GROENTE

Landbouweekblad - - Inhoud - FOTO: C­HARL VAN ROOY­EN

Met sy aar­tap­pel­pro­duk­sie sal jy nie veel fout kan vind nie. Mnr. JP van den Berg, Noord­wes se Jong­boer van die Jaar, bly aan die voor­punt van siek­te­vrye be­stuur en gaan met re­spek met die om­ge­wing en men­se om.

S­paar­sa­mi­ge wa­ter­ge­bruik en ruim­skoot­se aan­dag aan maat­skap­li­ke ver­ant­woor­de­lik­he­de wat dik­wels méér as ei­e­be­lang tel, spreek dui­de­lik uit die wy­se waar­op Noord­wes se Jong­boer van die Jaar sy boer­de­ry be­dryf. Mnr. JP van den Berg vertel hoe hy op sy plaas voor­uit boer son­der om die om­ge­wing en sy men­se twee­de te stel.

Jy skop nie só ’n jong boer ag­ter el­ke bos uit nie; ver­al nie een wat al drie keer die af­ge­lo­pe vier jaar die bes­te kwe­ker van aar­tap­pel­moe­re in die he­le Suid-A­fri­ka was en toe ook as Noord­wes se Jong­boer van die Jaar be­kroon is nie – en steeds ne­de­rig bly en met groot re­spek van sy ou­ers en an­der voor­sa­te praat.

Mnr. JP (Ja­co­bus Petrus) van den Berg (31) was in 2015 ’n fi­na­lis in die pro­vin­sie se jong­boer­kom­pe­ti­sie en van­jaar wen hy toe. Hy het ook die kroon as Aar­tap­pels SA se moerk­wer­ker van die jaar in 2014, 2016 en 2017 ge­dra en was in 2015 ’n fi­na­lis. Voor­uit­gang be­hoort dus eint­lik sy twee­de naam te wees.

Die jong man het ná skool aan die U­ni­ver­si­teit van die Vry­staat in Bloem­fon­tein gaan stu­deer, waar hy ’n B.A­gric.-graad en hon­neurs in na­tuur­le­westu­dies be­haal het. Hy het daar­na by mnr. Johan G­rey­ling, ’n aar­tap­pel­boer van Chris­ti­a­na, ge­werk om prak­tie­se ken­nis van aar­tap­pel­boer­de­ry op te doen.

Daar het hy ken­nis van al die ver­tak­kings op­ge­doen – van vrag­mo­tor be­stuur tot al­le ta­ke in ’n pak­skuur. “Die plan was dat ek vir ons fa­mi­lie­boer­de­ry ’n aar­tap­pel­af­de­ling sou be­gin. Tot in daar­die sta­di­um het my pa, Koos, sy ploeg­lan­de uit­ver­huur,”

In 2009 het JP op die plaas be­gin boer. Die eer­ste jaar het hy 12 ha aar­tap­pels on­der ’n spil­punt ge­plant om moe­re te le­wer.

“Hier­die deel van Suid-A­fri­ka het ’n groot voor­deel vir moer­pro­duk­sie, want weens die re­la­tie­we af­son­de­ring van Tos­ca is hier ’n la­er siek­te­druk dank­sy baie min gas­heer­plan­te vir aar­tap­pel­siek­tes. Ons plant die moe­re in Ja­nu­a­rie en oes­tyd be­gin in Ju­nie. Ge­du­ren­de die koue win­ter en droë, vroeë so­mer word e­ni­ge siek­te­si­klus op die land ver­breek,” sê JP.

“Jy oes dus so gou moont­lik, aan­ge­sien die vat­baar­heid vir ver­al vi­rus­siek­tes daar­na toe­neem.”

Die af­weer van siek­tes is baie be­lang­rik. Daar­om plant hy eers ná 10-14 jaar weer aar­tap­pels op die­self­de land. Hoe lan­ger die ont­hou­dings­tyd­perk is, hoe be­ter.

OU­PA KOOP PLAAS

Ter­loops, JP is die der­de ge­slag op die plaas; ook die der­de Koos. Sy ou­pa Koos het eers trans­port ge­ry met die ont­wik­ke­ling van die Vaal­harts-be­sproei­ing­ske­ma in die1930-’40’s. Met dié geld en die geld wat hy met die ver­koop van vrag­mo­tors ge­kry het, wou hy grond koop.

By die ak­te­kan­toor op Vry­burg het die plaas­naam But­ter­me­re hom ge­val. Die plaas het aan die des­tyd­se R­ho­de­sie­se spoor­weë be­hoort. Met ’n ou vrag­mo­tor het hy en ’n land­me­ter in 1943 met ’n twee­spoor­pad tot 40 km van die plaas af ge­ry. Van daar moes hy ver­der met ’n ge­huur­de per­de­kar ry so­dat die land­me­ter die plaas­gren­se kon uit­wys.

So het hul­le tot op But­ter­me­re, 180 km

noord van Vry­burg, ge­vor­der waar ou­pa Koos deur die on­ge­rep­te na­tuur­skoon be­groet is – as­ook geen pad, huis, hei­ning óf boor­gat nie – net die na­tuur­skoon.

En kyk hoe lyk die plaas nou!

GEÏSOLEERDE GE­BIED

JP ver­meer­der moe­re vir Wes­grow op Chris­ti­a­na. Van­dag plant hy 63 ha aar­tap­pel­moe­re van 34 kul­ti­vars. Par­ty le­wer ’n op­brengs van tot 70 ton/ha, maar die ge­mid­del­de is 55 ton/ha. ’n Deel van die lan­de word aan proef­aan­plan­tings af­ge­staan om kul­ti­vars te e­va­lu­eer wat nog nie kom­mer­si­eel vir boe­re be­skik­baar is nie.

Die ver­meer­de­ring op But­ter­me­re ge­skied op ’n skaal van 1:10; met an­der woor­de die 63 ha wat hy ver­bou, kan die vol­gen­de jaar vir so­wat 630 ha se aan­plan­tings sorg.

JP ver­meer­der mi­nik­nol­le, ook be­kend as ge­ne­ra­sie 0, wat so­wat 45 ton/ha op­le­wer, en G1-moe­re (eer­ste­ge­slag­moe­re), wat on­ge­veer 65 ton/ha voort­bring. G0-moe­re kom van die Ras­cal-kweek­huis af en word dan ge­plant. Die op­brengs daar­van word ’n G1, mits dit aan die kri­te­ria vol­doen.

Die moe­re word 90 dae ná plant­tyd ge­oes.

SANDGROND SE VOOR­DE­LE

Sandgrond het ’n voor­deel vir aar­tap­pel­moer­pro­duk­sie om­dat dit nie so­veel wa­ter vas­hou nie en dus loog. Aar­tap­pels hou nie van aan­hou­den­de, sop­nat toe­stan­de nie. In sandgrond er­vaar die aar­tap­pels net vir kort tye nat­tig­heid ná be­sproei­ing of re­ën. Moe­re wat in sandgrond ge­kweek word, is ook baie skoon en min klei kleef aan die moe­re vas.

Daar is nie­te­min ook na­de­le ver­bon­de aan sandgrond weens die hoë ver­dam­pings­koers

in baie warm toe­stan­de en die uit­loog van plant­voe­ding­stow­we. Dus gee JP aan­vank­lik ge­reeld kor­rel­kuns­mis en la­ter vloei­ba­re kuns­mis en blaar­voe­ding.

“Die op­los­sing vir suk­ses­vol­le moer­pro­duk­sie is skoon, siek­te­vrye lan­de wat lank

ge­rus het, die plant van ge­ser­ti­fi­seer­de, siek­te­vrye moe­re en deur­gaan­se hand­ha­wing van streng hi­gi­ë­ne. Die sku­re word skoon ge­hou en ma­sji­ne­rie ge­reeld ont­smet, selfs voor hul­le na ’n vol­gen­de land be­weeg om siek­te­ver­sprei­ding te voor­kom,” sê hy.

JP hou die lan­de­rye voor plant­tyd vry van op­slag­aar­tap­pels en on­krui­de so­dat hy op ’n skoon land kan plant. Ter­wyl die ge­was groei, doen span­ne werkers sui­we­rings­werk deur e­ni­ge aar­tap­pel­plan­te wat stres toon te ver­wy­der so­dat dit nie as gas­heer vir plae kan dien nie. “Op But­ter­me­re streef ons na die ver­meer­de­ring van top­ge­hal­te moe­re wat méér as net aan die ver­wag­te kri­te­ria vol­doen. Dus plaas ons kwa­li­teit bo kwan­ti­teit.”

BE­SPAAR WA­TER

Aan­vank­lik het JP mie­lies di­rek ná aar­tap­pels ver­bou en daar­na ’n gras­ge­was ge­saai. In 2014 het hy op­ge­hou mie­lies plant om wa­ter te be­spaar; ook om­dat mie­lies nie meer wins­ge­wend ge­noeg was nie. Al die be­sproeings­wa­ter kom uit boor­ga­te wat on­ge­veer 80 me­ter diep is.

Dank­sy min­der wa­ter­ver­bruik kan hy nou met sy toe­ge­ken­de staats­wa­ter­kwo­ta deur­kom, wat met ’n me­ter ge­mo­ni­tor word.

JP is lid van Tos­ca se on­der­grond­se wa­ter­ver­brui­kers­ver­e­ni­ging. Hy neem el­ke Maan­dag ’n le­sing en s­tuur dit aan dié ver­e­ni­ging, wat dit dan aan die De­par­te­ment van Wa­ter en Sa­ni­ta­sie ver­skaf. An­der ver­brui­kers in die streek mo­ni­tor ook hul wa­ter­ver­bruik.

Die jong man loof die in­stan­sie vir die goeie werk wat ge­doen word om be­heer oor die ver­bruik van wa­ter uit te oe­fen. “Ek het ge­noeg wa­ter be­skik­baar om méér lan­de

te be­sproei, maar ek ver­kies om dit nie te ge­bruik nie. El­ke mens moet tot wa­ter­be­spa­ring by­dra. Dis my by­drae.”

JP sê hulp­bron­ne moet in oor­een­stem­ming met re­gu­la­sies ver­ant­woor­de­lik ge­bruik word so­dat dit vol­hou­baar kan wees.

NU­WE WIS­SEL­BOU­STEL­SEL

Se­dert hy nie meer mie­lies plant nie, is JP se wis­sel­bou­stel­sel nou een aar­tap­pel­oes, ge­volg deur ’n gras­aan­plan­ting be­staan­de uit wit­buf­fels-, blou­buf­fels- of bor­sel­tjie­gras op ver­skil­len­de lan­de. Dit is wei­ding vir die bees­te en re­ha­bi­li­teer ter­self­der­tyd die grond.

In goeie re­ën­ja­re kan die gras­sa­de ge­oes en ver­koop word. Daar­voor ge­bruik hy ’n werk­tuig, as­ook die plaas­per­so­neel se vroue vir wie hy só werk s­kep. Na ge­lang van die re­ën kan hy selfs hooi maak en die ba­le bê­re om ’n voer­bank vir min­der goeie sei­soe­ne op te bou.

Die pom­pe wat wa­ter uit JP se vyf boor­ga­te pomp, word met E­s­kom-krag aan­ge­dryf. Die wa­ter word eers na op­gaar­dam­me ge­pomp en van daar na die spil­pun­te. Daar is drie spil­pun­te van on­der­skei­de­lik 13 ha, 20 ha en 30 ha. Die lan­de is op die plaas se ver­ste wes­te­li­ke, oos­te­li­ke en noor­de­li­ke uit­hoe­ke.

Dit is vir JP ’n voor­reg dat al­bei sy ou­ers, Koos en E­ri­na, nog saam met hom op die plaas be­trok­ke is. Hy is oor­koe­pe­lend in be­heer en be­har­tig ook die ad­mi­nis­tra­sie, soos be­ta­lings, be­gro­tings en be­mar­king.

‘TEX­AS VAN SUID-A­FRI­KA’

Die ge­bied om Vry­burg is puik bees­wê­reld en word nie ver­niet as die Tex­as van Suid-A­fri­ka be­stem­pel nie. Beespryse op vei­lings is me­de­din­gend met die res van Suid-A­fri­ka s’n en gee soms die toon aan vir toe­koms­ti­ge pry­se, sê JP.

Siek­tes kom en gaan saam met die sei­soe­ne, maar oor die al­ge­meen het Vry­burg ’n lae siek­te­druk dank­sy die be­trek­lik droë kli­maat en koue win­ters wat die siek­te­ket­tings in ’n groot ma­te ver­breek.

Bos­lui­se is al­tyd deel van vee­boer­de­ry en sal nooit uit­ge­roei kan word nie. Dus is dit be­lang­rik om uit­wen­di­ge pa­ra­sie­te te be­kamp en mid­dels ver­ant­woor­de­lik te ge­bruik om te keer dat weer­stand ont­staan.

Boe­re moet ook weg­bly van vee­mid­dels wat mis­krui­ers en vo­ëls na­de­lig kan raak, ver­al re­nos­ter­vo­ëls wat baie bos­lui­se van die­re af­pik. Fi­san­te en ta­ren­ta­le skrop in bees­kra­le en be­kamp só plae. Dus moet hul­le ook be­skerm word.

Die kom­mer­si­ë­le vleis­bees­te op die plaas is uit­sluit­lik vir speen­kalf­pro­duk­sie. JP ver­koop die kal­wers op die ou­der­dom van agt maan­de van die moe­ders af as hul­le so­wat 260-270 kg weeg.

JP-hul­le het ook ’n Brah­manstoe­te­ry, But­ter­me­re Brah­ma­ne, vir die teel van stoet­bul­le wat ver­al van die plaas af ver­koop word.

GOEIE VOERVLOEI

Die aan­ge­plan­te wei­dings speel ’n be­lang­ri­ke rol om die plaas se dra­krag en voervloei te ver­be­ter. Op die na­tuur­li­ke wei­ding is die be­la­ding 10 hek­taar per groot­vee-een­heid (GVE) en op die aan­ge­plan­te wei­ding 7 ha/ GVE, met ’n ge­mid­del­de lang­ter­myn­d­ra­krag van 9 ha/GVE “om vei­lig te speel”.

But­ter­me­re se 2 633 ha word aan­ge­vul met on­ge­veer 3 500 ha huur­grond.

Die boer­de­ry het ’n ge­re­gis­treer­de aan­hou­dings­kamp vir mak wild. Daar maak hul­le be­seer­de wild ge­sond, soos gems­bok­ke, e­lan­de, koe­does en spring­bok­ke. As hul­le ge­sond of ge­re­ha­bi­li­teer is, ver­koop JP weer die die­re.

Daar is ook ’n kamp vir vlak­te­wild, soos gems­bok­ke, wat nie draad­spring nie. Bil­tong­jag­ters kom ge­reeld op die plaas jag, vir wie JP ’n hout­huis in stand hou.

HOENDERBOERDERY SE ROL

Die boer­de­ry het se­dert 1994 ook ’n hoenderboerdery en ’n ge­re­gis­treer­de a­bat­toir. Die pro­duk­sie word be­paal deur die vraag op die mark.

Die daag­lik­se slag­ver­moë is 300 braaihoenders. Dit is moei­lik vir klein, pri­va­te a­bat­toirs om met gro­ter ver­skaf­fers mee te ding son­der om ge­hal­te in te boet. Dus is But­ter­me­re Hoen­ders tans 90% in­ge­stel op werk­skep­ping vir die vroue van plaas­per­so­neel. Die mees­te van die braaihoenders word plaas­lik ver­koop of in die boer­de­ry self ge­bruik.

Die per­so­neel – 16 heel­tyd­se werkers en 120 sei­soe­na­le werkers – het kon­trak­te. Hul sa­la­ris­se is me­de­din­gend en dik­wels ho­ër as die voor­ge­stel­de mi­ni­mum loon. Twee ge­ba­lan­seer­de e­tes word daag­liks aan die per­so­neel voor­sien.

Die werkers word vir goeie pres­ta­sie vergoed en kry bo­nus­se as hul­le hul doel­wit­te be­haal. El­ke per­so­neel­lid se doel­wit word in­di­vi­du­eel met hom be­spreek en is haal­baar. JP sê dit help nie om ’n on­re­a­lis­tie­se mik­punt te stel nie, want dan breek dit die wer­ker se moed. Hy het ook ’n ver­lof­stel­sel en bied huis­ves­ting, wa­ter en e­lek­tri­si­teit.

JP is ook op an­der ge­bie­de by die per­so­neel be­trok­ke, soos om hul­le by te s­taan as hul­le siek word en hul­le te help om by die win­kels te kom. Die kin­ders word na die skool op die dorp ver­voer. Hy skenk bul­le vir teel­doel­ein­des aan die plaas­li­ke ge­meen­skap wat bees­te op meent­grond laat loop.

TEG­NO­LO­GIE EN WE­TEN­SKAP

JP sê teg­no­lo­gie is baie be­lang­rik in die land­bou en boe­re moet hul­self al­tyd op die hoog­te van nu­we ont­wik­ke­lings hou. Dit sorg vir die hoog­ste op­brengs­te per hek­taar. “In die toe­koms gaan dit nóg be­lang­ri­ker word na­ma­te meer kos op min­der grond ge­le­wer moet word.”

Teg­no­lo­gie moet tot wins­ge­wend­heid by­dra, maar die boer moe­nie die be­lang­rik­heid van sy maat­skap­li­ke ver­ant­woor­de­lik­heid ver­geet nie. JP sê as sy be­re­ke­nings wys dit is fi­nan­si­eel die moei­te werd om by­voor­beeld ’n nu­we aar­tap­pel­uit­ha­ler te koop wat hom­self bin­ne vyf jaar sal af­be­taal, sal hy dit nie nood­wen­dig doen nie. Die maat­skap­li­ke as­pek is ewe be­lang­rik, naam­lik om werk te ver­skaf.

“Ek moet al­tyd my maat­skap­li­ke ver­ant­woor­de­lik­he­de teen­oor my men­se en an­der men­se in die ge­meen­skap na­kom. Dus neem ek sul­ke be­slui­te met die ge­meen­skap se be­lan­ge in ge­dag­te.”

Mnr. JP van den Berg

BO: JP plant 63 ha aar­tap­pel­moe­re wat uit 34 kul­ti­vars be­staan. Par­ty le­wer ’n op­brengs van tot 70 ton/ha, maar die ge­mid­del­de is 55 ton/ha.

INLAS: ’n Deel van die lan­de word aan proef­aan­plan­tings af­ge­staan om kul­ti­vars te e­va­lu­eer wat nog nie kom­mer­si­eel op die mark be­skik­baar is nie, soos hier­die pers aar­tap­pel­kul­ti­var. Die boer­de­ry het ook ’n Brah­manstoe­te­ry, But­ter­me­re Brah­ma­ne, vir die teel van stoet­bul­le wat van die veld af ver­koop word, of vir eie ge­bruik in die kom­mer­si­ë­le kud­de.

Ter­wyl die aar­tap­pels groei, doen span­ne werkers sui­we­rings­werk deur aar­tap­pel­plan­te wat stres toon, te ver­wy­der so­dat dit nie as gas­heer vir plae kan dien nie.

Saad van die aan­ge­plan­te wit­buf­fels-, blou­buf­fels- en bor­sel­tjie­gras word in goeie re­ën­ja­re ge­oes en ver­koop. JP s­taan hier in ’n land wit­buf­fels­gras.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.