Ash­ton se plan­ma­ker: ‘Ek koop niks wat ek self kan maak nie!’

Hy koop nie ’n ding wat hy self kan maak nie, sê mnr. Ma­rais B­rink van Ash­ton. Hy is al­tyd op soek na af­val­ma­te­ri­aal waar­mee hy werk­tuie en plaas­toe­rus­ting kan bou.

Landbouweekblad - - Inhoud - NA­VRAE: Mnr. Ma­rais B­rink, sel 072 278 6920.

Op die wyn-en-vrug­te­plaas Roux­va­le het mnr. Ma­rais B­rink al al­les van sleep­wa­en­tjies, wip­wa­kar­re en duur­sa­me hout­kas­te tot rot­tangs­kink­bor­de en sy eie koel­ka­mer self ge­bou. In die mees­te ge­val­le ge­bruik hy boon­op af­val­ma­te­ri­aal of wins­ko­pies wat hy op vei­lings of an­der pla­se op­pik.

“As jy be­reid is om iets self te doen, kom jy ag­ter hoe­veel geld jy kan spaar,” sê Ma­rais.

“’n Mens kan e­nig­iets maak – jou oë moet net oop wees.”

Die B­rink-fa­mi­lie boer se­dert 1954 in Ash­ton, toe Ma­rais se pa, De­on, sy eer­ste 50 morg land­bou­grond ge­koop en win­ger­de ge­ves­tig het.

Hul­le het met ver­loop van ja­re grond ge­koop en met ap­pel­ko­se en per­skes uit­ge­brei, maar is tans weer op ver­al wyn toe­ge­spits.

Ma­rais se seun, ook De­on, het in 2011 Ma­rais se prak­tie­se boer­de­ry­be­dry­wig­he­de op Roux­va­le be­gin oor­neem.

Ma­rais woe­ker steeds met bou- en hand­werk­pro­jek­te op die plaas.

EIE BLAAS­BALK

Een van Ma­rais se nuut­ste pro­jek­te is ’n blaas­balk om ys­ter mee te ver­hit en buig­saam te maak. “Ek het des­tyds een ge­had, maar dit het met­ter­tyd tot niet ge­gaan. Toe ek weer ’n blaas­balk no­dig ge­had het, kon ek nê­rens een kry nie.”

Ma­rais het toe ’n ou swa­el­balk, PVC- en ys­ter­py­pe en ’n ploeg­skot­tel ge­bruik om een te bou. Swa­el­balk. Wyn­boe­re het des­tyds dié stuk­kie toe­rus­ting ge­bruik om swa­el in poei­er­vorm op win­ger­de toe te dien. “Jy sit die swa­el bo in en draai die slin­ger,” ver­dui­de­lik Ma­rais. “Dit word dan deur ’n pyp met ’n plat kop uit­ge­blaas.”

By hier­die boe­re­plan is daar eg­ter geen swa­el be­trok­ke nie – die swa­el­balk blaas net lug deur die pyp so­dat die ko­le ver­hit.

Om ’n swa­el­balk in die han­de te kry, moet boe­re net hul oë oop­hou. “Win­gerd­swa­el het half uit die mo­de ge­raak – par­ty men­se werk nog daar­mee, maar hul­le ge­bruik eer­der ’n spuit­pro­gram met be­nat­ba­re swa­el as die poei­er­vorm. Jy moet eg­ter net op pla­se gaan

soek – daar lê nog baie swa­el­bal­ke.”

Py­pe. Ma­rais het die swa­el­balk se plat kop af­ge­haal en die pyp met PVC-py­pe en -elm­boë ver­leng. So­wat 50 cm weg van die rand van die ploeg­skot­tel is die pyp van staal so­dat dit nie smelt nie.

Ploeg­skot­tel. Die pyp heg uit­ein­de­lik on­der­aan ’n ou ploeg­skot­tel, wat op drie vas­ge­sweis­de be­ne s­taan. ’n Plaat­jie is oor die o­pe­ning ge­sweis. Daar is gaat­jies bo-op en aan die kant ge­boor so­dat die wind be­hoor­lik deur die ko­le ver­sprei. Ma­rais gooi die he­le skot­tel vol smid­sko­le en steek dit met ’n stuk­kie vuur­aan­ste­ker aan. Bin­ne so­wat tien mi­nu­te is die ko­le reg om ys­ter rooi­warm te maak. Na­ma­te die ko­le in die mid­del uit­brand, krap hy hul­le uit en voeg nu­we ko­le om die bui­ten­ste rand by.

Met dié blaas­balk maak Ma­rais on­der meer self sy stomp toe­rus­ting skerp. Hy buig en bou ook tans aan ’n stoep­ban­kie.

LAE LAAI­BANK

Ma­rais het uit af­valys­ter en ’n vrag­mo­tor se voor­as ’n ste­wi­ge laai­bank ge­bou waar­op hy ’n vurk­hy­ser bin­ne ’n mi­nuut kan laai. Die laai­bank is 1,35 m breed en 4,2 m lank (loop­plank uit­ge­sluit): 2,5 m van die ag­ter­kant tot by die keer­vlak, plus die dis­sel­boom­ge­deel­te van 1,7 m. Die mak­si­mum laai­ver­moë is so­wat 2,5 ton.

Voor­as. Ma­rais het die draai­me­ga­nis­me van die vrag­mo­tor se voor­as ver­wy­der so­dat die wie­le net reg­uit loop. Hy het die so­lie­de as (70 mm x 70 mm) tot so na as moont­lik aan die grond laat sak. Pleks daar­van dat dit tus­sen die mid­del­pun­te van die twee wie­le loop, is dit net ’n skre­fie bo die wiel se vel­ling. Hier­die reg­af stuk is ook uit ’n so­lie­de as (70 mm x 70 mm) ge­maak en is aan ’n ka­naal­ys­ter-ver­ster­king vas­ge­sweis. Die ho­ri­son­ta­le as loop on­der deur die bak­werk, net so­wat 30 cm bo die grond. Dit ver­ge­mak­lik die laai van die swaar vurk­hy­ser.

Loop­plank. Die twee loop­plan­ke is los van die bak­werk en word met ’n bout vas­ge­steek as dit wél ge­bruik word. Elk­een is ge­maak uit drie U-vor­mi­ge ka­naal­ys­ters (100 mm x 30 mm) wat aan me­kaar ge­sweis is.

Bak­werk. Die bak­werk van die laai­bank is uit U-vor­mi­ge ka­naal­ys­ters (100 mm x 30 mm) ge­maak. ’n Dun re­ling loop al langs die rand.

Dis­sel­boom. Die dis­sel­boom moet “bit­ter sterk” wees om die ge­wig van ’n vurk­hy­ser te dra. Ma­rais be­skou U-vor­mi­ge ka­naal­ys­ter (50 mm x 100 mm) as die mi­ni­mum ver­eis­te.

Die laai­bank is uit af­valys­ter ge­maak en die groot­ste uit­ga­we was die sweis­sta­we en sly­plem­me (grin­der bla­des).

AN­DER PRO­JEK­TE

Ge­lyk­ma­ker. Ma­rais het ’n ge­lyk­ma­ker (le­ve­ler) vir paaie en lan­de vir min­der as R5 000 ge­bou. Die wie­le was die groot­ste uit­ga­we, en hy het ver­der net af­valys­ter en ’n pad­skra­per­lem daar­voor ge­bruik. Die werk­tuig is 3,2 m lank en 2,4 m op sy breed­ste punt (die pad­skra­per­lem). Die breed­te van die wiel­ge­deel­te is 1,6 m. Die wie­le is klein, want die las daar­op is mi­ni­maal. Dit is om­dat die skra­per die mees­te van die ge­wig dra. Die skra­per be­staan uit twee hoek­ys­ters (80 mm x 120 mm) bo-op ’n so­lie­de pad­skra­per­lem. Be­ne­wens die stut­te, wat van so­lie­de ron­de ys­ter ge­maak is, is die werk­tuig van hoek­ys­ter (10 mm x 70 mm) ge­maak. Die dis­sel­boom moet ver­al sterk wees.

Stoe­le. Toe sy klein­kin­ders se skool ’n nu­we bus ge­koop en die mo­tor­huis skoon­ge­maak het vir staan­plek, het Ma­rais ’n stel erg ge­ha­wen­de skool­stoe­le ge­koop. Hy het die stuk­ken­de sit­plek­ke en rug­le­nings af­ge­haal en nu­wes ge­maak. Om die rug­le­ning se ron­ding te kry, het hy een stuk hout om ’n 2 000 l-die­sel­tenk ge­draai, vas­ge­trek en met lym ge­smeer. Toe draai hy ’n twee­de stuk hout om die tenk. Toe hy dit la­ter los­maak en in stuk­ke saag, het dit die reg­te ge­lei­de­li­ke ron­ding ge­had.

On­kruid­do­der­pomp. ’n On­kruid­do­der­pomp kan jou tot R50 000 kos. Ma­rais het dié stuk­ken­de tenk vir R2 000 ge­koop en vir R3 500 met glas­ve­sel laat oor­trek. Hy het die on­der­stel uit af­valys­ter ge­maak en die pomp a­part ge­koop en op­ge­sit.

’n Tuis­ge­maak­te blaas­balk ge­maak van ’n ou swa­el­balk, PVC- en ys­ter­py­pe en ’n ploeg­skot­tel vol smid­sko­le.

Mnr. Ma­rais B­rink draai die swa­el­balk se slin­ger.

Só lyk dit in die swa­el­balk. Dit word net ge­bruik om lug deur die pyp te stoot – daar is geen swa­el be­trok­ke nie.

Dié rooi­warm ys­ter­staaf gaan in ’n stoep­ban­kie om­skep word.

Die uit­laat op die ploeg­skot­tel se bo­dem (ge­woon­lik toe on­der die ko­le).

’n Ste­wi­ge laai­bank vir vurk­hy­sers, ge­bou uit af­valys­ter en ’n vrag­mo­tor se voor­as.

Die as is tot ’n skre­fie bo die wiel se vel­ling laat sak, pleks daar­van dat dit tus­sen die mid­del­punt van die twee wie­le deur­loop.

Die loop­plank word met ’n bout vas­ge­pen.

BO: Die ge­lyk­ma­ker se wie­le het die mees­te ge­kos.

Ma­rais het ’n stuk­ken­de tenk met glas­ve­sel laat oor­trek en dié net­jie­se on­kruid­do­der­pomp self ge­maak.

ON­DER: Die pad­skra­per­lem word met twee stut­te ver­sterk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.