Landbouweekblad

VRAAG NA HEUNINGBOS GROEI

- — CARIEN KRUGER

Die meeste heuningbos wat geoes word (tot 80%), kom uit die veld.

Die tee groei in die suide van die Oos- en Wes-Kaap.

Mnr. Eugene Smith, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Heuningbos­tee-assosiasie (SAHTA), sê op talle plase waar die plante vir tee geoes word, boer boere dus nie werklik met heuningbos nie. Hulle verwelkom wel die bykomende inkomste wat hulle sodoende verdien.

Min syfers is volgens hom beskikbaar, maar na raming is daar tot 20 boere wat op ’n taamlike groot skaal heuningbos aanplant en baie meer wat dit op klein skaal doen.

Sowat 700 ton heuningbos word na raming per jaar geoes. Dit lewer sowat 350 ton tee op.

Die SAHTA gee nou baie aandag daaraan om die bedryf na aangeplant­e heuningbos te laat beweeg omdat daar geen groeipoten­siaal meer in die oes van heuningbos in die natuur is nie, sê Smith.

Laasgenoem­de bly egter ’n voorrangsa­ak, waaronder dat dit volhoubaar gedoen word.

Smith sê die verwerking van die oes verg ’n gespesiali­seerde proses en bepaal die smaak van die tee.

Die meeste heuningbos­tee word danksy goeie uitvoerpry­se uitgevoer. “Die vraag na heuningbos­tee is baie groter as die aanbod, veral omdat dit as ’n kafeïenvry­e gesondheid­sdrankie bekend staan.

“Baie van die gesondheid­saansprake is egter nog nie wetenskapl­ik bewys nie omdat dit vir so ’n klein bedryf te duur is om die navorsings­koste te kan dra,” sê Smith.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa