CHINA | Vark­griep ’nie toe­ge­smeer’

Landbouweekblad - - Nuus -

Die C­hi­ne­se de­par­te­ment van land­bou het be­we­rings deur mnr. Son­ny Per­due, A­me­ri­kaan­se mi­nis­ter van land­bou, ont­ken dat hy uit­bre­kings van A­fri­ka-vark­griep in dié land nie vol­le­dig aan­ge­meld het nie. Se­dert die eer­ste ge­val nóg in China vroeg in Au­gus­tus voor­ge­kom het, is da­ta in el­ke ge­val bin­ne 24 uur aan die in­ter­na­si­o­na­le or­ga­ni­sa­sie vir dieregesondheid (OIE) deur­ge­gee, vol­gens ’n woord­voer­der.

Ver­le­de Maan­dag is die der­de nu­we ge­val in twee dae aan­ge­meld, en die agt­ste se­dert die eer­ste een, in die stad Wuxi — 400 km suid van Li­a­nyun­gang, waar die vo­ri­ge uit­bre­king aan­ge­meld is.

Dit is nie dui­de­lik of die siek­te nou vin­ni­ger ver­sprei en of meer boe­re dit net aan­meld ná die o­wer­he­de mo­ni­te­ring en be­wus­ma­king dras­ties ver­skerp het nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.