Sa­ka­ta se nu­we kul­ti­vars Broc­co­li is ge­woon­lik vin­ni­ger ryp en oes­ge­reed as blom­kool. Sa­ka­ta het ’n pak­ket saam­ge­stel waar­in broc­co­li en blom­kool bin­ne die­self­de tyd­perk ge­oes kan word.

Landbouweekblad - - Fokus -

Die wê­reld­wye vraag na blom­kool en broc­co­li het die af­ge­lo­pe 25 jaar met meer as 800% ge­styg dank­sy on­der meer die ge­sond­heids­voor­de­le van dié Bras­si­ca­ge­was­se. In Suid-A­fri­ka het die vars- en ver­wer­kings­mark ook die af­ge­lo­pe 10 jaar baie ge­groei.

Die ont­wik­ke­ling van pro­duk­te wat waar­de toe­voeg, soos die “cau­li­broc” wat in su­per­mark­te be­skik­baar is, brei ook uit. Ver­brui­kers is ál meer toe­ge­spits op ge­rief­li­ke ver­pak­kings en ge­hal­te, en dit lei tot die ver­hoog­de vraag na dié pro­duk­te.

Blom­kool en broc­co­li se kop­groot­tes is al­bei koe­pel­vor­mig en by­na die­self­de groot­te, wat dit i­de­aal vir ver­pak­king maak.

“Ty­dens ver­pak­king is dit nou nie meer no­dig om so baie van die stam, waar die mees­te van die groente se voe­dings­waar­de ge­leë is, weg te kap nie van­weë die een­vor­mig­heid van die kul­ti­vars. Die Al­ston* het ’n mooi wit kop, en die A­res* ver­toon weer mooi don­ker groen­blou,” sê me. Li­zin­di van der Walt, pro­duk­spe­si­a­lis van Bras­si­cas by Sa­ka­ta. Van­weë dié nei­ging word nu­we ver­eis­tes aan kul­ti­vars ge­stel.

Sa­ka­ta is wê­reld­wyd die mark­lei­er in bras­si­cas en Sa­ka­ta se span kon ge­volg­lik mak­lik aan dié nu­we ver­eis­tes gehoor gee en nu­we blom­kool- en broc­co­li­kul­ti­vars ont­wik­kel, soos Al­ston* en A­res*. Al­bei hier­die kul­ti­vars is vir die so­mer ge­se­lek­teer en spe­si­fiek be­doel vir die voor­af­ver­pak­te mark.

Broc­co­li en blom­kool is ge­ne- ties eint­lik as koel­weer­ge­was­se ge­teel. Ge­volg­lik was die so­mer­tyd­perk moei­lik vir boe­re.

BLOM­KOOL

Al­ston* is die nuut­ste toe­voe­ging tot Sa­ka­ta se blom­kool­reeks. Dit is spe­si­fiek ge­se­lek­teer vir die goeie in­ter­ne blaar­be­dek­king, uit­ste­ken­de kop­ge­hal­te en vin­ni­ger tyd tot ryp­wor­ding.

Die bui­te­raam van die plant is klei­ner as dié van die ou­er blom­kool­kul­ti­vars in die mark.

Dit is vir die boer voor­de­lig om­dat hy meer plan­te per hek­taar kan plant.

Dank­sy die korter groei­tyd­perk is die pro­duk­sie­kos­te ook ef­fens la­er.

Die Al­ston*-blom­kool se blaar­be­dek­king vou om die kop en be­skerm dit teen die son.

BROC­CO­LI

A­res*-broc­co­li is ’n so­mer­kul­ti­var met ’n don­ker­groen koe­pel­vor­mi­ge kop wat uit­ste­kend ver­toon in voor­af­ver­pak­kings. ’n Groot pro­bleem vir broc­co­lik­we­kers in die so­mer is ’n af­wy­king, be­kend as hol­stam (wat die eind­pro­duk se rak­leef­tyd be­na­deel), waar­teen A­res* goeie ver­draag­saam­heid wys.

“Om­dat die Al­ston*-blom­kool so vin­nig vol­groei is, moet boe­re nie sloer as die pro­duk oes­ge­reed is nie om­dat die in­ter­ne blaar­be­dek­king vin­ni­ger as ander blom­ko­le oop­maak,” maan Van der Walt.

Die Al­ston*-blom­kool is in die so­mer al van 75 dae af reg vir oes, en die A­res*-broc­co­li is van 67 dae af reg. Om­dat die kul­ti­vars op die­self­de tyd vol- groei is, kan ’n boer ’n ho­ër eer­ste uit­sny­per­sen­ta­sie as ge­woon­lik ver­wag.

* Eks­pe­ri­men­teel: Dié kul­ti­vars is eks­pe­ri­men­teel, maar aan­soek is reeds in­ge­dien vir Suid-A­fri­kaan­se kul­ti­var­re­gis­tra­sie.

NA­VRAE: Web­werf: www.sa­ka­ta.co.za

FOTO’S: SA­KA­TA

Die bes­te van twee wê­rel­de. Ver­brui­kers kan Al­ston (bo) en A­res (on­der) nou as een ge­kom­bi­neer­de pro­duk van blom­kool en broc­co­li koop, naam­lik “cau­li­broc” (mid­del).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.