IN­DIË | Nu­we gif­wet ‘be­voor­deel bui­te­lan­ders’

Landbouweekblad - - Lbw Nuus -

Ver­vaar­di­gers van plaag­do­ders in In­dië meen ’n re­ë­ling in­ge­vol­ge waar­van maat­skap­pye wat klaar­ge­maak­te plaag­do­ders in­voer, nie die ak­tie­we be­stand­de­le van hul pro­duk­te by die fe­de­ra­le re­ge­ring hoef te re­gis­treer nie, dis­kri­mi­neer teen die plaas­li­ke be­dryf. Plaas­li­ke ver­vaar­di­gers moet dit re­gis­treer.

Die be­dryfs­be­lan­ge­groep Pe­s­ti­ci­des Ma­nu­fac­tu­rers and For­mu­la­tors As­so­ci­a­ti­on of In­dia sê die feit dat dié re­ë­ling nie be­ëin­dig word in die wets­ont­werp wat be­staan­de wet­ge­wing gaan ver­vang nie, kom neer op ’n “al­ge­he­le oor­ga­we” aan mul­ti­na­si­o­na­le maat­skap­pye.

Die hui­di­ge be­stel het aan mul­ti­na­si­o­na­le maat­skap­pye ’n mo­no­po­lie op die plaas­li­ke mark ge­gee en plaas­li­ke ver­vaar­di­gers op hul knieë ge­dwing.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.