Dank­baar oor re­ën, maar ‘Groot De­pres­sie’ wink

Landbouweekblad - - Inhoud - – ROELOF BEZUIDENHOUT

DELE van die Noord-, Oos- en Wes-Kaap, wat al vir tot vier jaar in droog­te vas­ge­vang is, s­tuur af op ’n maat­skap­lik-e­ko­no­mie­se ramp soort­ge­lyk aan die Groot De­pres­sie af, en skyn­baar be­sef nóg Suid-A­fri­ka se ste­de­lin­ge nóg die Re­ge­ring die erns of om­vang van die kri­sis.

Al­te­saam 34 dis­trik­te in die Ka­roo en Suid-Kaap ont­vang by­stand met die ver­skaf­fing en ver­voer van voer uit die saai­ge­bie­de in die noor­de van die land. Sty­gen­de ver­voer­kos­te en da­len­de voor­raad­vlak­ke be­dreig eg­ter die vol­hou­baar­heid van dié sken­kings.

Drie or­ga­ni­sa­sies het on­langs be­gin saam­werk om hulp te ver­leen, naam­lik Gift of the Gi­vers, Boe­re in Nood en Sa­ve the S­heep Sut­her­land.

Om aan ’n dis­trik met slegs 100 boe­re en 170 000 stuks vee vol­hou­baar voer te ver­skaf teen 800 g mie­lies per skaap per dag is 138 400 ton mie­lies per maand no­dig. Teen 33 ton mie­lies per vrag en ver­voer­kos­te van R27 500 per vrag is dit ’n angs­wek­ken­de som. Dit sluit die kos­te van ru­voer, ar­beid en brand­stof uit.

Weens die sty­gings in die die­sel­prys kan boe­re in die noor­de­li­ke dele van die land nie meer ver­niet baal nie. Die kos­te per ron­de baal is nou min­stens R80. ’n Vrag van 50 ba­le kos dus min­stens R4 000, plus die ge­mid­del­de ver­voer­kos­te van R27 500.

‘SPANWERK ’N UITKOMS’

“Die e­nig­ste ma­nier om sin­vol hulp te ver­skaf, is om ’n span te vorm wat voersken­kings en goed­koop ru­voer kan be­kom, gra­tis ver­voer kan ver­skaf en een keer per maand by el­ke dorp kan aan­doen met voer,” sê me. Hester Obermeyer, woord­voer­der van die Sut­her­land-droog­te­fonds.

Sy sê dit raak al hoe moei­li­ker om voer en ver­voer­geld te be­kom. Voor­raad uit die noor­de­li­ke saai­ge­bie­de droog op. Die­sel­pry­se het skerp ge­styg en aan­plan­tings neem af, dus lyk die toe­koms vir die be­skik­baar­heid van voer nie goed nie, sê sy. As die Re­ge­ring nie die droog­te­ge­teis­ter­de ge­bie­de tot ramp­ge­bie­de ver­klaar nie, kan boe­re nie op droog­te­hulp uit die na­si­o­na­le ramp­fonds aan­spraak maak nie, wat be­te­ken die plat­te­land sal ver­der ont­volk.

S­TUUR AF OP KRI­SIS

Die e­ko­no­mie van tal­le dor­pe wat hoof­saak­lik op die land­bou staat­maak, stort in duie, met ge­volg­li­ke werks­ver­lie­se on­der plaas­wer­kers so­wel as dor­pe­naars. Al­le be­sig­he­de in die droog­te­ge­teis­ter­de ge­bie­de word na­de­lig ge­tref.

“In feit­lik al die be­trok­ke dis­trik­te het kud­des met meer as 50% ver­min­der, met die­self­de per­sen­ta­sie ver­lies aan in­kom­ste. Boe­re kan een­vou­dig nie meer hul ver­plig­tin­ge na­kom nie, ver­band­le­nings op pla­se kan nie meer be­taal word nie, skool­geld, win­kel- en ko­ö­pe­ra­sie­re­ke­nin­ge is ag­ter­stal­lig,” sê Obermeyer.

Ter­self­der­tyd word die veld en grond­wa­ter waar­op die e­ko­no­mie be­rus, uit­ge­put. Na­ge­noeg 40% van die na­tuur­li­ke weiding in die Noord-Kaap het reeds ge­vrek.

“Om­dat die droog­te al se­dert 2013 met ons is, het boe­re nie meer die kon­tan­t­re­ser­wes om die ver­voer te be­taal nie. Die mie­lie­prys het die af­ge­lo­pe twee we­ke met R550/ton ge­styg. As boe­re in die noor­de­li­ke dele nie plant nie en die droog­te duur voort, s­tuur ons op ’n e­nor­me kri­sis af,” sê sy.

FOTO: ROELOF BEZUIDENHOUT

Van die boe­re op S­teyt­ler­vil­le wat Gift of the Gi­vers se eer­ste vrag voer, 36 so­ja­hooi­ba­le uit Heil­bron in die Vry­staat, in­ge­wag het, was van links, mn­re. Le­on Vol­schenk (Hot­ten­tots­poort), Hei­nie Dorf­ling (Riet­fon­tein), Peter Knoe­sen (Groot­vlei), me. Ka­rin Mel­vil­le (E­lands­heu­wel), mn­re. Er­nie Dey­zel (S­chuins­pad), Hu­bert en me. Le­o­ne Maas­dorp (S­kerp­hoek), mn­re. Johan Ma­rais (Two Wa­ters), Paul Bergh (Har­te­bee­slaag­te) en Philip Ha­y­ward (Riet­fon­tein). Gift of the Gi­vers het vir die ver­voer be­taal en boe­re die baal­kos­te van R80 per baal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.