Dié week in die land­bou

Landbouweekblad - - Inhoud -

DOODLOOP-RIVIER

Die Kra­keel­ri­vier in die Lang­kloof het ná slegs een dag weer by­na leeg­ge­loop ná wyd­ver­sprei­de re­ën ver­le­de na­week. Die rivier voed die Wa­boom­ri­vier, wat op sy beurt in die Kou­ga­ri­vier in­loop. Mnr. Ri­aan S­try­dom, ’n boer van die om­ge­wing wat dié foto’s ge­neem het, sê baie wa­ter gaan in die droë ri­vier­lo­pe ver­lo­re, en af­loop­wa­ter uit die ge­bied het nie die Kou­ga­dam ge­haal nie. Hy sê met op­volg­re­ën wat met druk­tyd voor­spel is, kan die wa­ter wel die dam haal. Die Lang­kloof is een van die hoof­pro­duk­sie­ge­bie­de van ap­pels en pe­re in Suid-A­fri­ka. Vol­gens Hort­gro is die naas­mees­te peer­bo­me en die vier­de mees­te ap­pel­bo­me in Suid-A­fri­ka in die oos­te van die Lang­kloof ge­leë. Lees meer op bl. 16.

LISTERIOSE KWYN

Die ge­no­teer­de kos­ver­wer­ker Ti­ger Brands sê voor­be­rei­dings om sy fa­brie­ke te her­o­pen ná die listeriose-uit­bre­king van die af­ge­lo­pe jaar, is “ver ge­vor­der”, be­rig Bu­si­ness Day. Dit volg ná dr. Aa­ron Mot­so­a­le­di, Mi­nis­ter van Ge­sond­heid, se aan­kon­di­ging ver­le­de week dat die uit­bre­king amp­te­lik ver­by is. Ti­ger Brands het vroe­ër van­jaar vier vleis­ver­wer­kings­aan­leg­te ge­sluit en land­wyd pro­duk­te ont­trek teen ’n kos­te van R365 mil­joen. Hy het ook R50 mil­joen per maand ver­loor weens die sta­king in pro­duk­sie. Die maat­skap­py sê hy het nou saam­ge-

werk met na­si­o­na­le en in­ter­na­si­o­na­le Lis­te­ria-ken­ners om in­sig te kry oor die Lis­te­ria-ge­val by sy Po­lo­kwa­ne-fa­briek, en het voor­stel­le vir ver­be­te­rings in wer­king ge­stel.

SOVEREIGN BEMAGTIG

Suid-A­fri­ka se der­de groot­ste hoen­der­pro­du­sent, Sovereign Foods, het ’n voor­keur­ver­skaf­fings­oor­een­koms met Cul­ti­ver In­ves­t­ments in Lim­po­po ge­sluit om dag­oud­kui­kens by dié on­der­ne­ming, wat in swart be­sit is, te koop. Die oor­een­koms sluit in dat Sovereign be­stuur­steun, die oor­drag van boer­de­ry­vaar­dig­he­de en kre­diet­ge­rie­we aan Cul­ti­ver sal bied. Die Re­ge­ring doen reeds ge­rui­me tyd ’n be­roep op die pluim­vee­be­dryf om te trans­for­meer. Die maat­skap­py sê in ’n ver­kla­ring Cul­ti­ver is ’n be­guns­tig­de van die Re­ge­ring se Plas-pro­gram vir die ver­kry­ging van grond, en Sovereign raam dat Cul­ti­ver oor die vol­gen­de tien jaar po­ten­si­eel ’n om­set van R659 mil­joen kan be­haal.

STA­KING BY OBP

So­wat 30% van die per­so­neel van On­der­ste­poort Bi­o­lo­gie­se Pro­duk­te (OBP) het van 31 Au­gus­tus tot 6 Sep­tem­ber ge­staak. Hul­le het ’n sa­la­ris­ver­ho­ging van 7,25% ge­vra teen­oor die 7% wat OBP aan­ge­bied het. Die wer­kers is le­de van die Na­si­o­na­le U­nie vir S­taats­diens- en Ge­al­li­eer­de Wer­kers (Nup­saw). Daar is kort voor druk­tyd oor­een­ge­kom op ’n ver­ho­ging van 7,25% vir werk­ne­mers wat ge­mid­deld pres­teer en 7,5% vir dié wat bo­ge­mid­deld pres­teer. Vol­gens dr. Bet­hu­el Nt­han­ge­ni, waar­ne­men­de hoof­be­stuur­der van OBP, het die maat­skap­py “stra­te­gie­se ge­beur­lik­heids­plan­ne” ge­had ra­ken­de die ont­wrig­ting van pro­duk­sie­ly­ne.

WOL GEDY

Die Ca­pe Wools Me­ri­no-aan­wy­ser het op die der­de vei­ling van die nu­we sei­soen met 6,6% (1 573 pun­te) ge­styg. Die prys het tot R253,82/kg (skoon­wol) ge­styg. Die Aus­tra­lie­se EMI het met 1,6% ge­styg. Die goeie re­sul­ta­te was hoof­saak­lik van­weë ’n ver­swak­ken­de rand, so­wel as die vol­ge­houe goeie vraag na lang en fyn Suid-A­fri­kaan­se Me­ri­no­wol. Pry­se het in al­le mi­kron­ka­te­go­rieë ge­styg, vol­gens Ca­pe Wools. Die rand was R15,51 teen­oor die A­me­ri­kaan­se dol­lar en R17,97 teen­oor die eu­ro. Die rand was 7,9% swak­ker teen die dol­lar en 7,9% la­er teen­oor die eu­ro ver­ge­le­ke met die vo­ri­ge vei­ling. Al­te­saam 99,1% van die 11 225 ba­le wat op die vei­ling aan­ge­bied is, is ver­koop. Die vol­gen­de vei­ling vind op 19 Sep­tem­ber plaas.

BOETIEKDRANKIE

Die Nuy-wyn­kel­der tus­sen Wor­ces­ter en Ro­bert­son het on­langs die jong­ste wyn­on­der­ne­ming ge­word wat boe­tiek­je­ne­wer by sy pro­duk­reeks voeg. Nuy se Mas­te­ry Craft Gin en Nuy Le­ga­cy Craft Gin is al­bei hand­ge­maak en sal in klein hoe­veel­he­de be­skik­baar wees. Met die be­kend­stel­ling was daar slegs 2 500 bot­tels Mas­te­ry en 1 000 bot­tels Le­ga­cy be­skik­baar. Die kel­der sê hy ge­bruik slegs vrugte en kruie om dié je­ne­wer te maak. Van­weë die na­tuur­li­ke plant­o­lies wat ty­dens dis­til­la­sie vry­ge­stel word, kry die dran­kie ’n blou skyn­sel so­dra daar wa­ter of to­ni­kum by­ge­voeg word. Die Mas­te­ry kos R375 per bot­tel, en die Le­ga­cy R425 per bot­tel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.