RE­ËN BRING WELKOME VERLIGTING IN OOS-KAAP

Landbouweekblad - - Nuus - – F­RE­DA­LET­TE UYS

WYD­VER­SPREI­DE en brood­no­di­ge re­ën het ver­le­de na­week verligting ge­bring vir boe­re in die droog­ste dele van die Oos-Kaap.

Mnr. Peter Knoe­sen, voor­sit­ter van die S­teyt­ler­vil­le-boe­re­ver­e­ni­ging, sê ver­al die heel droog­ste dele het re­ën ge­kry.

“Nog heel­wat op­volg­re­ën is eg­ter no­dig. Die aar­de is droog, die boor­ga­te het ge­sak en die wa­ter­ge­hal­te het ver­swak.” Hy sê dit het on­ge­veer 12 mm na­by aan die dorp ge­re­ën, en na­der aan die ber­ge in die rig­ting van die Ba­vi­aans­kloof het boe­re on­ge­veer 20 mm ge­meet. Vol­gens die SuidA­fri­kaan­se Weer­diens het Jou­ber­ti­na 32 mm re­ën ont­vang, Pa­ten­sie 42 mm en Ui­ten­ha­ge 38 mm.

’n Boer van S­teyt­ler­vil­le het na­ge­noeg 100 jaar­oud-An­go­ra­bok­ke weens die re­ën ver­loor.

Knoe­sen sê die dra­krag van

die veld is baie swak, maar dit is nood­saak­lik dat boe­re by die reg­te dra­krag van die veld hou. “An­ders gaan jy in die toe­koms net ver­der droog­te vir jou­self skep.”

Hy sê die streek se plan­te­groei is nie aan­ge­pas is vir sul­ke lang droog­tes nie, en baie re­ën sal moet val voor die veld kan her­stel.

RIVIERE ’STAAN’ REEDS

Mnr. Ri­aan S­try­dom, wat in die Lang­kloof na­by Kra­keel boer, sê wyd­ver­sprei­de re­ën het in die Lang­kloof ge­val, maar die grond en riviere is so droog dat riviere wat die dag ná die re­ën af­ge­kom het, reeds gaan staan het.

Die Lang­kloof is ’n op­vang­ge­bied vir die Kou­ga­dam wat tans op 6,79% staan.

Hy sê die Kra­keel­ri­vier het slegs vir 10 km ge­loop voor dit weer gaan staan het. Die rivier vloei in die Wa­boom­ri­vier in wat uit­ein­de­lik in die Kou­ga­ri­vier in­loop, en die oor­sprong is on­ge­veer 100 km van die Kou­ga­dam af.

“Daar moet in hier­die sta­di­um ’n reg­te klein vloed wees voor wa­ter uit die Lang­kloof ’n groot uit­wer­king op die Kou­ga­dam gaan hê.” Dam­me in die Lang­kloof staan tans op 36%. Nog re­ën was teen druk­tyd voor­spel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.