VOOR­DE­LE VAN VOLKLEURAPPELS

Landbouweekblad - - Vrugte -

Be­ne­wens die voor­koms van die ap­pel­kul­ti­var Flash Ga­la wat be­mar­king be­voor­deel, het dit ook ’n ge­ne­tie­se voor­deel. Vol­gens mnr. Henk G­ries­sel van Tru-Ca­pe is die ge­streep­te kleu­re van die mees­te Ga­la­kul­ti­vars ge­neig om te­rug te slaan. Daar­om is daar par­ty Ga­la-boor­de oor die wê­reld heen waar­van tot 30% te­rug­ge­slaan het na die ge­ne van die ou­ers waar­uit die Ga­las oor­spronk­lik ge­teel is.

Die ge­ne­tie­se sa­me­stel­ling van die vol­rooi Flash Ga­la is van só ’n aard dat die kleurei­en­skap sta­biel is. “Net op hier­die en­ke­le voor­de­li­ge ei­en­skap van die Flash Ga­la sal die uit­pak­koers van die Flash Ga­la reeds 30% ho­ër wees as ’n nor­ma­le Ga­la, want daar sal nie ap­pels aan die bo­me hang wat weens ge­ne­tie­se af­wy­kings nie aan die kleur­ver­eis­tes vol­doen nie.

“Nog ’n voor­deel is die een­vor­mi­ge kleur. Aan­ge­sien Flash Ga­la ’n vol­rooi ap­pel is, is die ap­pel na­tuur­lik rooi en is die ver­kleu­ring nie af­hank­lik van ek­ster­ne fak­to­re nie. Die ap­pels ver­kleur dus ge­lyk. Dit be­te­ken ’n pro­du­sent hoef pluk­kers net een keer deur sy boor­de te s­tuur, pleks van ’n aan­tal ke­re na ge­lang van die ap­pels se kleur.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.