Ma­nie

Landbouweekblad - - Inhoud -

VIR Ma­nie is die bru­cel­lo­se-kri­sis in die land ’n bie­tjie soos die treu­ri­ge stand van po­li­sie­kan­to­re, towns­hip-sko­le, staats­hos­pi­ta­le en die mees­te kan­to­re van die De­par­te­ment van Bin­ne­land­se Sa­ke. Dit is al so lank só ’n groot pro­bleem, jy rol eint­lik maar net jou oë as ie­mand dit noem.

Maar die sto­ries wat Ma­nie se kol­le­ga hom vertel het ná hy ’n draai ge­maak het by die Suid-A­fri­kaan­se Vee­art­se­ny­kun­di­ge Raad se kon­gres ver­le­de week, was hy som­mer van voor af be­swaard.

Vol­gens dr. Ja­cob Mo­dumo, di­rek­teur vir sa­ke-ont­wik­ke­ling by On­der­ste­poort Bi­o­lo­gie­se Pro­duk­te (OBP), ver­vaar­dig dié maat­skap­py tans so­wat 700 000 do­sis­se ent­stof teen bru­cel­lo­se per jaar. Daar­van word die helf­te na Botswa­na uit­ge­voer. Hoe­kom dan so min ent­stof as am­per drie mil­joen ver­se in die land in­ge­ënt moet word?

Want, was Mo­dumo se ant­woord, die maat­skap­py kry nie ge­noeg be­stel­lings nie. Hy sê die OBP kan mak­lik so­veel ent­stof ver­vaar­dig. Daar s­taan ’n he­le ver­vaar­di­gings­lyn en splin­ter­nu­we vries­droog­toe­rus­ting en wag. Maar dié pe­per­duur ba­tes lê en stof ver­ga­der om­dat boe­re nie meer die OBP ver­trou om be­tyds ge­noeg ent­stof te ver­vaar­dig nie.

Geen kom­mer­si­ë­le boer kan im­mers sy of haar kud­de in ge­vaar stel deur ’n ver­vaar­di­ger te ver­trou wat hom al keer op keer in die ver­le­de in die steek ge­laat het nie.

Op die­self­de kon­gres het dr. T­rish Og­les­by, voor­sit­ter van die Her­kou­er­ve­te­ri­nê­re Ver­e­ni­ging, wel ge­sê die OBP het oor die af­ge­lo­pe paar jaar groot vor­de­ring ge­toon wat be­tref die be­skik­baar­heid, hoe­veel­heid en ge­hal­te van sy ent­stow­we. “Daar is nog hier en daar pro­ble­me, maar die maat­skap­py ver­dien er­ken­ning vir die ma­nier waar­op hy pro­ble­me met ver­skaf­fing reg­stel,” het sy ge­sê.

Ma­nie hoor self goeie goed oor die vor­de­ring by die OBP se­dert ’n nu­we di­rek­sie vol be­dryfs­ken­ners net min­der as ’n jaar gelede aan­ge­stel is. Ma­nie be­gryp ook dit duur tyd om ’n sleg­te naam te her­stel. Dit is hier waar die OBP se groot op­draan­de stryd nou lê.

BAKLEI GAAN NIE HELP NIE

Daar is ’n tyd om te baklei en ’n tyd om te aan­vaar, het Ma­nie weer die af­ge­lo­pe week be­sef toe hy by ’n paar in­ter­net­fo­rums vir Suid-A­fri­kaan­se vuur­wa­pe­n­ei­e­naars gaan in­loer het. Die man­ne is te­reg ont­steld ná die Grond­wet­hof ver­le­de maand in ’n kort uit­spraak ge­las het die wit vuur­wa­pen­li­sen­sie het ver­val as ’n mens na­ge­laat het om dit be­tyds te laat her­nu. Daar­die vuur­wa­pens is dus nou on­wet­tig. Fi­nish en klaar.

Die reg­ters het nie be­lang ge­stel in die ar­gu­men­te dat die SA Po­li­sie­diens se sen­tra­le vuur­wa­pen­re­gis­ter en die af­ge­skeep­te net­werk po­li­sie­kan­to­re wat die vuur­wa­pen­wet moet toe­pas, een­vou­dig nie die mas kan op­kom met die daag­lik­se be­stuur van vuur­wa­pens nie.

Ook nie in die feit dat die hui­di­ge be­stel ver­skil­len­de vuur­wa­pe­n­ei­e­naars aan ver­skil­len­de stan­daar­de oor­deel nie. Die­ge­ne wat van­af 1969 tot 2000 ’n vuur­wa­pen in­ge­vol­ge die ou wet ge­li­sen­si­eer het en met die in­wer­king­stel­ling van

die nu­we wet nie hul li­sen­sies laat om­ska­kel het nie, se li­sen­sies is steeds gel­dig. Die Wet op Wa­pens en Am­mu­ni­sie (Wet 75 van 1969) het veel min­der streng voor­waar­des ge­stel as die nu­wer wet. Om­dat sul­ke li­sen­sies nie her­nu hoef te word nie, be­te­ken dit daar is nog tal­le vuur­wa­pens in wet­ti­ge be­sit van men­se wat dit mis­kien ja­re laas ge­bruik het en oor die ja­re hul be­dre­wen­heid en vei­lig­heids­be­wust­heid ver­loor het.

DIE WERKLIKHEID

Hoe on­reg­ver­dig en on­re­de­lik jy as ’n vuur­wa­pe­n­ei­e­naar die uit­spraak be­skou, gaan jy nie som­mer ’n uit­spraak met agt grond­wet­hof­reg­ters se hand­te­ke­nings om­ge­keer kry nie. En om ver­der mod­der te gooi na ’n po­li­sie­diens wat reeds ’n duis­ter­nis hof­ge­din­ge moet ver­de­dig en deur­loop on­der die ver­skrik­lik­ste po­li­tie­ke in­men­ging, kor­rup­sie, wan­be­stuur en te min geld, gaan jou ook niks in die sak bring nie.

Daar­om stem die praat­jies tans van vuur­wa­pen­druk­groe­pe Ma­nie iet­wat on­rus­tig. Som­mi­ge men­se meen om­dat daar nog nie ’n di­rek­tief uit die na­si­o­na­le po­li­sie­kom­mis­sa­ris se kan­toor ge­kom het wat al­mal met ver­val­de, wit vuur­wa­pen­li­sen­sies aan­sê om hul wa­pens da­de­lik by hul naas­te po­li­sie­kan­toor te gaan in­gee nie, kan jy dit voor­lo­pig in jou kluis hou en wag op am­nes­tie.

Een groep het reeds be­gin geld in­sa­mel vir ’n in­ter­dik-aan­soek om die in­neem van vuur­wa­pens te stuit. Die groep wil ook ’n hof­aan­soek bring wat die ver­plig­te her­nu­wing van vuur­wa­pen­li­sen­sies af­skaf.

Som­mi­ge men­se dink die ver­wy­sing na die ou, groen li­sen­sies in die na­si­o­na­le kom­mis­sa­ris se brief aan pro­vin­si­a­le po­li­sie­hoof­de be­te­ken dié li­sen­sies is gel­dig – selfs as dit in­tus­sen met ’n wit een ver­vang is. (Lees meer hier­oor op bl. 18.)

Die bes­te ding wat vuur­wa­pe­n­ei­e­naars – as in­di­vi­due én in groe­pe – nou kan doen, is om te be­sef die reg­ters van die Grond­wet­hof tak­seer hul­le aan ho­ër stan­daar­de as ge­wo­ne men­se. Hul­le moet der­hal­we dien­oor­een­koms­tig op­tree.

VIR DIE WERKERS

Ná die mooi re­ën in die Wes-Kaap is dit mak­lik om te ver­geet die droog­te sleep nog el­ders voort. Ma­nie ge­sels die an­der dag met ’n boer­vrou uit die Ka­roo. Sy vertel oor haar be­sef dat haar klein span­ne­tje werkers se mo­reel ook maar met­ter­tyd af­ge­ta­kel word deur die on­se­ker­heid, die on­ty­di­ge, kna­en­de wes­te­wind wat die kaal veld nog ver­der ver­niel en die een­to­ni­ge, daag­lik­se ske­du­le van voer, voer en nog­maals voer – meer om die vee en wild aan die le­we te hou as vir pro­duk­sie.

Sy be­sef toe sy moet ver­sig­tig wees dat haar moe­de­loos­heid nie oor­spoel na selfs die min­ste ge­skool­de van haar werkers nie.

Nou hou sy hul­le in­ge­lig, son­der om in te veel de­tail in te gaan, oor wat be­sig is om te ge­beur. Met die be­sef dat bui­ten­ge­wo­ne om­stan­dig­he­de bui­ten­ge­wo­ne plan­ne verg, is hul­le ook meer ge­neig om as ’n span saam te werk. Dit neem baie van die druk van haar af.

Wat vir Ma­nie ver­al mooi is, is die nu­we ge­woon­te van elk van die werkers om vroeg­og­gend iets mooi uit te wys – ’n son­op­koms, ’n wolk­for­ma­sie of ’n koei wat pas ge­kalf het.

Dit kan dalk niks op­los nie, maar dit gee al­mal net ’n bie­tjie meer moed vir die dag.

HO-NOU!

’n Ag­ter­vel­der uit ’n ver­la­te deel van die wê­reld be­land in die kom­par­te­ment saam met ’n En­gel­se pries­ter, net­jies ge­klee in een van daar­die hem­de wat tot bo toe­knoop. Hy vra hom hoe­kom hy sy hemp ver­keerd om dra. “Om­dat ek ’n va­der is,” sê die pries­ter.

“Maar ek is ook ’n va­der, en ek dra my hemp reg,” sê die ag­ter­vel­der.

“Ja, maar ek is die va­der van dui­send,” sê die pries­ter.

Waar­op die ag­ter­vel­der ant­woord: “Hel, dan is dit dalk tyd dat jy jou broek óók ver­keer­dom be­gin dra!”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.