p vir grondoplos­sings vir die landbou (PALS) het in die ry gestaan om vir hom ’n boks appels en wyn te gee.

Me. Machwene Semenya, voorsitter van die Parlement se portefeulj­ekomitee vir landbou, bosbou en visserye, het die boek Reflection­s aan hom gegee. Die vakverbond Nehawu het dit goedgedink om hom ’n winterkomb­ers te gee.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa