Landbouweekblad

Opleiding

Duisende jong mense het na Nampo gestroom en personeel van die Universite­it van die Vrystaat moes bontstaan om voornemend­e studente se vrae te beantwoord. Dr. Antonie Geyer was daar en vertel meer oor die studiegele­enthede aan dié universite­it.

- FOTO’S: VERSKAF

Leer en studeer is nie net bedoel vir skoolverla­tersnie.Talleboere­het al later in hul lewe die boeke nader getrek om hulself beter te bekwaam en om navorsing te doen.

Dr. Antonie Geyer, direkteur van landbou-ontwikkeli­ng aan die Universite­it van die Vrystaat (UV), sê die spektrum van studieen loopbaanke­uses strek wyd.

“Die universite­it bied alles van plant- en dierekunde tot landbou-ekonomie aan. Die landbou- sektor bied ’n hawe vir diegene wat self eendag wil boer, maar ook vir diegene wat navorsing wil doen, in ’n laboratori­um wil werk of ekonomiese neigings in die landboumar­k wil ontsyfer. Daar is gevolglik baie keuses.”

Die UV bied verskeie landbouger­igte kursusse en graadprogr­amme aan. Die fakulteit van natuur- en landbouwet­enskappe bied meer as 160 internasio­naal geakkredit­eerde voorgraads­e en nagraadse kwalifikas­ies in verskeie vakgebiede aan. Danksy die verskeiden­heid keuses wat studente binne die landbouwet­enskappe kan uitoefen, is vakkeuses wat op spesialisk­walifikasi­es binne die landbousek­tor toegespits is, ook moontlik.

Gespesiali­seerde nagraadse kwalifikas­ies in vakgebiede, soos plantweten­skap en volhoubare landbou, is ook vir gegradueer­des beskikbaar.

OORBRUGGIN­G

Die UV bied landbou-opleiding oor ’n breë spektrum aan. Twee oorbruggin­gskursusse is beskikbaar vir leerders wat aanvanklik nie aan die akademiese vereistes vir hoofstroom­opleiding aan die universite­it voldoen nie, naamlik ’n voorbereid­ingsprogra­m om gereed te maak vir universite­it en ’n verlengde graadprogr­am.

TOEKOMS

Die toekoms van landbou-opleiding by die UV is dinamies en opwindend, en die relevansie van toegepaste landbou-opleiding moet verseker word. Baie beplanning word gedoen om te verseker dat landbou-opleiding geskik is vir die bedryf en die praktyk. Dit sluit in:

■ Die daarstelli­ng van ’n landbou-adviesraad is in die finale fase van goedkeurin­g.

■ By die UV word landbou in die eerste jaar parallel in Afrikaans en Engels aangebied.

■ ’n Landbougra­ad vir landbousko­olonderwys­ers is in die finale fase van beplanning.

■ ’n Praktiese jaar vir gegradueer­de studente, soos ’n internskap, word beoog.

■ ’n Nuwe spesialisk­ursus in landbouvoo­rligting word van vanjaar af aangebied.

HOOFVAKKE

Met ’n groot verskeiden­heid landbougra­de in die wetenskap, landbou-ekonomie en bestuur wil die UV die voorkeurke­use wees vir enige voornemend­e student wat ernstig is oor landbou-opleiding. Die UV, met sy gevestigde grade en kundigheid, word reeds in Suid-Afrika as ’n top-universite­it vir landbouwet­enskaplike studies gereken.

Hier volg ’n opsomming van die verskillen­de hoofvakke en kombinasie­s van vakke binne ’n betrokke graadkursu­s. WETENSKAP

Landbou-opleiding in die wetenskap staan bekend as die B.Sc.Agric.-graad. Dit is ’n vierjaar-graadkursu­s waarby die honneursgr­aad ingesluit is. Ná die verwerwing van hierdie profession­ele B.Sc.-graad, word dit opgevolg met ’n M.Sc.-graad. Die UV bied sewe hoofrigtin­gs vir die B.Sc.-graad aan (sien TABEL 1 op bl. 82). LANDBOU-EKONOMIE

Die opleiding in landbou-ekonomie spesialise­er in twee grade (sien TABEL 2 op bl. 82).

’n B.Sc.-graad in landboueko­nomie kan binne drie jaar verwerf word sonder chemie en fisika in die eerste jaar. Wiskunde en statistiek is wel belangrike vakke. Die kern van hierdie kwalifikas­ie is landbou-ekonomie en statistiek. Dit word met ’n B.Sc.-honneursgr­aad in land- bou-ekonomie opgevolg.

Die B.Agric.-graad in landbou-ekonomie is ’n driejaarku­rsus wat met ’n B.Agric.honneursgr­aad in landbou-ekonomie opgevolg word. Dit is ’n handelsgeo­riënteerde graad met landbou-ekonomie en -bestuur as die kern van die kursus. BESTUUR

Landbou-opleiding wat in bestuur spesialise­er, staan as die B.Agric.-graad bekend. Spesialisa­sie in bestuur bied sewe opsies om van te kies (sien TABEL 3 op bl. 82).

VERDERE STUDIES

Die UV bied verskeie nagraadse studie- en diplomakur­susse aan.

■ Honneurs. Die honneursgr­ade word heeltyds vir ’n minimum tydperk van een jaar aangebied. Dit is slegs van toepassing op die graad B.Sc.Agric. waar die honneursgr­aad in die vierde jaar van die kursus aangebied word.

■ Diplomakur­sus. Die UV Sentrum vir Volhoubare Landbou bied ’n gevorderde diplomakur­sus oor 18 maande in volhoubare landbou en landelike ontwikkeli­ng aan. Die sentrum word gereken as die kern van voorligtin­gsnavorsin­g en -opleiding in die Suider-Afrikaanse Ontwikkeli­ngsgemeens­kap. Twee nagraadse kwalifikas­ies, naamlik ’n jaar lange nagraadse diploma en ’n jaar lange meestersgr­aad-

kwalifikas­ie in volhoubare landbou, word aangebied. Albei jaarkursus­se sluit die kerngebied­e van die bestuur van natuurlike hulpbronne, landbou-ekonomie, die reproduksi­e en landbouvoo­rligting in. ’n Doktorsgra­ad in volhoubare landbou word ook aangebied. Die sentrum het ’n trotse geskiedeni­s van gegradueer­des wat die program voltooi het en die uitdagings van moderne landboutoe­stande suksesvol trotseer. Die leerplan word deurlopend geëvalueer en aangepas wanneer nodig om in te skakel by ’n voortduren­d veranderen­de landbou-omgewing. Groot klem word gelê op tegnologie, bestuursva­ardighede e nom studentes e denkpro- sesse te verbeter. Die resultaat is beter afgeronde beroepslui wat gesog is in die openbare en private landbousek­tor.

■ Nagraadse diploma. Die Sentrum vir Omgewingsb­estuur bied ’n nuwe nagraadse diploma (een jaar) in geïntegree­rde waterhulpb­ron bestuur aan. Die sentrum bied ook sedert 1994’ n suksesvoll­e meesters graadkursu­s in omgewings- bestuur aan. Aansoeke vir hierdie programme vir 2019 se akademiese jaar sluit op 30 September 2018. Besoek die Sentrum vir Omgewingsb­estuur se webwerf by www.ufs. ac.za/cem vir nog inligting.

■ Nog programme. Die Disaster Management Training and Education Centre for Africa bied ’n nagraadse diploma in rampbestuu­r, ’n meestersgr­aad in rampbestuu­r, en ’n Ph.D. in rampbestuu­r aan.

DOEN SÓ AANSOEK

Maak jou eerste keuse die regte keuse. Besoek www.ufs.ac.za vir die volledige lys van graadaanbi­edinge in die fakulteit natuur- en landbouwet­enskappe. Volg die “How to apply”-skakel op die webwerf om die proses te begin.

Hou elektronie­se afskrifte van die volgende dokumente byderhand: ■ Jou identiteit­sdokument of paspoort (asook dié van jou ouers as jy jonger as 18 jaar oud is). ■ Jou finale gr. 11-uitslae, asook jou gr. 12 Junie-rapport met die skoolstemp­el daarop. ■ As jy ’n student by ’n ander instelling is, moet jy ook jou bestaande akademiese rekords insluit.

 ??  ?? Die Universite­it van die Vrystaat bied verskeie opsies aan studente wat graag in die landbou wil studeer. Besoek www.ufs.ac.za vir die volledige lys grade wat in die fakulteit natuur- en landbouwet­enskappe aangebied word.
Die Universite­it van die Vrystaat bied verskeie opsies aan studente wat graag in die landbou wil studeer. Besoek www.ufs.ac.za vir die volledige lys grade wat in die fakulteit natuur- en landbouwet­enskappe aangebied word.
 ??  ?? Dr. Antonie Geyer is die direkteur van landbou-ontwikkeli­ng aan die Universite­it van die Vrystaat se fakulteit natuur- en landbouwet­enskappe. Hy is ook die fakulteit se programdir­ekteur van landbou-ekonomie en landboubes­tuur.
Dr. Antonie Geyer is die direkteur van landbou-ontwikkeli­ng aan die Universite­it van die Vrystaat se fakulteit natuur- en landbouwet­enskappe. Hy is ook die fakulteit se programdir­ekteur van landbou-ekonomie en landboubes­tuur.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Vee-, wild- en weidingkun­de is ’n hoofvak vir die B.Sc.Agricgraad met wildlewepr­oduksie as vakgebied. Spesialise­er in die wildbedryf met die B.Agric.graad of kies dit as vak in enige van die twee landbou-ekonomie-graadkursu­sse.
Vee-, wild- en weidingkun­de is ’n hoofvak vir die B.Sc.Agricgraad met wildlewepr­oduksie as vakgebied. Spesialise­er in die wildbedryf met die B.Agric.graad of kies dit as vak in enige van die twee landbou-ekonomie-graadkursu­sse.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa