Pekanneute: Is die Wa­ter­berg die vol­gen­de groei­punt?

Daar is geen keer aan pekanneute nie. Hoewel die Wa­ter­berg-om­ge­wing te­kort skiet aan wa­ter, is daar tal­le fak­to­re wat guns­tig is vir ’n in­kom­ste van R150 000 tot R250 000

Landbouweekblad - - Inhoud -

Hoewel die Vaal­harts­om­ge­wing in die Noord-Kaap Suid-A­fri­ka se groot­ste en ver­naam­ste pe­kan­neut-pro­duk­sie­ge­bied is, le­wer die Wa­ter­berg-om­ge­wing in Lim­po­po ’n al hoe groter by­drae tot die land se aan­plan­tings.

Een van die men­se wat ’n sleu­tel­rol in die aan­plan­ting van pekanneute in Lim­po­po speel, is mnr. I­van Ot­to, voor­sit­ter van die

Suid-A­fri­kaan­se Pe­kan­neut-pro­du­sen­te­ver­e­ni­ging (Sap­pa) in Lim­po­po.

Ot­to het 160 ha on­der pekanneute op sy plaas na­by Mo­di­mol­le en hy ver­skaf deur sy kwe­ke­ry plant­ma­te­ri­aal aan boe­re tot in M­pu­ma­lan­ga se La­e­veld.

On­danks die pas waar­teen pekanneute in Lim­po­po aan­ge­plant word, sê Ot­to die streek is eint­lik baie on­der­ont­wik­kel wat pekanneute be­tref. Dees­dae is daar een of twee ver­wer­kers in Gauteng, maar die mees­te neu­te wat in Lim­po­po ver­bou word, word steeds na Vaal­harts ver­voer.

Die Wa­ter­berg-om­ge­wing is baie ge­skik vir pekanneute en bo­me aard goed. Die groot­ste be­per­king, sê Ot­to, is wa­ter. Daar is nie ’n groot be­sproei­ing­ske­ma soos by Vaal­harts nie, hoewel Gro­blers­dal se be­sproei­ing­ske­ma ook taam­lik baie pe­kan­aan­plan­tings het.

Of­skoon die pe­kan­boom baie wa­ter no­dig het, aard die mees­te kul­ti­vars nie in hoë hu­mi­di­teit nie. In sul­ke dele moet ’n mens kul­ti­vars plant wat nie neig om skurf­siek­te te kry nie. Ot­to vertel dat boe­re in stre­ke met ’n hoë hu­mi­di­teit, soos die La­e­veld, wel pekanneute op laag­ge­leë dele plant waar dit te koud word vir ma­ka­da­mi­as en a­vo­ka­do’s. Daar sal hul­le kul­ti­vars soos U­ku­lin­ga plant, want dit bied goeie weer­stand teen skurf­siek­te. Ander kul­ti­vars wat op sul­ke plek­ke aard, is Bar­ton en Su­tex.

KIES JONG BOOMPIES REG

Ot­to sê die weg­spring­blok­ke vir ’n suk­ses­vol­le pe­kan­neut­boer­de­ry is om die reg­te bo­me en die reg­te ver­sa­me­ling kul­ti­vars te plant.

Vir hom is dit baie be­lang­rik om sy klan­te goeie raad te gee wan­neer hul­le nu­we boor­de ve­s­tig.

Hy praat uit er­va­ring van duur les­se wat hy op sy eie plaas ge­leer het. “Hier by my het ek ’n boord van so­wat 1 600 bo­me wat reeds ge­ves­tig was toe ek die plaas ge­koop het. On­ge­luk­kig is van daar­die bo­me saai­lin­ge wat nooit ge­ënt was nie. Dit duur baie lank vir sul­ke bo­me om in pro­duk­sie te kom en hul­le dra dan min, klein en harde neu­te.”

Pe­kan­neut­bo­me is soos a­vo­ka­do’s en par­ty

ander boom­ge­was­se wat ’n heel ander kul­ti­var as die saai­ling op­le­wer. Daar­om moet ’n mens spe­si­fie­ke plant­ma­te­ri­aal op saai­ling­on­der­stam­me ent om die ge­wens­te kul­ti­var voort te bring.

Ot­to sê dit is be­lang­rik dat voor­ne­men­de ko­pers hul­le ver­ge­wis van die ge­hal­te van die bo­me wat deur kwe­kers aan­ge­bied word. ’n Goeie ver­trek­punt is om op die Sap­pa­web­werf te gaan na­lees oor die ver­e­ni­ging se bo­om­stan­daar­de vir kwe­ke­rye. Dan sal die

voor­ne­men­de ko­per weet om uit te vra oor boom­groot­te met ’n spe­si­fie­ke ver­wy­sing na stam­dik­te en ander ge­hal­te-aspek­te.

Ot­to ge­bruik hoof­saak­lik U­ku­lin­ga-saad om on­der­stam­me te kweek. Daar is ander kul­ti­vars wat ook ge­skik is vir on­der­stam­me, soos Ri­ver­si­de, maar U­ku­lin­ga aard goed in Suid-A­fri­ka. Hy laat die saai­lin­ge twee jaar lank uit­groei voor­dat hy dit af­sny en ander kul­ti­vars daar­op ent.

Bo­me word van Sep­tem­ber af ge­ënt. Ot­to sê vol­gens sy er­va­ring kan ’n mens aan­vaar dat so­wat 60% van die en­te gaan slaag in­dien jy weet wat jy doen. Om te o­ku­leer is meer ge­slaag, maar dit kan eers la­ter in die sei­soen ge­doen word wan­neer daar nu­we uit­loop­sels is. Dan is die bo­me se groei­tyd korter. Dit kan dus eers ’n jaar la­ter as ge­ën­te bo­me bemark word.

Bo­me wat op twee jaar oue on­der­stam­me ge­ënt is, kan ’n jaar la­ter bemark word. Dit het dan al ’n mooi stam en groei sterk wan­neer ’n mens hul­le uit­plant, sê Ot­to. Teen die hui­di­ge tem­po sal hy oor so­wat ’n jaar el­ke jaar heel­wat meer sul­ke boompies kan le­wer.

Deur met sterk, ge­son­de jong bo­me te be­gin, kan boe­re vroe­ër in pro­duk­sie wees en só ’n paar jaar wen op ’n baie lang wag­tyd­perk vir bo­me om op­ti­ma­le pro­duk­sie te be­reik. “Ons kry so­wat 1 kg tot 2 kg neu­te per boom van ons vyf­ja­ri­ge bo­me af en be­gin eers in die agt­ste jaar ge­lyk speel.”

Pekanneute raak van die tien­de jaar af reg­tig wins­ge­wend, maar Ot­to sê ’n mens kan die pro­ses ver­kort deur goed na jou bo­me om te sien. “Jy kan ’n boom bin­ne agt jaar tien jaar oud maak, of oor twaalf jaar tien jaar oud maak, dit hang af hoe jy vir hom sorg.”

DIE REG­TE KUL­TI­VARS

Ot­to sê baie boe­re maak die fout om hul bo­me af te skeep in die wag­ja­re om­dat die bo­me nie geld ver­dien nie. Hy sê dit ver­traag eg­ter net die pro­ses. Dit is be­lang­rik om in die be­gin­ja­re mooi na die bo­me te kyk, want dit sal ver­se­ker dat hul­le een­dag groot en pro­duk­tie­we bo­me word.

Hy meen boe­re plant par­ty­keer net ’n paar bo­me om te kyk hoe pekanneute werk en skiet hulself dik­wels in die voet om­dat hul­le nie heel­te­mal ver­bind is tot die suk­ses van ’n pe­kan­boer­de­ry nie. “Ek meen ’n mens moet min­stens ’n paar hon­derd bo­me plant. Jou be­leg­ging moet groot ge­noeg wees dat jy daar­na kyk.”

Ot­to sê pro­duk­sie is ook nie al­tyd op­ti­maal nie om­dat boe­re nie die reg­te kul­ti­vars aan­plant nie. Daar is twee be­lang­ri­ke aspek­te om te ont­hou. Eer­stens kan vrou­li­ke pe­kan­blom­me hulself ge­woon­lik nie vol­ko­me be­stuif nie en maak die boom op wind­be­stui­wing staat.

“Jy kry ’n ti­pe een (pro­tandrie­se) en ti­pe twee (pro­to­gie­ne) boom. Die stuif­meel sit aan die vo­ri­ge jaar se groei, en die vrou­li­ke blom­me wat die neu­te word, vorm op die nu­we jaar se groei. Die twee word ge­woon­lik nie op die­self­de tyd ryp nie (di­cho­ga­mies).

“Bo­me is een­hui­sig (twee­slag­tig) en op ’n ti­pe een boom word die stuif­meel eer­ste ryp en ’n ti­pe twee se vrou­li­ke blom word eer­ste ryp,” sê I­van.

Die stuif­meel en die vrou­li­ke blom is elk vir ge­mid­deld se­we dae ryp (ver­skil tus­sen kul­ti­vars) en op par­ty kul­ti­vars, soos Wi­chi­ta, oor­vleu­el hier­die twee sta­di­ums in ’n ma­te. Wi­chi­ta kan om­trent 80% van sy eie blom­me be­stuif, maar die eer­ste 20% is te vroeg vir die boom se eie stuif­meel. Om vol­le­di­ger be­stui­wing te kry, moet ’n mens ander kul­ti­vars soos U­ku­lin­ga plant.

I­van sê boe­re moet hul kul­ti­var­keu­se met ’n er­va­re kwe­ker be­spreek en se­ker wees dat daar­die kwe­ker die pe­kan­bo­me se ver­skil­len­de si­klus­se in daar­die om­ge­wing ken.

In ge­bie­de met ’n lae hu­mi­di­teit moet Wi­chi­ta en C­hoc­tow by­voor­beeld ’n boer se hoof­kul­ti­vars wees.

I­van hou nou­keu­rig boek van die blom- en stuif­meel­vor­ming van sy ver­skil­len­de bo­me. Deur hier­die mo­ni­te­ring kon hy sien wat is die bes­te kul­ti­vars om saam te plant en hoe Lim­po­po se kli­maat ander kul­ti­vars as ander stre­ke verg.

“In Harts­wa­ter het ek by­voor­beeld ge­sien boe­re ge­bruik hoof­saak­lik Na­va­ho om Wi­chi­ta te be­stuif en Wi­chi­ta be­stuif C­hoc­tow. By ons het ek ge­sien die Na­va­ho is te vroeg; die stuif­meel val al af, dan is die vrou­li­ke blom­me van die Wi­chi­ta nog nie ont­vank­lik nie. Daar wil jy U­ku­lin­gas in jou boord hê.”

Hy sê dit kan mak­lik ge­beur dat ’n mens so iets nie ag­ter­kom nie, ver­al as jy by­voor­beeld net Wi­chi­ta-bo­me het om­dat hier­die bo­me hulself 80% be­stuif. Dit lyk dus of die bo­me heel goed pres­teer.

Boe­re moet ook hul al­ge­me­ne wind­rig­ting in ag neem ty­dens aan­plan­tings, want bo­me moet op die ver­ste 45 me­ter wind-af van be­stui­wers wees.

“Ons plant 10% tot 20% be­stui­wers en die ander 80% is Wi­chi­ta of C­hoc­tow.”

MAAK HUL­LE SÓ GROOT

Ot­to sê een van die moei­lik­ste din­ge van pe­kan­neut­boer­de­ry is om te wag om wins­ge­wend­heid te be­reik. “Dit kos jou el­ke jaar geld wat jy eers baie la­ter weer sien.”

Hy het nie ander ver­tak­kings in sy boer­de­ry nie en kon­sen­treer op be­dry­wig­he­de waar­by sy bo­me en kwe­ke­ry reg­streeks baat vind. Hy ge­bruik by­voor­beeld erd­wurms om be­ter kom­pos te maak en sorg dat hy plae in be­dwang hou.

“Ons groot pro­bleem in die Bos­veld is ter­mie­te en die e­nig­ste ge­na­de is om bo­me sterk en ge­sond te hou en om die ter­mie­te met gif te be­stry. Toe ons met die boer­de­ry be­gin, het ek 3 000 bo­me aan­ge­plant en toe ek by die ein­de kom en by die be­gin­punt gaan kyk om te sien hoe my nu­we bo­me groei, toe is am­per 300 van hul­le al op­ge­vreet.”

In daar­die sta­di­um het Ot­to klap­sproei­ers ge­bruik en ag­ter­ge­kom dat die ter­mie­te die bo­me wat ’n bie­tjie min­der wa­ter as die res ge­kry het, ge­vreet het. Hy het daar en dan oor­ge­ska­kel na mi­kro­sproei­ers waar­mee hy meer be­heer kan uit­oe­fen oor die hoe­veel­heid wa­ter wat el­ke boom kry.

Dees­dae meng hy ook ter­miet­gif in die grond in wan­neer hy nu­we bo­me plant. Sap­pa het ge­re­gis­treer­de pro­duk­te vir pe­kan­neut­bo­me en dit is die e­nig­ste pro­duk­te wat ’n mens mag ge­bruik, sê I­van.

Wat plant­voe­ding be­tref, is hy ’n groot voor­stan­der van kom­pos en doel­tref­fen­de mi­kro-or­ga­nis­mes. Hy boer ook met erd­wurms; hul­le ver­werk die per­de­mis wat hy van ’n na­by­ge­leë perdry­skool aan­koop so­dat dit saam met die kom­pos ’n spons­ag­ti­ge wor­tel­bed vorm. Ot­to meen die sleu­tel tot ’n op­ti­ma­le neut­drag lê in die haar­wor­tels van ’n boom, ver­al die wor­tels in die boon­ste 20 cm on­der die op­per­vlak.

Hy ge­bruik el­ke moont­li­ke stuk­kie plant­ma­te­ri­aal en af­val om kom­pos te maak, maar sê hy suk­kel om ge­noeg vir sy 160 ha te maak. Boon­op kry die kwe­ke­ry voor­keur as dit by kom­pos kom.

Ot­to ver­koop kom­pos saam met sy jong boompies met dui­de­li­ke voor­skrif­te hoe om dit te plant. Hy sê die kom­pos help dat die san­de­ri­ge grond waar­in pekanneute flo­reer, be­ter wa­ter hou.

Wa­ter is die sleu­tel tot pe­kan­neut­pro­duk­sie en hy het al op sy plaas ge­sien dat ’n boom aan die ein­de van ’n drup­lyn meer neu­te dra as die ander om­dat dit ek­stra wa­ter kry wan­neer hy die drup­ly­ne skoon­spoel. Hoewel hy al­bei stel­sels het, ver­kies hy nie drup­pers nie, om­dat die ly­ne mak­lik ver­stop en ’n mens nie ver­stop­pings so mak­lik waar­neem soos met ander be­sproei­ing­stel­sels nie.

Ot­to waar­sku oor die po­ten­si­ë­le ge­va­re wat groei-in­hi­beer­ders kan in­hou en bly self weg daar­van. Hy sê op die Vaal­harts­ske­ma waar grond­op­per­vlak­te be­perk is, word pe­kan­bo­me met ’n spa­si­ë­ring van 5 m x 8 m en selfs 5 m x 5 m ge­plant. Daar is dit be­lang­rik om bo­me klein te hou vir son­deur­drin­ging, maar in die Bos­veld be­veel Ot­to aan dat boe­re niks min­der as 10 m x 10 m-spa­si­ë­ring ge­bruik nie. “Rye van 12 m x 8 m wat van noord na suid loop, is vir my op­ti­maal.

“Ons be­per­ken­de fak­tor is nie grond nie. Ons het baie grond hier, ons aan­plan­tings word eer­der deur die be­skik­baar­heid van wa­ter be­perk.”

Nog ’n voor­deel van ’n pe­kan­neut­boom is dat dit nie ar­beids­in­ten­sief is nie en die boer­de­ry kan gro­ten­deels ge­me­ga­ni­seer word. Bo­me word aan hul stam­me ge­klamp met ’n ma­sjien wat ge­woon­lik agter op ’n trek­ker ge­mon­teer word en die ryp neu­te word dan uit­ge­skud.

Ot­to sê dit is dus be­lang­rik om jong boompies so te snoei dat hul­le ’n sen­tra­le stam het wat mak­lik deur die skud­ma­sjien se ka­ke vas­ge­vat kan word. Hy snoei sy bo­me ook dat hul­le nie skerp hoe­ke of vur­ke in die hoof­stam vorm nie, want dit is net ’n breek­ri­si­ko as die wind op­kom.

Om die bo­me te skud, het ’n mens on­ge­veeer 1,8 m skoon stam aan die on­der­kant van ’n boom no­dig. Die bo­me word dan ge­skud oor net­te wat daar­on­der oop­ge­gooi word om die neu­te op te vang.

HOE GROTER, HOE BE­TER

Pry­se van pekanneute word deur groot­te en kern­vul­per­sen­ta­sie be­paal. Tans ver­dien boe­re min of meer R72 per ki­lo­gram vir ek­stra­groot neu­te, maar dit wis­sel saam met die wis­sel­koers. Kul­ti­var, kli­maat, wa­ter en voe­ding speel ’n groot rol. “Pe­kan­bo­me is ge­neig om sin­kaan­vul­lings no­dig te hê, en ek s­tuur jaar­liks blaar­mon­sters vir ont­le­ding.”

Par­ty kul­ti­vars le­wer groter neu­te as ander, maar Ot­to waar­sku dat ’n mens jou nie daar­teen moet blind­staar nie. “Kul­ti­vars het al­mal voor- en na­de­le en ’n Mo­hawk, wat van die groot­ste neu­te dra, is by­voor­beeld ge­neig om meer pro­mi­nen­te wis­sel­drag te hê.”

Die prys val som­mer R8 tot R10 van ek­stra­groot tot groot neu­te en nog R10 vir la­e­kern­neu­te. Die i­de­aal is dus om kul­ti­vars te kies vir mi­ni­ma­le wis­sel­drag en bo­me dan te be­stuur vir op­ti­ma­le neut­groot­te.

Die ander voor­deel van pekanneute is dat pro­duk­sie­kos­te be­trek­lik laag is. Ot­to sê dit be­loop so­wat 15% tot 20% van ’n mens se ge­mid­del­de in­kom­ste, wat van R150 000 tot R250 000 per hek­taar kan wees.

Boord­ves­ti­ging kan daar­by getel word en dít kan R350 tot R500 per boom kos, na ge­lang van die ma­te waar­in die grond reeds ont­wik­kel is. Boe­re wat moet ont­bos en moe­der­ly­ne in­stal­leer, kan tot R650 per boom op­dok om nu­we boor­de te ve­s­tig.

Ot­to sê in Lim­po­po se Wa­ter­berg­streek is dit heel re­a­lis­ties om 2 ton pekanneute per hek­taar van vol­was­se boor­de te ver­wag, maar hy glo dit sal moont­lik wees om 3 ton per hek­taar te oes as ’n mens mooi na jou bo­me kyk. Die neut­ge­wig per boom van se­ke­re van sy bo­me wat nou na­by aan vol­was­sen­heid is, wys reeds dat sy tei­ken bin­ne sy be­reik is.

Mnr. I­van Ot­to het spesiaal lan­ger sta­we vir sy vog­me­ters laat maak wat sy pe­kan­neut­bo­me se vog en tem­pe­ra­tuur el­ke 20 cm tot op ’n diep­te van 1,2 m meet. Hy meen eg­ter die bes­te raad vir ’n boer is om self in sy boord te kom. Pekanneute dop ge­luk­kig self hul skil af net voor die oes­tyd, rond­om A­pril. Dit hoef dus nie soos ma­ka­da­mi­a­neu­te “ge­skil” te word voor­dat ’n mens dit kan ge­bruik nie.

BO: Dui­sen­de saai­lin­ge staan in rye, ge­reed om ge­skuif te word na net­hui­se waar hul­le ge­ënt word.LINKS: Saai­lin­ge word in net­hui­se oor­ge­plant en uit­ge­groei voor hul­le ge­ënt word.

Mnr. I­van Ot­to en sy vrou, Su­san, het ’n klom­pie ja­re ge­le­de hul pro­fes­si­o­ne­le le­we in die stad vaar­wel ge­roep om in die Wa­ter­berg met pekanneute te boer. Hul­le is nog nie ’n dag spyt nie.

Hoewel Ot­to die mees­te van die nu­we saai­lin­ge in sy kwe­ke­ry ent, sê hy uit ’n kwe­ker se oog­punt is dit suk­ses­vol­ler om te o­ku­leer. Dit kan eg­ter eers la­ter in die sei­soen ge­doen word wan­neer daar nu­we uit­loop­sels is en dan is die tyd vir groei in die groei­sei­soen vir die bo­me korter.

Voor­dat Ot­to die bo­me ver­koop, word hul­le in groot, diep hou­ers ge­plant waar hul­le vir ’n jaar staan tot­dat hul­le sterk ge­noeg is om in ’n boord uit­ge­plant te word. Hy meen sterk bo­me het ’n be­ter kans op suk­ses­vol­le ves­ti­ging en kom vin­ni­ger in pro­duk­sie.

1 en 2: Per­de­mis is ’n sleu­tel­be­stand­deel in die kom­pos wat Ot­to op die plaas maak. Hy kry dit by ’n na­by­ge­leë perdry­skool. Die mis word eers in sy erd­wurm­bak­ke in­ge­werk. Eers na­dat die erd­wurms die mis deur­ge­werk het, gaan die helf­te van el­ke bak se in­houd na die kom­pos­hoop. Hy ver­my bees­mis om­dat voer­kra­le ge­neig is om hul bees­te te ont­wurm en die ont­wurmings­mid­dels in die mis ook sy erd­wurms sal dood­maak.

Ot­to be­veel aan dat boe­re in die Bos­veld spa­si­ë­ring van 10 m x 10 m vir hul pe­kan­boor­de ge­bruik. Rye van 12 m x 8 m wat van noord na suid loop, is vir hom op­ti­maal. Waar dit vir vrug­te­boe­re oor vrug­groot­te gaan, is dit die saad wat vir pe­kan­neut­boe­re be­lang­rik is. Hoe groter die neu­te, hoe meer ver­dien boe­re daar­voor per ki­lo­gram.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.