SÓ HET SAG­TE­SI­TRUS ROCKSTER-STA­TUS GE­KRY

Landbouweekblad - - Vrugte -

In die 1960’s was die si­trus­be­dryf maar be­perk wat be­tref die aan­tal kul­ti­vars tot sy be­skik­king, maar teen die 1970’s het ’n paar be­trok­ke­nes, ver­al men­se wat des­tyds by Out­span ge­werk het, ’n be­lang­stel­ling in nu­we kul­ti­vars be­gin kweek.

Suid-A­fri­ka was een van die eer­ste lan­de wat die nu­we kul­ti­vars wat mak­lik af­skil, aan­ge­gryp het — tot 15 jaar voor Ka­li­for­nië.

Die eer­ste sat­su­ma-ti­pes is vroeg in die 1970’s in­ge­bring, en dit was ba­sies die be­gin van proe­we met kul­ti­vars wat mak­lik af­skil. Vroeg in die 1980’s is ’n fon­da­sie­blok ge­plant en tot in die 1990’s het men­se ge­woe­ker om nu­we kul­ti­vars te i­den­ti­fi­seer en in te voer. Kul­ti­var­maat­skap­pye het se­dert die mid­del van die 1990’s hul deu­re oop­ge­maak.

“In 2001 het laat man­da­ry­ne van ’n goeie ge­hal­te wat ook ge­skik was vir die warm, noor­de­li­ke ge­bie­de, in­ge­kom,” het mnr. E­tien­ne Ra­be ge­sê.

Hy sê van ’n rits man­da­ry­ne wat in ’n ar­ti­kel in die vroeë 1980’s be­skryf is, was dit ba­sies net cle­menti­nes wat die toets van die tyd deur­staan het. “Men­se sal nie eens die ander kul­ti­vars ont­hou nie!”

Dis in­te­res­sant om te sien hoe die aan­plan­tings ver­loop het. Ná aan­vank­li­ke goeie groei was daar ’n ver­lang­sa­ming vroeg in die 2000’s, maar se­dert 2009 het groei die hoog­te in ge­skiet.

“Daar is glo 28 mil­joen boompies in dié tyd voor­sien, wat be­te­ken Suid-A­fri­ka moes so­wat 40 000 ha man­da­ry­ne ge­had het. Maar die be­dryf was di­na­mies en men­se het goed uit­ge­haal wat nie ge­werk het nie.

“Die sat­su­ma-ti­pes het baie goed be­gin in die 1980’s en tans is die la­te­re sat­su­mas weer ge­wild. Die cle­menti­ne­be­dryf het in die 1980’s be­gin, maar teen die ein­de van die 1990’s hard ge­val. Nou is daar weer ’n vraag dank­sy nu­we se­lek­sies wat vroe­ër ge­pluk word. No­va was op en af. Maar dit was Na­dor­cott en ver­wan­te kul­ti­vars wat eint­lik vir die groei ver­ant­woor­de­lik was om­dat dit so ’n fan­tas­tie­se kul­ti­var is.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.