Plaas­ver­ko­pe

Landbouweekblad - - Inhoud - — JO­HANN BORNMAN

Die vol­gen­de ont­le­ding van grond­ver­ko­pe in Suid-A­fri­ka is van tran­sak­sies in die OosKaap vir die 12 maan­de tot Maart vir grond van meer as 10 ha.

In dié tyd is da­len­de grondpryse in tal­le distrikte (40%) aan­ge­te­ken – ’n dui­de­li­ke te­ken van die moei­li­ke boer­de­ry­toe­stan­de.

In dié tyd­perk is 361 oor­een­koms­te in 35 distrikte ge­sluit. Al­te­sa­me 255 285 ha is teen R2,191 mil­jard ver­han­del. Daar­van was 55 tran­sak­sies van kleur – 15% van die to­taal. Dit be­hels 20 565 ha, of­te­wel 8,1% van die to­taal, teen R280 mil­joen. Twee van die tran­sak­sies was vir land­bou­doel­ein­des en 43 tus­sen in­di­vi­due. Al­te­sa­me ne­ge tran­sak­sies val bui­te die land­bou.

Uit die to­taal was 93 (26%) van die tran­sak­sies vir grond van min­der as 50 ha met die mees­te (181, of­te­wel 50%) vir grond van meer as 300 ha. S­ta­tis­tie­ke vir ál die pro­vin­sies is op Land­bou.

com be­skik­baar, as­ook meer be­son­der­he­de, soos wie die tran­sak­sies aan­ge­gaan het. Klik op plaas­ver­ko­pe. Dit be­hels: S­ta­tis­tie­ke. Be­son­der­he­de oor al­le plaas­ver­ko­pe bin­ne ’n dis­trik. Ont­le­ding van die rand­waar­de per hek­taar van tran­sak­sies in el­ke dis­trik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.