ANGOLA | Groot groei ver­wag in land­bou­sek­tor

Landbouweekblad - - Nuus - — Xin­hua

Die land­bou in Angola gaan vol­gens dié land se mi­nis­ter vir e­ko­no­mie­se en maat­skap­li­ke ont­wik­ke­ling jaar­liks van 2018 tot 2022 teen 8,9% groei.

Mnr. Ma­nu­el Nu­nes Jú­ni­or voor­spel ook dat ver­vaar­di­ging met 5,9% sal groei, en so ook diens­te, ter­wyl vis­se­rye teen 4,8% sal groei en kon­struk­sie teen 3,8%.

Hy sê die land streef daar­na om self­voor­sie­nend te word wat voed­sel­pro­duk­sie be­tref ten ein­de nie meer van in­ge­voer­de kos af­hank­lik hoef te wees nie.

Nu­nes Jú­ni­or ver­wag dat die al­ge­he­le ge­mid­del­de jaar­lik­se groei vir e­ko­no­mie­se sek­to­re (wat die land se o­lie­sek­tor uit­sluit), van van­jaar tot 2022 op 5,1% sal s­taan. Die land is ’n groot o­lie­pro­du­sent en sy e­ko­no­mie is die af­ge­lo­pe paar jaar swaar ge­tref deur da­lings in die o­lie­prys.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.