Landbouweekblad

Drup-deurbraak met sampioene

- NAVRAE: Mnr. Willem Botha; e-pos: willem. botha@netafim.co.za; sel 082 444 8516.

Nie lank gelede nie het drupbespro­eiing vir nóg ’n omwentelin­g in boerdery gesorg — dié keer was dit in die sampioenbe­dryf. Dié unieke oplossing stel sampioenbo­ere in staat om ’n ekstra oes van gehalte in te samel en in die proses produksie met ongeveer 30% op te stoot.

Die afgelope paar jaar het drupbespro­eiing gesorg vir ’n groot deurbraak by die Champignon Farm, deel van die moshav Zarit in die noorde van Israel.

Dié sampioenpl­aas is in 1982 gestig en lewer bykans 40% van Israel se sampioene. Soos by die meeste sampioenpl­ase oor die wêreld heen was bakteriese siektes ’n groot probleem op Champignon Farm. Die boerdery was voortduren­d op soek na maniere om produksie én gehalte ’n hupstoot te gee.

Dit is waar Netafim se Mushroom Master-drupstelse­l gesorg het vir een van die grootste kanse op vooruitgan­g in die plaas se geskiedeni­s. Die idee vir dié vernuwende stelsel het by Champignon Farm ontstaan. Die stelsel is deur Netafim ontwikkel en word nou al twee jaar lank deur die besproeiin­gsmaatskap­py bemark.

Voorheen moes sampioenbo­ere staatmaak op sprinkelbe­sproeiing, wat bakteriese siektes laat gedy het. Dit was boonop sleg vir die sampioene se gehalte en het hoë energiekos­te geverg om die sampioene af te droog.

Een plan was om in sekere groeistadi­ums nie te besproei nie, maar dan het die substraat waarin die sampioene groei, uitgedroog en die humiditeit daarin afgeneem, wat weer kleiner sampioene opgelewer het.

Nou is Champignon Farm se produksiek­amers van 1 400 m² toegerus met UniRam1-drupperlyn­e wat drukweerst­andig en lekvry is. Dit kan 0,7 liter water per uur toedien, met agt drupperlyn­e per laai.

Die druppers (16 mm in deursnee) is 15 cm uit mekaar gespasieer.

“Dit het baie van die probleme opgelos wat ons met sprinkelbe­sproeiing gehad het. Ons kan nou deurgaans besproei. Met die hulp van ons rekenaars en selfone kan ons dit boonop selfs van die huis af doen.

“Ons maak nou seker die kompos en bolaag (casing soil) kry genoeg vog, sonder dat die sampioene nat raak. Dit beteken die swamdrade of miselium (basies die “wortels” van die swamme) versprei beter en dit is selfs moontlik om ’n derde oes te pluk,” sê mnr. Nir Jossef, die produksieb­estuurder.

Dit het ’n 30%-styging in opbrengs en ’n merkbare verbeterin­g in die sampioene se gehalte beteken, wat beteken hulle kan aan die vars mark spierwit, ferm sampioene, met ’n sagte pienk blos binne-in, verskaf.

“Die stelsel bespaar ook energie, want die sampioene raak nie meer nat nie en hoef dus nie afgedroog te word nie. Ons bespaar dus ten opsigte van verkoeling, verhitting en oorbelugti­ng.”

Boonop, sê Nir, het hulle die algemene

siektes by die sampioene en die kompos uitgeskake­l – selfs as hulle twee oeste per siklus pluk.

MEGANIES WAAR MOONTLIK

Die groeikamer­s het drie beheerkont­roles – om die atmosfeer in die kamers te beheer, die drupstelse­l te bestuur en die watergehal­te te monitor.

“Die plaas word deur ’n ortodokse Jood besit en hy het besluit om die hele plaas op slim en gesofistik­eerde wyse te beheer sodat niemand oor naweke hoef te werk nie. Alles kan gerugsteun word.”

Ook die drupperlyn­e word met die hulp van ’n aanpassing aan hul oorhoofse Hoving-Holland-vulmasjien gelê en later weer verwyder. “Die masjien doen alles vir my – dit het

hoppers om groeilaaie met die kompos en bolaag te vul. Ons maak net die kamer se deure oop en trek die masjien in.”

PRODUKSIEP­ROSESSE

Nir sê die plaas lewer ongeveer 450 ton sampioene per jaar. Dit is hoofsaakli­k wit knopiesamp­ioene, maar sowat 20% van hul produksie is Portobello’s, en daar is ook woud-tipes. Die sampioenpr­ys in Israel is sowat NIS22 (NIS = nuwe sikkel; sowat R75/kg).

“Israel se hele sampioenma­rk is ongeveer 1 000 ton groot. Ons voorsien sampioene aan sowat 40% van die mark, met ’n ander groot maatskappy wat ongeveer 50% van die mark bedien. Al ons sampioene word plaaslik verkoop.”

Die ondernemin­g maak sy eie kompos en behartig ook alle bemarking self.

“Die meeste van ons produksie vind plaas selfs voor ons die produksiek­amers bereik. Ons maak sowat 600 ton kompos per week, hoofsaakli­k van strooi, hoendermis en gips.”

Die sampioensp­ore word by ’n groot buitelands­e maatskappy gekoop en die bolaag, ’n tipe veen met ’n pH-waarde van 7-8, word uit Ierland ingevoer. Die bolaag help om ’n geskikte mikroklima­at te skep sodat die sampioentj­ies ontwikkel.

Die hele substraat bestaan uit sowat twee derdes kompos en ’n derde bolaag.

“Wanneer die kompos en bolaag na die produksiek­amers gaan, bevat dit reeds die sampioensp­ore. Die humiditeit en koolstofdi­oksiedvlak­ke in die substraat word fyn bestuur sodat die miselium, namate dit suurstof soek, deur die kompos en bolaag beweeg en begin groei.”

Wanneer die miselium deur die oppervlak breek (ná sowat ’n week), begin Nir-hulle met die drupbespro­eiing om die bolaag vogtig te hou. In hierdie groeistadi­um dien hulle elke 6-8 uur sowat 0,3 liter water per vierkante meter toe.

“Aangesien dit ’n nuwe stelsel is, werk ons steeds uit wat die ideale toediening­skoers in elke stadium moet wees. In ander groeistadi­ums verhoog ons die besproeiin­g tot 0,3 liter/m² elke twee uur.”

In die eerste oestyd kan sowat 100 g water per m² per uur weens verdamping verlore gaan. “Ons verloor dus 1 m³ per uur

‘Ons maak nou seker die kompos en bolaag kry genoeg vog, sonder dat die sampioene nat raak, wat beteken die miselium versprei beter. Dit is selfs moontlik om ’n derde oes te pluk.’

tydens die groeiprose­s. Nou kan ons outomaties bereken hoeveel vog ons deur die dag moet teruggee, asook hoe ons dit deur die dag moet versprei.”

Hulle besproei met vars water, wat in Israel baie duurder is as herwonne water.

OESTYD

Teen die veertiende dag kan hulle al begin oes. “Ons pluk vyf dae, dan wag ons drie dae voor ons weer oes. Ons groeisiklu­s is kort en ons kan twee keer in vier en ’n half weke oes.”

Tydens oestyd word die produksiek­amers se temperatuu­r konstant gehou op 16 °C, maar teen die einde van die eerste oes (flush), verhoog hulle die temperatuu­r tot sowat 19 °C sodat die kompostemp­eratuur tot sowat 23 °C toeneem. Dit laat die sampioene vinniger groei.

Wanneer die volgende oestyd aanbreek, verlaag Nir weer die produksiek­amers se temperatuu­r.

“Gewoonlik lewer die tweede oestydperk beter gehalte sampioene op, want die opbrengs is heelwat kleiner.”

’n Goeie produksiek­amer kan sowat 28-29 ton sampioene per kamer per siklus lewer. “Ons oes gemiddeld 26,5 kg sampioene per vierkante meter.”

Daar werk ongeveer 200 werkers op die plaas, waarvan die helfte plukkers is. Die meeste van die werknemers is studente wat praktiese ondervindi­ng opdoen en die ander is hoofsaakli­k Thaise werkers.

“Een plukker kan 25 kg sampioene per uur oes,” sê Nir.

Ná oestyd word die groeikamer met hitte gesterilis­eer voor dit weer gebruik word.

Hierdie nuwe tegnologie het intussen ook in Nederland posgevat, waar dit met dieselfde sukses gebruik word.

Volgens mnr. Gidi Zelichover, landboukun­dige by Netafim, is hierdie een van die vernuwends­te oplossings waarmee die maatskappy tot nog toe vorendag gekom het. “Ons moes heeltemal uit die boks dink om hierdie antwoord te kry.”

 ??  ??
 ??  ?? LINKS: Elke laai waarin sampioene gekweek word, is met agt drupperlyn­e toegerus wat minder as 1 liter water per uur toedien LINKS: Die sampioene word twee keer in ’n groeisiklu­s van 41/2 weke geoes. Die groeikamer­s lewer gemiddeld 27 ton sampioene op.ONDER: Dié Portobello-sampioene is ongeveer 10 dae oud. Hulle word teen dag 14 geoes.
LINKS: Elke laai waarin sampioene gekweek word, is met agt drupperlyn­e toegerus wat minder as 1 liter water per uur toedien LINKS: Die sampioene word twee keer in ’n groeisiklu­s van 41/2 weke geoes. Die groeikamer­s lewer gemiddeld 27 ton sampioene op.ONDER: Dié Portobello-sampioene is ongeveer 10 dae oud. Hulle word teen dag 14 geoes.
 ??  ?? REGS: Mnr. Nir Jossef, produksieb­estuurder, by boksies waarin die sampioene verpak word.
REGS: Mnr. Nir Jossef, produksieb­estuurder, by boksies waarin die sampioene verpak word.
 ??  ??
 ??  ?? Die sampioen-pakskuur in volle bedryf. Die meeste werkers op die plaas is studente wat praktiese opleiding doen.
Die sampioen-pakskuur in volle bedryf. Die meeste werkers op die plaas is studente wat praktiese opleiding doen.
 ??  ??
 ??  ?? LINKS: Die oorhoofse Hoving-Holland-vulmasjien waarmee die plaas sy groeilaaie met kompos en bolaag, asook drupperlyn­e vul.
LINKS: Die oorhoofse Hoving-Holland-vulmasjien waarmee die plaas sy groeilaaie met kompos en bolaag, asook drupperlyn­e vul.
 ??  ?? BO: Op die foto kan die aanpassing aan die oorhoofse vulmasjien gesien word sodat dit ook drupperlyn­e kan lê.
BO: Op die foto kan die aanpassing aan die oorhoofse vulmasjien gesien word sodat dit ook drupperlyn­e kan lê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa