DIE HARDE WERKLIKHEID

Landbouweekblad - - Redakteursbrief -

Met ál groter wor­den­de woe­de luis­ter ’n mens na die ge­tui­e­nis ty­dens die ver­ho­re oor staat­skaping en die aan­slag op die Suid-A­fri­kaan­se In­kom­ste­diens. Die skaal, y­wer en skaam­te­loos­heid waar­mee Suid-A­fri­ka die af­ge­lo­pe de­ka­de rot en kaal be­steel is, is een­vou­dig ver­bys­te­rend. Teen die tem­po waar­teen ge­steel is, won­der ’n mens of daar hoe­ge­naamd ge­werk is.

Die kans is ook skraal dat die ver­ant­woor­de­li­ke blik­skot­tels bin­ne­kort agter tra­lies gaan sit. Ons het ons wets­toe­pas­sers en ver­vol­gings­ge­sag in so ’n ma­te ver­waar­loos dat ons stom­me staats­aan­kla­ers suk­kel om selfs die een­vou­dig­ste saak te pak, soos om die Gup­tas se kor­rup­te be­trok­ken­heid by die Es­ti­na-melk­pro­jek te be­wys. Maar wat ver­wag ’n mens wan­neer die po­li­sie in Noord­wes blyk­baar self mil­jar­de ran­de ver­duis­ter het? Oud­pres. Ja­cob Zu­ma en sy plun­de­raars­ben­de het hul “werk” deeg­lik ge­doen.

Ter­wyl ’n mens pres. Cy­ril Ra­ma­po­sa se be­sluit om die ver­ho­re te hou, ver­wel­kom, sal die P­re­si­dent en sy span baie meer moet doen om hul aan­da­dig­heid aan die ge­mors waar­in ons sit, te ver­dui­de­lik. Nie net het die he­le spul toe­ge­kyk toe Zu­ma se ben­de ons be­steel het nie; hul­le het ook stil­ge­bly toe pro­pa­gan­da doel­be­wus ver­sprei is om die spoor van die dief­stal te ver­doe­sel.

Ra­di­ka­le e­ko­no­mie­se trans­for­ma­sie, die be­ëin­di­ging van “wit­mo­no­po­lie­ka­pi­taal” en onteiening son­der ver­goe­ding het kwan­suis ten doel om die ar­mes op te hef, ter­wyl al­mal weet dit is juis die ar­mes wat die erg­ste deur die ge­ste­le­ry ge­tref word. BTW moes by­voor­beeld ver­hoog word om ’n gat van by­na R50 mil­jard in die be­gro­ting toe te stop. Ná by­na tien jaar se leu­ens suk­kel ons dees­dae met die waar­heid.

Die werklikheid het eg­ter ’n ma­nier om die waar­heid hard tuis te bring. Ver­le­de week het ons gehoor die e­ko­no­mie het weer in ’n re­ses­sie ver­val, en dié keer kan die land­bou nie help nie. Dit is juis om­dat die land­bou in die twee­de kwar­taal met by­na 30% in die hek ge­duik het dat die he­le e­ko­no­mie ge­raak word. Die re­des? Die droog­te woed plek-plek nog erg voort, ter­wyl die na­draai el­ders kwaai ge­voel word na­ma­te koop­krag deur aan­sien­lik meer skuld ge­knou word.

Bui­ten­ge­wo­ne sty­gings in e­ner­gie­pry­se, on­ver­skil­li­ge be­leids­on­se­ker­heid wat die wis­sel­koers só laat ver­swak dat die land­bou se in­voer­in­fla­sie le­lik aan­ge­vuur word, en die kos­te­knyp­tang se strop wat ál sty­wer trek, vryf nóg sout in die won­de. De­son­danks vol­hard ons met ons roe­ke­lo­se praat­jies oor grond­ont­ei­e­ning, min ge­pla deur be­leg­gings wat ver­lang­saam en grond­aan­ko­pe wat af­neem, soos mnr. Jo­hann Bor­n­man van A­gri De­ve­lop­ment So­lu­ti­ons be­vind het, ter­wyl pre­mies vir huur­grond be­taal word. Dit lyk of grond­waar­des reeds seer­ge­kry het, en dit is on­denk­baar hoe­veel kwes­baar­der boe­re se ba­lans­staat ge­word het, as­ook aan hoe­veel meer sleg­te skuld ban­ke nou bloot­ge­stel is.

Pres. Ra­map­ho­sa, ons kan nie meer so aan­kar­ring nie. Ons het ’n kri­sis. En dit is jou par­ty, wat die af­ge­lo­pe 23 jaar ge­maak het nes hy wil, wat ons tot hier ge­bring het. Be­sef dit as­se­blief en gryp die hulp wat aan­ge­bied word met al­bei han­de aan — van in­di­vi­du­e­le boe­re tot die ge­or­ga­ni­seer­de land­bou.

Die on­lang­se ver­ga­de­ring tus­sen land­bou­lei­ers en dr. N­ko­sa­za­na Dla­mi­ni-Zu­ma, Mi­nis­ter in die P­re­si­den­sie, om oor ’n groei­plan vir die land­bou te praat, is be­moe­di­gend. Die tyd is eg­ter min en ’n lang pad lê voor. Die ska­de wat reg­ge­maak moet word, soos ons el­ke dag in die ver­ho­re hoor, is ont­stel­lend groot. — CHRIS BURGESS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.