TYD VIR OPTREDE

Landbouweekblad - - Briewe -

Daar is in die ver­le­de baie ge­skryf en ge­sê oor plaas­aan­val­le. Waar laat dit ons kos­ba­re boer­de­ry­ge­meen­skap?

Die tyd is ver­by vir mooi­praat­jies wat geen re­sul­ta­te op­ge­le­wer nie. Sê in on­dub­bel­sin­ni­ge taal dat die boe­re­ge­meen­skap hom­self van nou af gaan be­skerm met wat ook al no­dig is, met ander woor­de self­ver­de­di­ging.

Ons kan nie ’n dag lan­ger toe­laat dat mis­da­di­gers ons land se kos­pro­du­sen­te uit­moor en gru­we­lik mis­han­del nie. Gee boe­re raad oor vei­lig­heids­re­ëls en self­dis­si­pli­ne, soos hier­bo uit­een­ge­sit.

’n Tyd te­rug is my twee­de plaas se ver­koop ge­re­gis­treer. Uit die boer­de­ry uit. Wat hou ons fa­mi­lie oor? Net won­der­li­ke her­in­ne­rin­ge van kui­ers met fa­mi­lie en vrien­de, vleis­braai, perd­ry, mo­tor­fiets­ry, ont­span­ning en fa­mi­lie­tyd vry van die stads­ge­jaag. Net jam­mer dat dit nie in ’n be­skaaf­de land kan voort­duur nie!

Suk­ses vo­ren­toe. ANDRÉ SMIT B­rief per e-pos ont­vang.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.