GRONDSITTINGS: ANCISDIE PRO­BLEEM

Landbouweekblad - - Briewe -

Uit die af­ge­lo­pe sit­tings oor grond­her­vor­ming in Na­ma­kwa­land het ’n paar goed dui­de­lik ge­word. Die eer­ste is dat baie men­se die be­grip “grond­her­vor­ming” nie so mooi ver­staan nie. Daar is ge­ëis dat hul tra­di­si­o­ne­le grond wat aan hul voor­va­ders be­hoort het, aan hul­le te­rug­ge­gee word.

My vraag is: Aan wie moet dit te­rug­ge­gee word? Moet dit aan hul­le as ’n ge­meen­skap te­rug­ge­gee en in ’n trust be­waar word wat deur hul lei­er (stam­hoof, kap­tein of ko­ning) vol­gens sy ge­sag en na sy goed­dun­ke be­heer word?

As dít is wat hul­le vra, is dit nog geen grond­her­vor­ming nie. Hul­le bly pag­ters op grond waar­oor hul­le nie werk­lik be­heer het nie en bly uit­ge­le­wer aan die gie­re van ie­mand an­ders. Grond moet aan ’n in­di­vi­du ge­gee word met kaart en trans­port. Dít is wat hul­le moet vra. Net dan het grond­her­vor­ming plaas­ge­vind.

Dit het ook dui­de­lik ge­word dat die ANC-re­ge­ring die groot­ste vlieg in die salf is as dit by grond­her­vor­ming kom. Al die ge­meen­skap­pe in Na­ma­kwa­land wat kom vra het dat hul grond aan hul­le te­rug­ge­gee word, se grond be­hoort meest­al aan die staat en die res aan uit­ge­dien­de myn­maat­skap­pye.

Daar­die grond kan son­der om die Grond­wet te wy­sig en son­der om ver­goe­ding te be­taal, aan le­de van die ge­meen­skap­pe te­rug­ge­gee word. Hoe­kom sit­tings oor moont­li­ke wy­sings aan die Grond­wet hou? Hoe­kom nie op­hou geld mors en tot die daad oor­gaan en die grond met kaart en trans­port aan die le­de van die ge­meen­skap­pe oor­dra nie? Of klou die ANC nog al­tyd vas aan die A­fri­ka-tra­di­sie en Ju­li­us Ma­le­ma se stand­punt dat al­le grond aan die staat moet be­hoort? Is die he­le pro­ses van sit­tings hou net ’n ver­kie­sings­foe­fie?

Dit het ook dui­de­lik ge­word dat die ANC hom­self in ’n ne­te­li­ge po­si­sie ge­plaas het, want met die he­le kwes­sie van ont­ei­e­ning son­der ver­goe­ding het hy ’n mon­ster los­ge­laat wat baie moei­lik ge­stuit gaan word. Ten spy­te van mooi voor­ne­mens deur die ANC was daar reeds land­wyd po­gings om grond te gryp. Dit is dui­de­lik dat daar men­se is wat meen as die Grond­wet ge­wy­sig word so­dat ont­ei­e­ning son­der ver­goe­ding moont­lik is, sal hul­le links en regs grond kan gryp.

Ek is se­ker daar is baie men­se wat grond met ryk­dom ver­bind en meen as hul­le grond gryp, gaan hul­le ryk­dom daar­mee saam kry. Dit is wat in Zim­bab­we ge­beur het. Zim­bab­we sou van­dag baie be­ter af ge­wees het as hy die pad, soos voor­ge­stel in my vo­ri­ge brief (“Plan­ma­ti­ge her­vor­ming no­dig”, LBW, 6 Ju­lie 2018), ge­volg het. Die Re­ge­ring sal die he­le pro­ses wat nou ge­volg word, ver­sig­tig moet be­stuur, an­ders kan daar in die toe­koms groot pro­ble­me op ons mooi land wag. PETRUS ROUX Vil­liers­dorp

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.