DIÉ MIE­LIES LÊ EIE STIKSTOF VAS UIT DIE LUG

Landbouweekblad - - Kortliks - BRON: HTTPS://GOO.GL/MKFTFW — LIEZL VERCUEIL

Tro­pie­se mie­lie­kul­ti­vars uit Mex­i­ko is ge­ï­den­ti­fi­seer wat ’n noe­mens­waar­di­ge hoe­veel­heid van die stikstof wat hul­le be­no­dig uit die lug ont­trek deur met bak­te­rieë “saam te werk”. Dit be­te­ken dié mie­lies be­no­dig baie min­der kuns­mis as nor­maal­weg.

Ge­sa­ment­li­ke na­vor­sing deur twee u­ni­ver­si­tei­te, Wis­con­sin-Ma­di­son en Ka­li­for­nië, as­ook die kos­ver­vaar­di­ger­reus Mars Inc. het be­vind dat hier­die mie­lies groot hoe­veel­he­de sly­me­ri­ge jel uit­skei deur lug­wor­tels wat op hul stin­gels groei. Bak­te­rieë wat in die jel voor­kom, ska­kel at­mos­fe­rie­se stikstof om in ’n bruik­ba­re vorm vir die plant, ’n pro­ses wat as stik­stof­fik­sa­sie be­kend staan. Hul be­vin­dings is in Au­gus­tus in die vak­tyd­skrif PLOS Bi­o­lo­gy ge­pu­bli­seer.

Die mie­lies kan van 30% tot 80% van hul no­di­ge stikstof op dié ma­nier vas­vang na ge­lang van om­ge­wings­fak­to­re, soos re­ën en hu­mi­di­teit. Tot dus­ver was peul­plan­te, soos bo­ne, die e­nig­ste groep plan­te wat be­dui­den­de hoe­veel­he­de stikstof deur fik­sa­sie kon vas­lê. Dit ge­beur deur mid­del van ge­spe­si­a­li­seer­de weef­sel ge­naamd wor­tel­no­du­les.

We­ten­skap­li­kes soek al ge­rui­me tyd na

mie­lies wat stikstof kan vas­lê om so­doen­de dié graan­soort se hoë kuns­mis­be­hoef­te te tem. Ver­de­re na­vor­sing is eg­ter nog no­dig om vas te stel of hier­die ei­en­skap by kom­mer­si­ë­le kul­ti­vars in­ge­teel kan word.

Die be­trok­ke soort mie­lie groei in die Sier­ra Mixe-ge­bied in Oax­a­ca in die sui­de van Mex­i­ko. Dit is deur mnr. Ho­ward-Ya­na S­ha­pi­ro, Mars se hoof-land­bou­be­amp­te, ge­ï­den­ti­fi­seer ty­dens sy soek­tog na ’n kul­ti­var wat bak­te­rieë as stikstof vas­lê.

Hier­die mie­lies is meer as 16 voet (4,8 m) lank en ont­wik­kel tot agt of tien stel­le dik lug­wor­tels wat nooit die grond be­reik nie. In die reg­te toe­stan­de skei hier­die wor­tels groot hoe­veel­he­de sui­ker­ry­ke jel af, wat e­ner­gie ver­skaf en ’n suur­stof­vrye om­ge­wing skep waar­in die no­di­ge bak­te­rieë flo­reer.

Boe­re in Sier­ra Mixe plant die mie­lies in grond waar­in stikstof uit­ge­put is en ge­bruik tra­di­si­o­ne­le plant­me­to­des, met min of geen kuns­mis wat toe­ge­dien word.

Dit is moei­lik om vas te stel of plan­te wél stikstof uit die lug op­neem. Dit het die na­vor­sing­span agt jaar ge­kos om hulself te oor­tuig dat wat hul­le sien, nie ’n kuns­ma­ti­ge ver­skyn­sel is nie.

“Die een teg­niek ná die ander toon die­self­de re­sul­ta­te van hoë vlak­ke van stik­stof­vas­leg­ging by hier­die mie­lies,” sê prof. Je­an-Mi­chel Ané, do­sent in bak­te­ri­o­lo­gie en ak­ker­bou by UW-Ma­di­son. Sy la­bo­ra­to­ri­um spe­si­a­li­seer in die na­vor­sing en kwan­ti­fi­se­ring van stik­stof­vas­leg­ging.

Die groep na­vor­sers het vyf ver­skil­len­de teg­nie­ke in eks­pe­ri­men­te in Mex­i­ko en by Ma­di­son toe­ge­pas om te be­ves­tig dat die Sier­ra Mixe-mie­lies se jel wél stikstof uit die lug vas­lê en dit in die plan­te se weef­sels op­neem. Die span kon selfs die jel se na­tuur­li­ke uit­wer­king na­boots met ’n soort­ge­ly­ke gel wat in ’n la­bo­ra­to­ri­um ge­skep is en met bak­te­rieë gei­no­ku­leer is. “Dit is al de­ka­des lank ’n droom en stryd vir we­ten­skap­li­kes om ’n mie­lie te ‘ont­werp’ wat wor­tel­knop­pe vorm en stikstof vas­lê soos peul­plan­te,” sê Ané. “Dit blyk dat hier­die mie­lies ’n heel ander ma­nier ont­wik­kel het om die stik­stof­vas­leg­gings­pro­bleem op te los. Die we­ten­skap­li­ke ge­meen­skap het waar­skyn­lik stik­stof­vas­leg­ging in ander plan­te on­der­skat weens die ob­ses­sie met wor­tel­knop­pe.”

FOTO: VER­SKAF

Lug­wor­tels van ’n Mex­i­kaan­se mie­lie­kul­ti­var skei groot hoe­veel­he­de sly­me­ri­ge jel af en ska­kel at­mos­fe­rie­se stikstof in ’n bruik­ba­re vorm om vir die plant.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.