SKETS 3: NIE-SE­LEK­TIE­WE BE­WEI­DING (HO­Ë­DRUK­BE­WEI­DING)

Landbouweekblad - - Weiding -

In dié stel­sel met vas­te hei­nings of skok­dra­de val die kol­lig op pro­duk­sie per hek­taar. Die bees­te word ge­dwing om al­les te vreet. Daar­na kry die deel wat af­ge­wei is, ’n lang rus­kans. Dit kan ook met aan­ge­plan­te weiding ge­volg word. Die boer moet aan­vul­len­de voer (pro­te­ïen) ver­skaf om­dat die vee die la­e­ge­hal­te­voer ook vreet. Die wei­stel­sel laat die grond­be­dek­king ver­be­ter en bied ’n ge­leent­heid vir die saai van gras­saad. Die boer het die ge­leent­heid om saad van goeie gras­se voor­af te saai so­dat die die­re dit in­trap wan­neer hul­le in die kamp is. Dit is eg­ter net no­dig as daar min goeie gras­se is. In dié stel­sel moet die sa­me­stel­ling van gras­soor­te ver­kies­lik reeds goed wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.