Só werk teel­be­leid van siek­te­vrye buf­fels

Die eer­tyd­se jag­ter en nou pas­sie­vol­le buf­fel- en bees­te­ler en bewaringsboer mnr. Lind­say Hunt sê Suid-A­fri­ka loop die ge­vaar om “rot­te met ho­rings” te teel met die oor­ma­ti­ge klem op se­lek­sie vir ho­ring­wyd­te by buf­fels.

Landbouweekblad - - Inhoud -

Sy le­wens­pad van vyf­tig jaar het mnr. Lind­say Hunt ge­neem van ’n ge­dug­te jag­ter wat oor­se­se tro­fee­jag­ters deur Sui­der-A­fri­ka ge­neem het, tot ’n pas­sie­vol­le buf­fel­te­ler en by­kans fa­na­tie­se bewaringsboer. Buf­fels, die die­re wat hy eens met be­re­ken­de pre­sies­heid ge­jag het, is van­dag sy lief­lings­die­re. Die so­wat 130 waar­mee hy teel, het elk­een ’n eie naam waar­op hul­le soos mak bees­te ge­roep word.

Op die prag­ti­ge plaas Zee­koe­gat, hoog in die Lan­ge­ber­ge na­by Hei­del­berg (Wes-Kaap), is dit met die eer­ste oog­op­slag dui­de­lik dat hier veel meer ge­beur as die blo­te teel van siek­te­vrye buf­fels. Bui­ten sy pas­sie vir buf­fels teel hy ook ’n “nu­we” dub­bel­doel­bees­ras en

her­win grond van ska­de­li­ke boer­de­ry­prak­ty­ke oor de­ka­des en laat dit te­rug­keer na die oor­spronk­li­ke vrug­ba­re, ryk, swart grond wat dit eens was.

Hunt sê buf­fel­pry­se het die af­ge­lo­pe paar jaar ge­daal. Die mark vir tro­fee­jag be­staan en groei wel, want om­dat daar so baie vir tro­fee­ho­rings ge­jag is die af­ge­lo­pe eeu en ’n half, raak die­re met werk­li­ke tro­fee­groot­te ho­rings – 45 duim of lan­ger – skaar­ser el­ders in A­fri­ka.

Daar­om wend meer oor­se­se tro­fee­jag­ters hul­le nou na Suid-A­fri­ka. Dit bring eg­ter ’n nu­we pro­bleem na vo­re, naam­lik me­de­din­ging tus­sen te­lers wat die prys af­dwing. “In 1997 is ’n goeie buf­fel­bul met tro­fee­ho­rings vir ge­mid­deld $6 800 hier ge­jag. Die nor­ma­le ver­loop be­hoort te wees dat die prys met 3% tot 4% per jaar styg. Dan moes ’n goeie tro­fee­buf­fel­bul van­dag so­wat $30 000 ge­kos het – die­self­de as wat in A­me­ri­ka vir die jag van ’n tro­fee­tak­bok (deer) be­taal word.

“Dit het bloot nie ge­beur nie. Suid-A­fri­kaan­se wild­boe­re is hul eie groot­ste vy­an­de. Dit ge­beur ge­reeld dat ‘goeie’ pry­se vir oor­se­se jag­ters be­ding word vir die be­trek­lik min tro­fee­bul­le wat be­skik­baar is. Dan sny hul­le me­kaar se ke­le as’t wa­re af en daal jag­pry­se tot on­re­a­lis­ties lae vlak­ke.

“Tans kan jy vir $10 000 ’n tro­fee­buf­fel­bul jag, en as jy goed be­ding, kan die prys tot

HEEL BO: Mnr. Lind­say Hunt se­lek­teer vir goeie groot­te en nie net bul­le met reu­se­ho­rings nie. Al­le na­tuur­li­ke buf­fel­ei­en­skap­pe word na­ge­streef.BO: Hunt het van ’n jag­ter ver­an­der na ’n buf­fel- en bees­te­ler, as­ook ’n pas­sie­vol­le bewaringsboer. Hier wys hy hoe gras te­rug­groei waar die veld die ge­leent­heid ge­gun is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.