Jong­boer wil lei met C­har­don­n­nay

Landbouweekblad - - Lbw|inhoud - NAVRAE: Web­werf: www.de­wets­hof.com; tel. 023 615 1853.

Om in die ska­du­wee van ’n le­gen­de groot te word, het sy voor- én na­de­le. Maar mnr. Jo­hann de Wet van De Wets­hof staan sy be­ken­de pa se skoe­ne vol­le­dig vol. On­der sy lei­ding het die plaas op­nuut sy klem op C­har­don­nay laat val en lo­nen­de nu­we mark­te ont­wik­kel.

Van­dat mnr. Jo­hann De Wet (35) sy ver­stand ge­kry het, het hy ge­weet hy gaan een­dag op De Wets­hof boer, soos sy pa en ou­pa voor hom. “Ek het nooit daar­aan ge­dink om iets an­ders te doen nie,” vertel Jo­hann. Dié wyn­boer van Ro­bert­son is on­langs as A­gri Wes-Kaap se Jong­boer van die Jaar aan­ge­wys. In 2006, ná sy stu­dies en ’n paar werks­ge­leent­he­de in die bui­te­land, is sy droom toe be­waar­heid. Maar on­danks die feit dat hy reeds van jongs af deur sy be­ken­de ou­ers, Da­nie en Les­ca, aan die wyn­be­dryf en die fa­mi­lie­be­sig­heid bloot­ge­stel was, moes Jo­hann die bin­ne­wer­kin­ge van De Wets­hof eers deeg­lik leer ver­staan om hom voor te be­rei vir sy hui­di­ge rol as uit­voe­ren­de hoof van die on­der­ne­ming.

“Ek het el­ke twee jaar in ’n an­der af­de­ling van die be­sig­heid ge­werk om ’n ge­voel vir die plaas en han­dels­merk te kry,” vertel Jo­hann.

Da­nie en Les­ca het ’n in­ter­na­si­o­naal be­ken­de wyn­on­der­ne­ming ge­ves­tig wat si­no­niem is met C­har­don­nay, en on­der hul be­stuur het De Wets­hof ver­skeie be­kroon­de wy­ne op­ge­le­wer. Die plaas be­slaan van­dag so­wat 200 ha win­ger­de en hul­le pars on­ge­veer 2 000 ton drui­we. Die eg­paar se by­drae tot die plaas­li­ke en in­ter­na­si­o­na­le wyn­to­neel is ook al wyd ge­boek­staaf.

Hoe­wel Jo­hann groot skoe­ne het om vol te staan, het hy ’n nu­we uit­kyk na dié ge­ves­tig­de han­dels­merk ge­bring, son­der om aan die hart en kon­teks van die on­der­ne­ming te kar­ring. C­har­don­nay kraai steeds (of nou ver­al) ko­ning. Hy deel sy pa se lief­de vir C­har­don­nay en is vas­be­slo­te om dié kul­ti­var tot selfs ho­ër hoog­tes te neem.

“Tans is C­har­don­nay die Suid-A­fri­kaan­se wit­wyn­kul­ti­var wat die beste pry­se ter wê­reld be­haal en die hoog­ste lof­be­tui­gings deur kri­ti­ci ont­vang. Ek dink C­har­don­nay se toe­koms is blink en dit gaan nog die fo­kus­kul­ti­var (wit) vir Suid-A­fri­ka word.”

Hy skenk baie aan­dag aan hul reeks van vyf C­har­don­nays en het on­der meer baie moei­te ge­doen om die ver­pak­king op peil te bring. Hy het ook hard ge­werk om die A­me­ri­kaan­se en Rus­sie­se mark vir De Wets­hof te ont­sluit. Dit is tans die plaas se snel­groei­end­ste mark­te.

Die op­le­wing van C­har­don­nay op eie bo­dem so­wel as oor­see maak hom baie op­ge­won­de.

“Die ge­hal­te van Suid-A­fri­ka se C­har­don­nays was nog nooit be­ter as nou nie.

Ge­hal­te help om ons beeld te bou, daar­om kan die he­le wyn­be­dryf baat vind by die goeie re­pu­ta­sie van ons C­har­don­nay.”

FAMILIEBOERDERY WAT WERK

Jo­hann meen ’n familieboerdery is van die beste en sterk­ste on­der­ne­mings­vorms wat be­staan – ás dit werk. Wat in ’n familieboerdery se guns tel, is dat be­sluit­ne­ming vin­nig ge­skied en dat el­ke fa­mi­lie­lid ’n na­tuur­li­ke aan­voe­ling vir die on­der­ne­ming het om­dat hy of sy el­ke fa­set daar­van ver­staan.

“Maar dis nie al­tyd mak­lik nie. El­ke fa­mi­lie­lid moet ’n funk­sie ver­vul in die be­sig­heid en waar­de tot die ket­ting toe­voeg. Dis on­on­der­han­del­baar. Daar is slegs plek vir fa­mi­lie­le­de as hul­le die no­di­ge funk­sies kan ver­vul.”

Op De Wets­hof het al­bei ge­ne­ra­sies be­sef die tyd het aan­ge­breek om die stok­kie oor te gee – nie te vroeg nie, maar toe Jo­hann en sy broer, Pe­ter, ge­noeg er­va­ring ge­had het, het Da­nie en Les­ca nie in hul pad ge­staan om die lei­sels te be­gin oor­neem nie.

“Ge­luk­kig het al­mal by ons ver­staan dat die oor­gang moet ge­beur. Hoe meer ons (Jo­hann en Pe­ter) be­trok­ke ge­raak het en ge­wys het ons har­te is in die plaas en die han­dels­merk, hoe mak­li­ker was dit vir ons ou­ers om met ge­rus­te har­te te ont­trek.”

Hul ou­ers se sterk lei­ers­ei­en­skap­pe en wye net­wer­ke was ’n groot aan­spo­ring vir die broers.

“Jy word in se­ke­re ge­sel­skap groot en word aan ’n deel van die be­dryf bloot­ge­stel wat min men­se sien. Jy leer dus van jongs af om die be­dryf goed te ver­staan.”

Groot gees­te in die wyn­be­dryf, soos Jo­han K­ri­ge van Ka­non­kop en Neil El­lis van Neil El­lis Wy­ne, is huis­vrien­de van die De Wets, en Jo­hann kon ge­reeld by hul­le kers op­steek.

“Al wat ek kan doen, is om te bou op dit wat my ou­ers reeds staan­ge­maak het. Ho­pe­lik kan ek daar­op ver­be­ter op ’n ma­nier wat my per­soon­lik­heid pas, maar steeds ge­trou is aan die be­sig­heid se i­den­ti­teit.”

Oor die rol wat die jon­ger ge­slag in fa­mi­lie­be­sig­he­de be­hoort te speel, sê hy: “Jong boe­re eks­pe­ri­men­teer mak­li­ker, maar dit bly ui­ter­aard be­lang­rik om die vo­ri­ge ge­ne­ra­sie te be­trek by wat jy doen. Dit help om bin­ne se­ke­re rig­ly­ne te bly wat reeds aan jou be­kend is. Ons het vars i­dees en kan die han­dels­merk se plek in ’n ver­an­de­ren­de wê­reld met die no­di­ge oop­kop-buig­saam­heid sien, maar ons bly steeds ge­trou aan die ge­ves­tig­de han­dels­merk en waar­des.”

Sy ou­ers was nie sy e­nig­ste men­tors in die be­dryf nie.

“Men­se wat vir my as ’n jong man baie be­te­ken het, is Je­an En­gel­brecht van Rust en V­re­de en E­mi­le Jou­bert (on­af­hank­li­ke wyn­ska­kel­man en -skry­wer) met be­mar­king. Op die plaas was dit Fran­cois Vil­joen van VinPro en P­hil F­ree­se, ’n A­me­ri­kaan­se win­gerd bou­kun­di­ge. Hul­le het al­tyd vir my in­lig­ting en die no­di­ge per­spek­tief ge­gee, en ook ge­duld ge­had met my i­dees! Daar is na­tuur­lik ook i­ko­ne, soos Jo­hann K­ri­ge, Neil El­lis, Duim­pie Bay­ly en An­tho­ny Ha­mil­ton Rus­sell. Hul­le is men­se by wie el­ke jong wyn­boer iets kan leer.”

WEET NIE AL­LES NIE

Die af­ge­lo­pe by­kans 12 jaar het Jo­hann al baie reg­ge­kry by De Wets­hof, maar hy meen dit is sy ver­moë om die beste men­se in el­ke af­de­ling van die on­der­ne­ming te be­trek, wat die groot­ste in­vloed ge­had het.

“Net soos elk­een van ons C­har­don­nays op ’n eie ter­roir kon­sen­treer, so vind ek men­se met die no­di­ge en spe­si­fie­ke vaar­dig­he­de vir el­ke pos. Ek de­le­geer dus. Tans werk dit goed om­dat ek die reg­te men­se in po­si­sies ge­plaas het waar hul­le waar­de toe­voeg.”

Hy be­skou hom­self as ie­mand wat goed kan luis­ter en (goeie) raad ter har­te neem.

“Hoe ou­er ’n mens word, hoe meer ge­neig is jy om – an­ders as wan­neer jy jon­ger is – te be­sef jy weet nie al­les nie. Ek vul my te­kort­ko­min­ge aan deur raad te vra en na an­der te luis­ter.”

As Jo­hann eg­ter self ’n ei­en­skap moet uit­son­der wat hom suk­ses­vol maak, is dit sy pas­sie vir en lo­ja­li­teit aan die Suid-A­fri­kaan­se wyn­be­dryf. “Ek is be­hep met Suid-A­fri­kaan­se wyn en is baie be­voor­reg om deel te wees van die be­dryf.”

WYNPRYSE EN BEELD

Wat die pro­ble­me van sy ge­ne­ra­sie be­tref, re­ken Jo­hann hy en sy e­we­knieë sal moet sorg dat wyn­boer­de­ry fi­nan­si­eel vol­hou­baar bly.

“Suid-A­fri­ka sal een­vou­dig wê­reld­wyd be­ter pry­se vir sy pro­duk­te moet ver­dien. Wan­neer dit ge­beur, sal baie an­der din­ge reg­kom. Daar sal by­voor­beeld meer geld wees vir bemagtiging. Tans word win­ger­de ook nie her­ves­tig nie, want dit maak nie fi­nan­si­ë­le sin vir die boe­re nie. Dit moet verander.

“Te veel Suid-A­fri­kaan­se wyn word in groot maat uit­ge­voer teen ver­spot lae pry­se. Suid-A­fri­ka se bot­tel­uit­voer groei, maar net in die goed­koop ka­te­go­rie. Ons wy­ne word dus as che­ap and cheer­ful be­skou, wat nie die ge­val is nie. Met so ’n hou­ding teen­oor ons pro­duk­te kan die wyn­be­dryf nie groei nie. Che­ap het nog nooit ie­mand in die be­dryf

cheer­ful ge­maak nie!”

Voorts word wyn­be­mar­kers se le­we moei­lik ge­maak deur die Suid-A­fri­kaan­se po­li­tiek en die ge­brek­ki­ge on­der­steu­ning van die Re­ge­ring se kant af aan die land­bou.

“Geen an­der land­bou­pro­duk word so sterk aan die re­pu­ta­sie en beeld van ’n land ge­kop­pel as wyn nie. As dit po­li­ties on­stui­mig en on­guns­tig raak, raak dit ons reg­streeks.

“Die Re­ge­ring be­hoort in die wyn­be­dryf te be­lê en ons op die wê­reld­mark te help. Al die an­der lan­de (met wie ons mee­ding) kry groot in­spui­tings van hul re­ge­rings om ge­ne­rie­se be­mar­king te doen. Ons kry niks nie. Die an­der lan­de kry dus eint­lik ’n pre­mie vir hul wyn, wat be­te­ken hul­le het meer geld om in hul be­sig­he­de te be­lê.”

Jo­hann vertel hy was nog op la­er­skool toe hy die eer­ste keer gehoor het ie­mand vra hoe Suid-A­fri­ka se beeld en re­pu­ta­sie in die bui­te­land ver­sterk kan word, juis om­dat ’n goeie beeld so be­lang­rik is vir ’n uit­voer­be­dryf.

“Van­dag lyk dit nie of ons al die ant­woord ge­vind het nie. Al­mal van ons wat na die bui­te­land reis of wyn na die in­ter­na­si­o­na­le mark stuur, moet daar­van be­wus wees dat jy met el­ke bot­tel wyn en el­ke af­spraak ver­ant­woor­de­lik is vir die beeld van Suid-A­fri­ka. Dis ’n e­nor­me ver­ant­woor­de­lik­heid.”

MOET MUNT SLAAN UIT GE­HAL­TE

Jo­hann sê dit is vir hom moei­lik om by­voor­beeld met die re­dak­teur van die ge­sag­heb­ben­de wyn­tyd­skrif De­can­ter oor die beeld van Suid-A­fri­ka te ge­sels, ter­wyl die land so­veel goed­koop wyn maak.

“Ek dink eg­ter or­ga­ni­sa­sies soos die Ca­pe Vint­ner Clas­si­fi­ca­ti­on (CVC), ’n groep pro­du­sen­te in die pre­mie­mark wat hul beeld en wyn saam be­mark, kan ’n rol speel en die si­tu­a­sie help ver­be­ter.”

Hy is oor­tuig van die ge­hal­te van Suid-A­fri­kaan­se wyn – dit is ver­ge­lyk­baar met goeie Boer­gon­die­se en Bor­deaux-wyn.

“Maar dit ver­dien nie ’n frak­sie van daar­die wyn se prys nie. Beeld, re­pu­ta­sie en fo­kus – dís wat tel. Wie wil ons wees en hoe wil ons hê moet die wê­reld ons sien? On­danks al die in­ter­na­si­o­na­le pu­bli­si­teit, al die wyn­skoue wat die land reg­oor die wê­reld aan­bied en die uit­mun­ten­de wyn wat ons maak, het die to­ta­le uit­voer­waar­de van Suid-A­fri­kaan­se wyn ge­krimp. Ons het so baie om mee te werk. Ons moet net munt slaan daar­uit en die Re­ge­ring se hulp in­win.”

Oor die on­se­ker­heid wat die Re­ge­ring by boe­re skep, sê Jo­hann: “Dit raak baie moei­lik om te beplan en die reg­te stel­sels ge­reed te kry as die po­li­ti­ci voort­du­rend die rig­ly­ne en doel­pa­le ver­skuif. Al wat ’n mens kan doen, is om se­ker te maak jy pas die beste prak­ty­ke op jou plaas en in jou kel­der toe so­dat geen vin­ger ooit na jou ge­wys kan word nie.”

Hy glo nie daar­aan om op sy lou­e­re te rus nie. Sy fi­lo­so­fie is juis dat ’n mens al­tyd kan ver­be­ter op wat jy al ge­doen het en nooit moet dink jy het nou al­les be­reik nie.

“Mô­re is daar weer ’n nu­we pro­bleem wat met ’n lang­ter­myn­vi­sie ge­ta­kel moet word. Wat wil ek nog doen? Ek wil nog meer klem op C­har­don­nay laat val en my­self ves­tig as ’n wê­reld­lei­er met dié kul­ti­var.”

‘Hoe meer ons be­trok­ke ge­raak het en ge­wys het ons har­te is in die plaas en die han­dels­merk, hoe mak­li­ker was dit vir ons ou­ers om met ge­rus­te har­te te ont­trek.’

LINKS: Mnr. Jo­hann de Wet se am­bi­sie is om die wê­reld­lei­er op die ge­bied van sy guns­te­ling-wit­wyn­kul­ti­var, C­har­don­nay, te word.

BO: Hul­le boer met so­wat 200 ha win­gerd in die Ro­bert­son­val­lei, waar­van C­har­don­nay ’n be­lang­ri­ke deel uit­maak.

Mnr. Jo­hann de Wet (links) saam met sy pa, Da­nie, en broer, Pe­ter.

Jo­hann saam met sy vrou, Ge­ra, en hul seun­tjie, Da­niel.

Jo­hann (links) saam met mnr. Da­nie Mor­kel, wyn­ma­ker, in ’n win­gerd op die plaas. Een van Jo­hann se sterk pun­te is om die reg­te men­se in die reg­te po­si­sies aan te stel.

Die im­po­san­te proe­lo­kaal en ad­mi­nis­tra­sie­ge­bou op De Wets­hof. Dis ’n re­pli­ka van die Koop­man­sDe Wet-huis in S­trand­straat, Kaap­stad.

Die be­kroon­de sjef Jan Hen­drik van der West­hui­zen (links) en Jo­hann ty­dens die vo­ri­ge Ce­le­bra­ti­on of C­har­don­nay, wat op De Wets­hof aan­ge­bied word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.