DROOG­TE KNOU LAND­BOU SE BBP

Landbouweekblad - - Hoofnuus - CARIEN KRUGER

DIE droog­te in die Wes-Kaap en laat oes­te in die so­mer­saai­ge­bie­de het ’n groot rol ge­speel in die in­krim­ping in die land­bou-e­ko­no­mie in die twee­de kwar­taal van van­jaar.

Só sê mnr. Wan­di­le Sihlo­bo, hoof van land­bou­sa­ke­na­vor­sing by die land­bou­sa­ke­ka­mer Ag­biz, oor die in­krim­ping van 29,2%.

Aan­ge­sien die sek­tor se e­ko­no­mie in die vo­ri­ge kwar­taal ook ge­krimp het – met 33,6% – is dit nou in ’n teg­nie­se re­ses­sie.

Die in­krim­ping in die land­bou het daar­toe by­ge­dra dat die na­si­o­na­le e­ko­no­mie ook in ’n teg­nie­se re­ses­sie be­weeg het deur­dat dit die

twee­de ag­ter­een­vol­gen­de kwar­taal met 0,7% in­ge­krimp het.

Sihlo­bo sê in ’n ver­kla­ring die land­bou-in­krim­ping van 29,2% is heel­wat groter as die 19% wat hy ver­wag het.

Hy sê daar was op ’n jaar­grond­slag ’n da­ling van 20% in ko­ring­pro­duk­sie, 13% in gars­pro­duk­sie en 11% in ka­no­la­p­ro­duk­sie. Die pro­duk­sie van steen­vrug­te en drui­we het ook ge­daal.

Die la­er pro­duk­sie was ver­al in die Wes-Kaap, wat ’n groot by­drae tot die al­ge­he­le land­bou-e­ko­no­mie le­wer.

Sihlo­bo ver­wag dat die land­bou-e­ko­no­mie in die der­de kwar­taal kan her­stel dank­sy die ver­wag­te groot mie­lie-oes van 13,8 mil­joen ton, ’n re­kord-so­ja­boon­oes van 1,6 mil­joen ton, ’n groot son­ne­blom­oes van 858 605 ton, die ver­be­te­ring van sui­ker­riet­pro­duk­sie tot so­wat 18,5 mil­joen ton en al­ge­me­ne her­stel in die sek­tor vir le­wen­de ha­we. –

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.