BEHOUD VAN GE­NE­TIE­SE DI­VER­SI­TEIT

Landbouweekblad - - Weiding Veeteelt -

Een van die be­lang­ri­ke be­gin­sels om vol­ge­houe se­lek­sie­vor­de­ring te kan hand­haaf, is om ge­ne­tie­se di­ver­si­teit (ver­skei­den­heid) te be­hou.

Dr. Ja­pie van der West­hui­zen, hoof­be­stuur­der van die Suid-A­fri­kaan­se S­tam­boe­ken Die­re­ver­be­te­rings­ver­e­ni­ging, sê stel­sels wat die ge­leent­heid bied om min­der ver­wan­te die­re toe te laat om deel van ’n op­gra­de­ring­stel­sel te vorm, bied so ’n u­nie­ke ge­leent­heid.

“Deur ver­der s­treng s­tan­daar­de toe te pas om nie die goeie hoe­da­nig­he­de van ’n ras prys te gee nie, het tot ge­volg dat die bes­te van al­bei wê­rel­de na vo­re kom.”

Die s­treng keu­ring van ooie, ’n goeie ge­ne­poel met ’n be­we­se re­kord van ram­ge­bruik en die keu­se van ge­re­gis­treer­de ram­me wat aan die ras se s­treng s­tan­daar­de vol­doen, ver­se­ker die ver­we­sen­li­king van só ’n doel­wit.

“Dit is na­tuur­lik ook be­lang­rik dat die kud­des wat hier­aan deel­neem, die­self­de teel­doel­wit­te na­streef en dus die no­di­ge me­tings doen en s­treng se­lek­sie toe­pas.

“Dit gaan oor wins­ge­wend­heid op lan­ger ter­myn deur se­lek­sie­vor­de­ring te ver­se­ker en met ooie te boer wat die bes­te in die pro­duk­sie­om­ge­wing vaar.”

Die Suid-A­fri­kaan­se V­leis­me­ri­no-te­lers­ge­noot­skap het ’n son­der­lin­ge pro­jek aan­ge­pak om die ras se ge­ne­tie­se ver­skei­den­heid te ver­breed deur die room van kud­de­boe­re se ooie in ’n hulp­stam­boek aan te te­ken.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.