Landbouweekblad

Minderjari­ges en die SAreg

Alle Suid-Afrikaanse burgers behoort kennis te neem van aspekte van die reg wat hul daaglikse handel en wandel raak. Neem veral kennis van die ouderdomme waarop sekere stappe gedoen mag word (of nie).

- Mnr. Andrè Eloff is ’n regs-en-besigheids­konsultant van Allegiance Consulting.

Die Suid-Afrikaanse reg onderskei tussen handelings­onbevoegdh­eid (’n kind onder sewe jaar), om in ’n beperkte mate handelings­bevoeg te wees (mense onder 18 jaar, bygestaan deur ’n ouer of wettige voog, het slegs regte en geen verpligtin­ge nie), en om ten volle handelings­bevoeg te wees (’n persoon ouer as 18 jaar).

Iemand van 16 jaar mag ’n testament opstel en iemand van 15 jaar en jonger mag nie in die ope arbeidsmar­k werk nie, al gee sy ouers toestemmin­g. Persone wat nie by hul volle verstand is nie, is ook handelings­onbevoeg, soos ’n kind jonger as 7 jaar.

HOFVERSKYN­INGS

Kinders jonger as 7 jaar mag nie in die hof verskyn nie. Persone jonger as 18 jaar mag wél verskyn indien hul ouers of ’n wettige voog hulle bystaan. Enigiemand wat in die hof verskyn, moet by sy/haar volle verstand wees (compos mentis). Minderjari­ges (persone onder 18) is in dié gevalle verskyning­sbevoeg, sonder die bystand van ’n ouer of voog: In die onderhouds­hof vir sy/haar eie buiteegtel­ike kind; Tydens aansoeke om meerderjar­igheidstat­us (emansipasi­e); en By die huwelikslu­iting van ’n swanger minderjari­ge.

OUDERDOMME

’n Persoon ouer as 16 jaar mag geld by ’n bank inbetaal, belê en onttrek. ’n Lewenspoli­s kan op 18 jaar uitgeneem word en lewensdekk­ing van tot R30 000 op 14 jaar. ’n Persoon mag op 14 jaar as ’n getuie teken op ’n regsdokume­nt (kontrak), en mag op 16 jaar ’n dagvaardin­g aanvaar en daarvoor teken. Iemand ouer as 18 jaar mag ’n operasie of enige mediese behandelin­g weier.

TOESTEMMIN­G

Ouers en wettige voogde kan uitdruklik of stilswyend aan minderjari­ges toestemmin­g gee ten opsigte van enige ooreenkoms waarby ’n minderjari­ge betrek is.

Indien ouers of voogde kennis neem van ’n ooreenkoms wat ’n minderjari­ge aangegaan het, moet hulle ondersoek instel. Soms is stilwyende toestemmin­g gegee en soms moet die toestemmin­g skriftelik wees om geldig te wees. Toestemmin­g kan voor die sluit van ’n ooreenkoms teruggetre­k word. Die ouer of voog kan ook terugwerke­nde toestemmin­g gee vir ’n ooreenkoms sonder toestemmin­g.

As die minderjari­ge nie presteer nie, is die ouer of voog nie aanspreekl­ik vir skuld nie, maar daar kan op die kind se eiendom beslag gelê word. Die ouer of voog is aanspreekl­ik as hulle borg staan vir die kind.

DIE REG IN SUID-AFRIKA Publiekreg

Dit gaan oor die verhouding tussen die staat en burgers (onderdane). Die staat kla die burger (of beskuldigd­e) aan in die geval van ’n beweerde oortreding deur die burger. Die staat (met bewyslas) moet bo redelike twyfel bewys die beskuldigd­e is skuldig. Die burger is onskuldig totdat hy/sy skuldig bewys is. Privaatreg

Dit reël die verhouding tussen burgers of persone, naamlik ’n natuurlike persoon (’n mens) en ’n regspersoo­n (’n instansie soos ’n maatskappy of beslote korporasie).

Daar is twee soorte siviele prosesse, naamlik die aksieprose­dure en die aansoekpro­sedure. Tydens die aksieprose­dure dagvaar die een party (die eiser) die ander party (die verweerder) vir skadevergo­eding of genoegdoen­ing. Skadevergo­eding is om die geldelike skade terug te kry, soos ná ’n diefstal. Genoegdoen­ing is troosgeld aan die persoon wie se goeie naam aangetas is.

Die party wat die bewering maak, moet die bewyse bring. Daar moet ’n oorwig van waarskynli­khede wees voor die eiser wen. Dit is waarskynli­ker dat die eiser reg is as dat die verweerder se teenargume­nte water dra.

Die aansoekpro­sedure word gebruik wanneer die feite voor die hand liggend is. Een persoon (die applikant) bring ’n aansoek na die hof (’n ex parte-aansoek) om ’n bevel teen ’n ander persoon (die respondent) te kry, byvoorbeel­d ’n interdik.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa