MNR. HANNES VAN DER MER­WE

Landbouweekblad - - Lbw Rooibos -

WAT IS DIE SLIMSTE DING WAT JY AL GE­DOEN HET?

Om my droom om on­af­hank­lik te boer, te ver­we­sen­lik.

WAT IS DIE DOMSTE DING WAT JY GE­DOEN HET?

Om aar­tap­pels te plant. Ons moes vroe­ër be­gin le­moe­ne plant het.

VAN WIE HET JY DIE MEES­TE GELEER?

Wy­le Ou­baas En­gel­brecht het my van werktuie, her­stel­werk en “tee se sto­rie” geleer. Ek kon met ysters werk, maar hy het my geleer om al­les be­ter te doen. Ek leer ook baie van rooi­bos by oom James van Put­ten (vo­ri­ge be­stuur­der van Rooi­bos Bpk.) en Jo­han Brand (teg­nie­se be­stuur­der van Rooi­bos Bpk.).

WAAR­AAN SKRYF JY JOU SUK­SES TOE?

Har­de werk ses dae van die week en ’n vrou wat my by­staan en help deur dik en dun. Ek dink ons maak ’n ge­dug­te span. Ons kry ook baie ge­na­de van Bo.

WAT DINK JY VAN DIE TOE­KOMS VAN ROOIBOSTEE?

As ek kyk na die hoe­veel­heid saad wat van­jaar ge­saai is, flik­ker die rooi lig­te op die ho­ri­son, maar ek sal op­ti­mis­ties bly oor rooi­bos. Dis dan deel van my be­staan! Rooi­bos sal al­tyd ’n groot deel uit­maak van ons boer­de­ry. Ons is Trots Suid-A­fri­kaans.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.