‘LAN­GE­BERG-BEES­RAS’

Landbouweekblad - - Wild -

Be­ne­wens buf­fels het mnr. Lind­say Hunt ook so­wat 130 dub­bel­doel-kruis­bees­te wat hy in ’n ge­har­de “Lan­ge­berg-bees­ras” wil ont­wik­kel.

Met die groot­skaal­se grond­ver­be­te­ring op sy plaas het sy gees­drif vir kruis­te­ling met bui­ten­ge­wo­ne bees­ras­se ook ge­groei.

“Ek kruis vleis- en melk­ras­se en die re­sul­taat is ver­stom­mend. ’n I­de­a­le ‘dub­bel­doel-berg­bees’ is be­sig om te ont­staan uit my krui­sings van on­der meer C­hi­a­ni­nas, Ro­mag­no­las, Pez­za­ta-Ros­sas en Grys Al­py­ne met be­ken­der ras­se, soos Jer­seys en Bo­ra­ne.”

Melk van die krui­sing­bees­te wat op ge­meng­de aan­ge­plan­te wei­dings loop, het uit­ste­ken­de bot­ter­vet­vlak­ke van tot 6%. Daar­om is die vol­gen­de lo­gie­se stap om kaas te maak.

“Nes by die buf­fels se­lek­teer ek ook vir dui­de­li­ke man­lik­heid of vrou­lik­heid by kal­wers. Ver­der se­lek­teer ek vir een­vor­mig­heid, iets wat in dié sta­di­um nog nie 100% daar is nie — maar daar is goeie vor­de­ring — as­ook goeie li­gaams­leng­te.”

Lind­say het ook ‘n paar wa­ter­buf­fels. Hy sê hul melk het ’n on­ge­loof­lik hoë bot­ter­vet­in­houd van ge­mid­deld 9% tot 10%, wat ook i­de­aal is vir kaas­maak.

Hunt is be­sig om ’n nu­we “Lan­ge­berg-dub­bel­doel­bees­ras” uit ver­skil­len­de Eu­ro­pe­se en plaas­li­ke ras­se te teel wat goeie vleis- én mel­kei­en­skap­pe het. Hier is hy by een van sy teel­bul­le wat na sy me­ning die i­de­a­le bul sal wees vir so ’n nu­we ras: een­vor­mig en lank van lyf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.