B­RIT­TAN­JE | Co­ca-Co­la koop kof­fie­reus

Landbouweekblad - - Nuus - — Food Ing­re­dients

Die Co­ca-Co­la Com­pa­ny het ’n oor­een­koms be­reik om die voor­aan­staan­de Britse kof­fie­win­kel­ket­ting Costa Li­mi­ted vir £3,9 mil­jard (so­wat R74 mil­jard) te koop. Die maat­skap­py het by­na 4 000 klein­han­del-kof­fie­win­kels, munt­ou­to­ma­te, sy eie kof­fie­han­dels­merk en ’n kof­fie­ver­wer­ker.

Mnr. Ja­mes Quin­cey, uit­voe­ren­de hoof van Co­ca-Co­la, sê warm dran­kies is “een van die wei­ni­ge seg­men­te van die al­ge­he­le dran­kie-land­skap waar Co­ca-Co­la nie ’n wê­reld­wye han­dels­merk het nie. Costa gee ons toe­gang tot dié mark met ’n sterk kof­fie­plat­form”. Die oor­een­koms sal Co­ca-Co­la ook toe­gang gee tot kun­dig­heid reg­deur die kof­fie­voor­sie­nings­ket­ting.

Kof­fie se aan­deel in die wê­reld­mark vir dran­kies groei, en die mark was tot nou toe taam­lik ge­frag­men­teer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.