IN ’N BLIK

Landbouweekblad - - Nuus - FOTO: MELANIE UYS

WATERVIRLATER . Ver­le­de week se sneeu oor groot de­le van die WesKaap is nie net goeie nuus vir dam­vlak­ke nie. Die koue word ook deur vrug­te­boe­re ver­wel­kom, wie se bo­me vol­doen­de koue-een­he­de no­dig het vir ’n rus­tyd. Dor­man­sie be­skerm bo­me teen y­si­ge koue in die win­ter en laat hul­le toe om e­ner­gie op te berg. Die foto is op mnr. Jan-Pie­ter Re­de­ling­huys se ker­sie­plaas De­la­rey, so­wat 1 290 m bo see­vlak in die Ce­res-om­ge­wing, ge­neem. Die sneeu het Maan­dag so­wat 40 cm dik ge­lê op die plaas, waar pa­le reeds s­taan om eers­daags net­te op te rig. Hy ge­bruik net­te wat oop en toe kan skuif, on­der meer om te keer dat die ge­wig van sneeu die kon­struk­sie laat in­stort.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.