Rooi­bos­boer bou eie werk­tuie

Op die plaas Riet­vlei by Clan­wil­li­am bou ’n voor­ste rooi­bos­boer, mnr. Han­nes van der Merwe, sy eie werk­tuie en toe­rus­ting, on­der meer ’n skeur­ploeg, on­kruidskof­fel en staal­hok­ke vir die ver­voer van ger­we.

Landbouweekblad - - Inhoud -

Die be­kroon­de rooi­bos­boer mnr. Han­nes van der Merwe het ’n lang boer­de­ry­pad ge­loop voor hy op sy eie grond kon be­land. Dank­sy nou­keu­ri­ge pro­duk­sie­be­plan­ning, be­hoor­li­ke plan­ta­sie­ves­ti­ging en -be­stuur, en na­vor­sing dra hy die kroon as Rooi­bos Bpk. se Boer van die Jaar (sien ook “Van huur­der tot voor­ste rooi­bos­boer”, LBW, 15 Ju­nie 2018).

Hy be­stuur sy plan­ta­sies deur die jaar met werk­tuie wat hy self bou. Voor die rooi­bos­plant­jies ge­plant word, word Neu­trog-hoen­der­mis­kor­rels met ’n skeur­ploeg in die grond ge­band­plaas. Twee K­ver­ne­land-tan­de, vas aan ’n sen­tra­le balk van 100 mm x 4,5 mm vier­kant­ys­ter, breek die ploeg­bank.

Bo-op die werk­tuig is ’n kuns­mis­bak (’n ou mie­lie­plan­ter­bak) vol hoen­der­mis­kor­rels. ’n Yster­wiel is met ket­tings en rat­wie­le aan ’n spi­raal­staaf in die kuns­mis­bak ge­kop­pel. Dié wiel dryf die vry­stel­ling van die kor­rels teen die reg­te spoed aan. Wan­neer die spi­raal­staaf draai, word die kor­rels na weers­kan­te van die bak ge­druk. Dit val deur plas­tiek­py­pe na bui­te en be­land agter die tan­de.

Aan weers­kan­te van die yster­wiel is twee 18 duim-sleep­wa­wie­le wat die bo­laag weer vas­trap om grond­vog te be­waar. Wan­neer plant­tyd ver­by is, word die wiele af­ge­haal en el­ders in­ge­span.

Han­nes-hul­le ge­bruik nie GPS-teg­no­lo­gie in die rooi­bos­plan­ta­sies nie. Pleks daar­van het die skeur­ploeg twee hi­drou­lie­se “vler­ke” wat kan op- en af­slaan. Aan die punt daar­van is ’n klein skot­tel wat ’n streep in die sand maak ter­wyl die trek­ker ry. As die vol­gen­de trek­ker met sy wiel op dié streep ry, is die ry­wyd­te net reg.

Die mer­ker­skot­tel kan teen wis­se­len­de hel­lings be­weeg son­der om vas te steek dank­sy ’n ka­naal wat spe­ling oor die skar­nier toe­laat. Die mer­ker­skot­tel “dryf” dus saam met die hel­ling.

Die “vler­ke” is uit plat- en hoek­ys­ter ge­bou, met ver­ster­kings uit ron­de ys­ter. Die res van die werk­tuig be­staan hoof­saak­lik uit pla­t­ys­ter. Af­me­tings sal wis­sel na ge­lang van die boer­de­ry se ry­wyd- te. Riet­vlei ge­bruik ’n ry­wyd­te van 1,6 m.

ON­KRUIDSKOF­FEL

Han­nes streef daar­na om jaar­liks 400 ton droë rooi­bos­tee son­der che­mie­se re­si­du of pir­ro­li­si­dien-al­ka­lo­ïe­de te le­wer. On­kruid­be­stry­ding is deur­slag­ge­wend. Hy het ’n on­kruidskof­fel ge­bou om ver­al die pro-

bleem­plan­te ra­me­nas, stink­kruid, bit­ter­bos en gif­bos tus­sen die teerye te be­stry. Die werk­tuig is soort­ge­lyk aan dié wat ’n mens by ’n ver­vaar­di­ger sou koop.

Vi­broF­lex-tan­de, ge­skik vir ho­ë­spoed­werk, is met pla­t­ys­ter vas­ge­sweis aan ’n sen­tra­le balk van 100 mm x 4,5 mm vier­kant­ys­ter. Die skof­fel het drie tan­de aan el­ke kant en maak dus twee ba­ne skoon. Han­nes het die tan­de weers­kan­te met so­wat 50 mm ver­leng om se­ker te maak dat die on­kruid deeg­lik af­ge­sny word.

Twee 14 duim-wiele be­paal die tan­de se werk­diep­te. Dit moet vlak skof­fel, an­ders word die tee­plant­jies se wor­tels be­ska­dig. Die diep­te kan ver­stel word by ’n

pla­t­ys­ter­staaf met ga­te op ver­skil­len­de hoog­tes. ’n Slim me­ga­nis­me keer dat die pen­ne­tjie wat dié pla­t­ys­ter in plek hou, uit­val.

Om een ron­de met die werk­tuig te ry, is ge­woon­lik ge­noeg, maar as die gras baie dik is, soos van­jaar, sal hul­le twee ron­des ry.

STAAL­HOK­KE

Han­nes het staal­hok­ke ge­bou om die rooi­bos­ger­we in te pak en te ver­voer. Dit het die­self­de af­me­tings as ’n pa­let (1,2 m x 1 m) en is 2 m hoog. Die hok­ke word ge­maak van hoek­ys­ter en be­ton­be­wa­pe­nings­ys­ter. ’n Bo­dem uit pla­t­ys­ter is on­der­aan die hok ge­las om te keer dat dit in die diep sand in­sink. Die een sy van die hok is oop. As die hok­ke op die vrag­mo­tor ge­laai word, word die hok­ke só ge­pak dat die oop sye na me­kaar wys.

Die hok­ke word met ’n om­ge­bou­de Bos­vark-laai­graaf op die vrag­mo­tor getel. Dit is veel vin­ni­ger en doel­tref­fen­der as om ger­we met die hand te laai.

Han­nes het die kuns van werk­tuie bou en met ys­ters werk by wy­le mnr. Ou­baas En­gel­brecht van die plaas Groen­kol ge­leer, by wie hy des­tyds ge­werk het. “Hy was ’n man van ys­ters. Hy kon na ’n hoop ys­ter toe loop en iets daar­van te maak. Hy het al­tyd ’n plan ge­had.” NA­VRAE: Mnr. Han­nes en me. A­net­ta van der Merwe, e-pos: riet­vlei@my­lan. co.za; sel 082 324 1033.

Die rooi­bos­boer mnr. Han­nes van der Merwe by ’n Bos­vark-laai­graaf wat hy met die mas van ’n ou vurk­hy­ser om­ge­bou het. Hy ge­bruik dit om staal­hok­ke vol rooi­bos­ger­we op die vrag­mo­tor te laai — vin­ni­ger en doel­tref­fen­der as om dit met die hand te doen.

Han­nes het hier­die skeur­ploeg ge­bou om hoen­der­mis­kor­rels in die grond te band­plaas voor die rooi­bos ge­plant word. Voor op die foto is ’n “vlerk” met ’n klein skot­tel wat weers­kan­te van die werk­tuig merk waar die vol­gen­de trek­ker moet ry.

Han­nes het dié skof­fel ge­bou om sy rooi­bos­plan­ta­sies skoon te hou van on­kruid, soos ra­me­nas, stink­kruid en bit­ter­bos. Dit is vir ’n ry­wyd­te van 1,6 m ge­bou.

LINKS: Dank­sy dié me­ga­nis­me, wat op-en-af­be­we­ging toe­laat, steek die mer­ker­skot­tel nie vas nie. Agter is die hi­drou­lie­se stel­sel waar­mee die vlerk na bo op­ge­slaan word.

REGS: Die mid­del­ste wiel dryf die bak met die hoen­der­mis­kor­rels aan so­dat die reg­te hoe­veel­heid ge­band­plaas word. Die wiele aan weers­kan­te (nie op die foto nie), af­koms­tig van ’n sleep­wa, trap die bo­laag weer vas om die grond­vog te be­waar.

BO: Die skof­fel het Vi­broF­lex-tan­de wat met pla­t­ys­ter aan weers­kan­te van die balk vas is.INLAS: Die tan­de is weers­kan­te met so­wat 50 mm ver­leng. Die me­ga­nis­me waar­mee die werk­diep­te ver­stel word. ’n Mens moet die pen­ne­tjie met die hand boon­toe draai voor jy dit kan uit­haal om die hoog­te te ver­stel. Die pen­ne­tjie lê ge­woon­lik plat en sal dus nie los­wik­kel en uit­val nie.

’n S­taal­hok waar­in rooi­bos­ger­we ge­pak word na­dat dit ge­sny is. Die voor­ste sy is oop, en die hok­ke word teen­oor me­kaar op die vrag­mo­tor ge­laai.

’n Bo­dem uit pla­t­ys­ter is on­der­aan die hok ge­las om te keer dat dit in die diep sand in­sink. Daar is pla­t­ys­ter-ver­ster­kings so­wat 30 cm van die kant af so­dat dit nie buig nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.