Onteiening: Land Bank se R43m.-penarie

Die Land Bank hou so­wat 27% van die land­bou se uit­staan­de skuld. As onteiening son­der ver­goe­ding plaas­vind, sal die Land Bank sum­mier R43 mil­jard aan sy fi­nan­siers moet be­taal.

Landbouweekblad - - Inhoud -

KORTOM

■ Die ge­or­ga­ni­seer­de land­bou het laat blyk hy sal saam met die Re­ge­ring werk om grond­her­vor­ming te be­vor­der bin­ne ’n stel­sel wat ei­en­doms­reg waar­borg. ■ Die Land Bank se fi­nan­si­ë­le po­si­sie is ge­sond, maar dié si­tu­a­sie kan vin­nig ver­an­der as sy fi­nan­siers aan­dring op die on­mid­del­li­ke te­rug­be­ta­ling van hul geld. ■ Dank­sy Land­bou­week­blad en A­gri SA se grondberaad, gesprekke met se­ni­or po­li­ti­ci en groter sa­me­wer­king bin­ne die ge­or­ga­ni­seer­de land­bou het die ge­sprek in die laaste twee we­ke van Au­gus­tus ge­swaai van grond­ont­ei­e­ning na grond­her­vor­ming.

Dit wil voor­kom of die re­ge­ren­de ANC se mee­do­ën­lo­se stand­punt van die laaste paar maan­de – dat onteiening son­der ver­goe­ding op groot skaal as be­leid voor­ge­staan word – in die pro­ses is om deur werk­lik­he­de ge­tem­per te word.

Die stand­pun­te van die land­bou is wel­be­kend. So ook die stand­pun­te van fi­nan­siers en ander in­ge­lig­te ont­le­ders oor die reuses­ka­de wat die voor­staan van só ’n be­leid reeds aan­ge­bring het nog voor so­da­ni­ge wetgewing deur­ge­voer kon word.

Af­ge­sien van die kwaai plaas­li­ke kri­tiek oor die be­leid, het dit ook be­gin dui­de­lik word dat Suid-A­fri­ka heel­wat in­ter­na­si­o­na­le oor­een­koms­te gaan skend. Die land loop ook die ge­vaar om uit A­me­ri­ka se A­goa-han­dels­oor­een­koms ge­skop te word. Dit is ’n oor­een­koms wat jaar­liks her­sien word.

Die lan­de wat spe­si­a­le voor­keur­toe­gang tot die A­me­ri­kaan­se mark kry, moet aan se­ke­re de­mo­kra­tie­se be­gin­sels vol­doen en onteiening son­der ver­goe­ding is stry­dig met daar­die be­gin­sels. As Suid-A­fri­ka van die oor­een­koms uit­ge­sluit word, wat glo kan ge­beur, gaan die land mil­jar­de ran­de ska­de ly met ’n wye reeks uit­voer­pro­duk­te, soos met die uit­voer van mo­tors na A­me­ri­ka.

Dit hang saam met die er­ken­ning van mnr. T­re­vor Ma­nu­el, voor­ma­li­ge Mi­nis­ter van Fi­nan­sies, dat dit moei­lik gaan om be­leg­gings te werf so­lank dié be­leid voor­ge­staan word.

LAND BANK SE ROL

Die Land Bank is ’n staats­on­der­ne­ming. Dié bank het met die be­kend­stel­ling van sy jaar­ver­slag en fi­nan­si­ë­le re­sul­ta­te die Re­ge­ring daar­op ge­wys dat die toe­pas­sing van so ’n be­leid tot ge­volg sal hê dat die Re­ge­ring on­mid­del­lik moet in­staan vir le­nings­waar­bor­ge van so­wat R43 mil­jard aan die Land Bank.

Ko­men­de van die di­rek­sie van ’n staats­on­der­ne­ming wat die land­bou be­vor­der, het dit skyn­baar nu­we lig vir die ANC op die don­ker saak ge­werp. Dit het ook groot­liks ver­de­re steun aan die ge­or­ga­ni­seer­de land­bou se stand­pun­te ge­gee.

Die ge­or­ga­ni­seer­de land­bou is be­reid om met die Re­ge­ring saam te werk bin­ne ’n mark­ge­dre­we, ka­pi­ta­lis­tie­se stel­sel – waar­van ei­en­doms­reg die hoek­steen is – om suk­ses­vol­le grond­her­vor­ming te be­vor­der.

Die Land Bank se le­nings is vol­le­dig in die land­bou. Sy man­daat is om eer­stens die kom­mer­si­ë­le land­bou en twee­dens die op­ko­men­de land­bou te fi­nan­sier en te be­vor­der. As ’n on­der­ne­ming wat vol­le­dig aan die staat be­hoort, het die Land Bank ’n ont­wik­ke­lings­man­daat in­ge­vol­ge waar­van die voor­sie­ning vir sleg­te skuld min­der as 10% van dié le­nings uit­maak.

On­danks die man­daat is so­wat 80% van die le­nings toe­ge­staan aan die kom­mer­si­ë­le land­bou en so­wat 20% aan die op­ko­men­de land­bou. Die to­ta­le le­nings­boek het ein­de Maart 2018 op so­wat R43 mil­jard ge­staan. Ter­loops, goeie le­nings aan die kom­mer­si­ë­le land­bou (met ’n baie lae per­sen­ta­sie sleg­te skuld) help om die le­nings met ’n ho­ër risiko aan die op­ko­men­de land­bou te ba­lan­seer.

GRAFIEK 1 toon die aan­deel van die Land Bank in die to­ta­le uit­staan­de land­bou­skuld, soos op 31 De­sem­ber 2017, soos ge­pu­bli­seer deur die De­par­te­ment van Land­bou, Bos­bou en Vis­se­rye. Die kom­mer­si­ë­le ban­ke hou 61% van die uit­staan­de land­bou­skuld, teen­oor die Land Bank se aan­deel van 27,2%. Land­bou­be­sig­he­de (ko­ö­pe­ra­sies) het so­wat 7% van die uit­staan­de land­bou­skuld ge­hou.

Dié skuld moe­nie ver­war word met le­nings wat deur die jaar loop nie, soos pro­duk­sie­le­nings wat sei­soe­naal is en re­de­lik hoog op­loop en weer af­ge­los word. Dit word nie in die uit­staan­de sal­do’s weer­spie­ël nie.

Die land­bou het in 2016-’17 so­wat R137 mil­jard aan pro­duk­sie­mid­de­le be­stee by land­bou­be­sig­he­de en ander ver­skaf­fers van pro­duk­sie­mid­de­le. Daar­voor moet boer­de­rye se­ku­ri­teit ver­skaf om hul pro­duk­sie­le­nings in stand te hou.

LAND BANK SE FI­NAN­SI­Ë­LE STA­TUS

Die Land Bank se to­ta­le ba­tes het op 31 Maart 2018 so­wat R49,4 mil­jard be­loop, waar­van voor­skot­te en le­nings R43,4 mil­jard be­loop het en eie ka­pi­taal en re­ser­wes so­wat R6 mil­jard. Dié sa­me­stel­ling word in GRAFIEK 2 ge­toon. Dit be­te­ken dat die Land Bank se eie ka­pi­taal so­wat 13,3% be­loop waar­teen sleg­te skul­de ver­re­ken kan word voor die Land Bank in­sol­vent is.

Dit kán ge­beur. ’n Aan­tal ja­re ge­le­de was die Land Bank in groot moei­lik­heid om­dat sy sleg­te skul­de sy ka­pi­taal uit­ge­wis het en die staat as al­leen­aan­deel­hou­er ’n ka­pi­taal­by­drae moes le­wer om die be­sig­heid weer sol­vent te kry.

Die Land Bank se bron van geld is die gel­den ka­pi­taal­mark. Dié geld word op grond van s­treng voor­waar­des be­kom, on­der meer die eks­pli­sie­te voor­waar­de dat as daar pro­ble­me met die se­ku­ri­teit van die le­nings is, moet die staat in­staan en die le­nings af­los. Dít is waar­teen die Land Bank die ANC ge­waar­sku het, want die se­ku­ri­teit sal nood­wen­dig ver­nie­tig word deur ’n be­leid wat die ei­en­doms­reg van land­bou­grond – en dus die se­ku­ri­teits­waar­de daar­van – aan­tas.

Die Land Bank het sy le­nings­boek sterk laat groei en markaandeel weg­ge­neem by ander fi­nan­siers ( GRAFIEK 3 ). In 2007 was die Land Bank se aan­deel van land­bou­skuld so­wat 11,3%, of­te­wel min­der as R5 mil­jard. Die le­nings­boek is re­de­lik ag­gres­sief uit­ge­bou, ver­al in die kom­mer­si­ë­le land­bou (om wins­te te le­wer so­dat le­nings met ’n ho­ër risiko aan die op­ko­men­de land­bou ge­gee kan word).

Die Land Bank het in die boek­jaar 2017’18 wins van R254 mil­joen ge­maak op ba­tes van R43 mil­jard, wat ’n lae ren­de­ment op ka­pi­taal is. Die di­lem­ma daar­mee is dat dit nie ’n be­son­de­re sterk ba­lans­staat is om sleg­te skul­de te ver­werk nie. Nog min­der is daar ruim­te as voor­sie­ning vir sleg­te skuld ver­hoog moet word.

Dan moet ’n mens ook ont­hou as die waar­de van grond, wat die eer­ste vorm van se­ku­ri­teit is vir ver­ban­de, met meer daal as eie ka­pi­taal en re­ser­wes wat 13% van ba­tes is, word die bank in­sol­vent. Aan­ge­sien grond as se­ku­ri­teit vir ver­ban­de dien, sal e­ni­ge be­leid wat die waar­de van grond laat daal, die Land Bank in­sol­vent maak. Vol­gens die Land Bank se fi­nan­sie­rings­mo­del en die wy­se waar­op hy geld in die geld- en ka­pi­taal­mark leen, sal al­le le­nings aan die bank da­de­lik op­ge­roep word en die staat sal daar­voor moet in­staan.

Dít is die fei­te wat die Land Bank met die be­kend­stel­ling van sy jaar­ver­slag op die ta­fel ge­plaas het. In die fi­nan­si­ë­le me­dia is wyd daar­oor be­rig.

In die laaste deel van Au­gus­tus was daar groot woe­lin­ge in die land­bou met on­der meer Land­bou­week­blad en A­gri SA se grondberaad en gesprekke met pres. Cy­ril Ramp­ho­sa en adj.pres. David Ma­bu­za. Dit het die dwaas­heid van so ’n be­leid be­klem­toon.

Dit het po­li­ti­ci ook laat be­sef dat daar ander op­los­sings vir grond­her­vor­ming is. Die oor­een­koms wat vyf or­ga­ni­sa­sies in die ge­or­ga­ni­seer­de land­bou ge­sluit het om saam te werk om op­los­sings bin­ne die raam­werk van be­sker­ming van ei­en­doms­reg te vind, het ook ’n groot rol ge­speel om die de­bat te be­ïn­vloed. Dit is dui­de­lik dat die ge­sprek en uit­spra­ke bin­ne twee we­ke van grond­ont­ei­e­ning na grond­her­vor­ming ge­swaai het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.