BI­O­LO­GIE­SE PLAAGDODERS SE MARKAANDEEL GROEI

Landbouweekblad - - Nuus - JOHAN COETSEE

CHINA ont­wik­kel tans so­wat 90% van die wê­reld se che­mie­se, ak­tie­we be­stand­de­le wat in ge­was­be­sker­men­de pro­duk­te ge­bruik word, en die ver­eis­tes en re­gu­la­sies oor die ge­hal­te daar­van word daar baie op­ge­skerp.

Meer as 2 000 ver­vaar­di­gers van ge­was­be­sker­mings­pro­duk­te werk in China, het mnr. Ru­dolph Gel­den­huys van die maat­skap­py In­te­liC­hem ge­sê op ’n teg­nie­se in­lig­tings­dag na­by Ro­bert­son wat aan­ge­bied is deur die Dro­ë­vrug­te Teg­nie­se Diens­te (DTD) en die In­maak­vrug­te-pro­du­sen­te­ver­e­ni­ging (IPV) .

Pro­duk­te is van­dag baie “sag­ter” en om­ge­wings­vrien­de­li­ker as 50 jaar ge­le­de. “Die a­ku­te gif­tig­heid het met so­wat 50% ge­daal.”

In S­wit­ser­land moet sin­te­tie­se do­ders bin­ne drie jaar uit­ge­fa­seer wees, en in Frank­ryk bin­ne vyf jaar. Bin­ne vyf jaar moet die ak­tie­we be­stand­deel in mid­dels, soos gli­fo­saat, in die he­le Eu­ro­pe­se U­nie (EU) uit­ge­fa­seer wees.

GROEIPROJEKSIES

Die markaandeel van bi­o­lo­gie­se pro­duk­te vir plaag­be­stry­ding groei dras­ties en 60 toon­aan­ge­wen­de ver­vaar­di­gers pro­du­seer

reeds 1 400 vei­li­ger bi­o­lo­gie­se pro­duk­te, sê Gel­den­hys.

“Die klem ver­skuif na bi­o­lo­gie­se pro­duk­te vir gewasbeskerming en die ge­bruik daar­van sal in die vol­gen­de paar jaar vol­gens pro­jek­sies met 14% groei, ter­wyl die ge­bruik van che­mie­se mid­dels met net 5% sal styg.”

Die he­le sa­ke­land­skap van gewasbeskerming ver­an­der ook wê­reld­wyd. Tal­le ver­vaar­di­gings­maat­skap­pye kon­so­li­deer, stig ven­noot­skap­pe of ver­dwyn.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.