BOER SON­DER OM JOU HAN­DE VUIL TE MAAK

Landbouweekblad - - Nuttig & Nuut -

Im­pact Far­ming is ’n veld­tog van die be­leg­gings­maat­skap­py Fe­dGroup waar­mee e­nig­ie­mand met mi­kro­be­leg­gings ’n stil­le ven­noot in blou­bes­sie-, heu­ning- of son­krag­pla­se kan word. Al die per­se­le waar­in die pu­bliek kan be­lê, is in Suid-A­fri­ka.

Ver­skil­len­de pak­ket­te is be­skik­baar. Na ge­lang van die pak­ket word die in­kom­ste van twee keer per jaar tot maan­de­liks ver­dien. Die blou­bes­sie­bos­se, son­pa­ne­le en by­e­kor­we kan eg­ter ook af­son­der­lik ge­koop word vir van­af net R500 per blou­bes­sie­bos.

Die be­leg­gings word ge­maak vir ’n tyd­perk van 8-20 jaar. Vol­gens die Fe­dGroup is ’n saam­ge­stel­de op­brengs op die be­leg­ging van 14-16% jaar­liks moont­lik. Al die be­leg­gings word aan­lyn ge­doen en kan in­tyds ge­mo­ni­tor word met Fe­dGroup se sel­foon­toe­pas­sing.

As jy jou be­leg­ging voor die ein­de van die ter­myn wil af­los, kan jy jou aan­deel in die boer­de­rye aan Fe­dGroup te­rug­ver­koop vir 70% van die waar­de van jou be­leg­ging in daar­die sta­di­um.

Die aan­koop­prys van die be­leg­ging sluit ook versekering in waar­mee die Fe­dGroup jou blou­bes­sie­bos, by­e­korf of son­pa­neel kan ver­vang as dit dalk ver­nie­tig sou word. PRYS: Van­af R500.

NA­VRAE: E-pos: IF­con­tact@fe­dgroup.co.za; web­werf: www.fe­dgroup.co.za/ven­tu­res/ im­pact-far­ming

Van­af R500

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.