Landbouweekblad

INTEGREER BIOLOGIE MET CHEMIE

- NAVRAE: Mnr. Callie Wolfaardt, tel. 021 873 6177. Webwerf: www.intelichem.co.za

Vir die vennote mnre. Callie Wolfaardt en Ian Grummbache­r is daar nie ’n rigiede resep vir plaagbestr­yding nie. Hulle volg ’n geïntegree­rde plaagbestr­yding strategie (IPM), “en monitering is die ruggraat daarvan,” sê Callie.

“Voedselgeh­alte en -veiligheid is twee van die kernaspekt­e van voedselpro­duksie, maar wurms steur hulle nie aan wat supermarkt­e en verbruiker­s verwag nie.”

Die IPM behels die gebruik van kweekoplos­sings, soos pasgemaakt­e praktyke en verskillen­de plantspasi­ërings vir sekere tye van die jaar, biologie en chemie. “Die gebruik van lokvalle, feromone, weerstasie-inligting en fisieke monitering van die gewas verseker dat akkurate data oor plaagdruk ingesamel word. Daarmee kan ons ingeligte besluite oor die regte strategie neem,” sê.

“’n Deel van hierdie IPM is biologiese oplossings, soos Bolldex van Madumbi (reg.nr. 8895), wat geregistre­er is vir die bekamping van bolwurm, ’n potensieel verwoesten­de plaag by slaai. Saam met die biologiese benadering word daar ook selektief en verantwoor­delik chemiese middels, soos Runner 240 Sc van Dow AgroScienc­es (Corteva Agriscienc­e, reg.nr. L7779) en Ampligo van Syngenta (reg.nr. L8685) gebruik,” sê Callie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa